Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Maties Sport

Untitled design.jpg 

Maties Sport draai nie doekies om nie. Met 'n klem op hoëprestasiesport, wil dit:

  • 'n Dominante posisie in fokussportsoorte behaal;
  • Sportmans en -vroue van wêreldgehalte ontwikkel;
  • 'n Uitstekende ervaring van universiteitesport bied;
  • Deelname in sport vir ontspanningsdoeleindes bevorder;
  • Die persentasie sportsterre wat ook akademiese sukses behaal, verhoog.            

Maties Sport heg groot waarde aan die bydrae wat sport tot studente-sukses kan lewer.

Deelname aan sport leer studente selfdissipline en tydsbestuur en bied 'n belangrike uitlaatklep vir stres en spanning. Of jy nou aan sport op mededingende vlak deelneem of net vir ontspanning, bied dit aan jou die geleentheid om te sosialiseer, vriende te maak en 'n gesonde en gebalanseerde lewenstyl te handhaaf. Maties Sport aanvaar mede-verantwoordelikheid vir die optimale holistiese ontwikkeling van studente-atlete en die bemagtiging van hoëprestasie-atlete.

Maties Sport bied die volgende sportkodes: Rugby, hokkie, netbal, sokker, atletiek, swem, krieket, tennis, muurbal, pluimbal, gholf, gimnastiek, roei, kanovaart, seil, onderwatersport, waterpolo, branderry, basketbal, judo, kendo, taekwondo, fietsry, perdry, ultimate (Frisbee), skerm en skaak.

Die Maties Parasport-klub bied ook atletiek, swem, fietsry, rolstoelrugby en doelbal vir persone met gestremdhede.


Neem deel aan:22.Squash1.jpg

  • Varsity Cup-, Varsity Sport-, Intervarsity- en USSA-kompetisies;
  • Streek- en plaaslike ligas en kompetisies;
  • Koshuisligas en -kompetisies. 

Baat by:

  • Die Eenheid vir Hoëprestasiesportkodes is: Rugby, hokkie, netbal, sokker, atletiek, swem, krieket, fietsry en basketbal. Bystand fokus hoofsaaklik op drie kernareas: Sportmedisyne, prestasieverbetering en bemagtiging;
  • Die Eenheid vir Rekreasie en 'n Aktiewe Lewenstyl (RALU) bevorder die fisieke welwees van studente en personeel en skep 'n omgewing waar nie-konvensionele sport en aktiwiteite geniet en gespeel kan word;
  • Die Sentrum vir Menslike Prestasiewetenskappe;
  • Maties Gimnasium.

KONTAKINLIGTING:

Tel: 021 808 4642
E-pos: matiesport@sun.ac.za
Web: www.sun.ac.za/sport
Facebook: www.facebook.com/SUMatiesSport
Twitter: @MatiesSport​


Copy of DOWNLOADTHE MATIES APP TO STAY UPDATED WITH SPORT EVENTS.jpg