Welkom by​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​ die US Argief


Die Universiteit Stellenbosch Argief (US Argief) het in 1996 tot stand gekom weens die inisiatief van die voormalige Rektor, Prof. Andreas van Wyk.  Die enigste spasie wat toe gevind kon word om die Universiteit se administratiewe rekords te huisves en bewaar was in die stoorruimte onder die eerste vloer se lesingsaal van die R.W. Wilcocks-gebou.  Alhoewel hierdie nie die ideale plek was nie, het dit tog 'n goeie doel gedien. Na die brand van 10 Desember 2010 waarin groot dele van die R.W. Wilcocks-gebou verwoes is, het die Argief ook gebaat by die grootskaalse verbeteringe wat aan die gebou aangebring is.  Die Argief spog nou met nuwe navorsing- en leesruimtes asook 'n uitstalruimte. 


JanMaraisplein_1930.jpg 
AdminB-1956.jpg ​
Huishoudkunde_1959.jpg
​Jan Marais Plein, c.1930
​Administrasie-gebou, c.1956
​Ou Huishoudkunde-gebou, c.1959