Choir
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Die Dirigent

André van der Merwe is 'n dirigent en komponis van Durbanville, Kaapstad. Hy tree gereeld op as beoordelaar en gasdirigent plaaslik en internasionaal. Lande waarheen hy onlangs uitgenooi is, sluit in Engeland; Swede; Duitsland; Japan; China; Wallis; Oostenryk en Namibië.

​André het oorspronklik B.Mus (Uitvoerend) studeer aan die Universiteit van Kaapstad, maar na 'n handbesering het hy van kursus verander en behaal hy die graad B.Drama (Regie) aan die Universiteit van Stellenbosch. Gedurende 1990-1996 tree André op as regisseur van drama produksies vir die Grahamstadse Internasionale Kunstefees asook vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn. Hy ontvang nasionale toekennings en pryse as akteur en regisseur.

Tans is André die dirigent van drie kore:

  • Die Stellenberg Meisieskoor (vanaf 1999);
  • Die Stellenbosch Universiteitskoor (vanaf 2003), en;
  • Die Suid-Afrikaanse Jeugkoor (vanaf 2005). 
​Al drie hierdie kore het reeds verskeie nasionale en internasionale toekenings verower.