Choir
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Oor die Koor

Die Stellenbosse Universiteitskoor is die mees suksesvolle koor in Suid-Afrika wat kompetisiedeelname in die buiteland betref. Vandat André van der Merwe die koor afrig, het talle toekennings die koor se kant toe gekom. Die koor se onlangse prestasies by die Wêreldkoorspele is veral indrukwekkend.

​​

 


Die Stellenbosse Universiteitskoor is die oudste en mees gevierde universiteitskoor in Suid-Afrika. Dit Koor is in 1936 gestig met William Morris as dirigent.
Die Koor, 'n ensemble van sowat 80 – 100 stemme, het internasionale erkenning verwerf deur optredes, konserttoere en deelname aan feeste en kompetisies.

Die Koor bestaan uit studente uit verskillende akademiese velde en, in die algemeen, studeer slegs 'n paar lede musiek.

USK se fokus is nie in die besonder gerig op internasionale blootstelling nie, maar veral ook op gemeenskapsinteraksie in 'n plaaslike konteks. Binnelandse toere, soos wat onlangs na die Oos-K​aap onderneem is, is baie goed ontvang deur gehore. 'n Jaarlikse koorfees wat die universiteitskoor reël, word in samewerking met plaaslike skole aangebied om gemeenskapswye musiekbeoefening en -waardering te bevorder. Hierdie jaar het die koor 'n welsynsinsameling geloods; die items wat deur die jaar ingesamel is sal aan 'n aangewese welsynsorganisasie geskenk word.

Stellenbosch Universiteitskoor en die Wêreldkoorspele

'n Groot gedeelte van die Universiteitskoor se bestaan draai rondom sy deelname aan die World Choir Games (WCG). Interkultur, die organisasie wat WCG organiseer en bestuur, werk reeds vir 20 jaar met 'n gevestigde evaluasie sisteem wat deur Musica Mundi ontwerp is. Hierdie sisteem word wêreldwyd erken as die standaard waarvolgens kore binne 'n kompeterende konteks beoordeel en vergelyk word.

Die wêreldranglys, met USK as eerste in die wêreld, is terugwerkend tot 2000. Hierdie ranglys neem nie net 'n koor se deelname aan die Wêreldkoorspele in ag nie, maar enige van die sowat 150 feeste en kompetisies wat deur Interkultur gereël word. Die Universiteitskoor se prominente posisie op hierdie ranglys is indrukwekkend indien dit in hierdie lig gesien word.

Graz 2008

  • Aangewys as wêreldkampioen in die kategorie Musica Sacra.
  • Behaal tweede plek in die kategorie Gospel & Spiritual.
  • Word as die vierde beste koor ter wêreld aangewys deur Musica Mundi.

Shaoxing 2010

  • Bekroon as Choir of the World deurdat die koor die beste punte behaal van enige koor gedurende die kompetisie.
  • Aangewys as wêreldkampioen in die kategorieë Mixed Choirs en Musica Contemporanea.
  • Word as die tweede beste koor ter wêreld aangewys deur Musica Mundi.

Cincinnati 2012

  • Aangewys as wêreldkampioen in die kategorieë Mixed Choirs en Musica Sacra.
  • Behaal tweede plek in die kategorie Popular Choral Music.
  • Word as die beste koor ter wêreld aangewys deur Musica Mundi.​