Archives
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsing @ US Argief

Navorsers is welkom om die US Argief te besoek, maar dit is raadsaam om vooraf 'n afspraak te maak.  Neem asseblief ook van die volgende kennis voordat u die Argief besoek.

  • Reproduksie van argivale bronne is meestal moontlik, maar in sommige gevalle laat die formaat en toestand van die bronne dit ongelukkig nie toe nie
  • Besoekers is welkom om hul eie skootrekenaars en ander toestelle te bring vir die maak van aantekeninge, alhoewel die spasie naby netwerk- en kragpunte beperk is
  • Geen voedsel, drank, penne en merkpenne word in die navorsingsruimte toegelaat nie
Neem asseblief kennis van die Versamelings Oorsig vir inligting rakende die versamelings wat in die Argief beskikbaar is.

Genealogiese Navorsing

Die US Argief se bronne is nie van so aard dat volskaalse genealogiese navorsing hier gedoen kan word nie.  Basiese genealogiese inligting kan egter wel verkry word uit die volgende bronne:

  • Jaarboeke

  • Punteregisters van Victoria College

  • Klas- en akkomodasieregisters van die Hoër Jongenskool en Victoria College

  • Toelatingsregisters van Victoria College

  • Personeelregisters van die  Hoër Jongenskool , Victoria College en Stellenbosch Universiteit

  • Rekords van studenteverenigings en -klubs

 

Vir meer inligting raadpleeg asseblief ook die voorgestelde Genealogiese bronne.

wilcocks1.jpg

Die Wilcocks-gebou waar die Argief gehuisves word, is grootliks in Desember 2010 deur 'n brand verwoes.  Alhoewel die Argief minimum skade gelei het, het die Argief gebaat by die grootskaalse vernuwing wat die gebou ondergaan het.  Die Argief spog nou met nuwe navorsings-, uitstal- en kantoorruimtes.


 

​​


​​