Archives
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Skenkings en Donasies

​​

AJ2_0585.jpg

Die US Argief kan materiaal met moontlike argivale waarde, namens Universiteit Stellenbosch aanvaar, mits dit die bestaande versamelings aanvul.  Alle materiaal sal egter eers beoordeel en waardeer word ten opsigte van die waarde wat dit tot die huidige versamelings voeg, aangesien die Argief oor beperkte stoorspasie beskik.  Materiaal wat aan die Argief geskenk word, word die eiendom van die Argief, en kan nie op 'n later stadium aan die oorspronklike eienaar terugbesorg word nie. 


Items wat van tyd tot tyd tot die versamelings bygevoeg word, sluit in:

  • Universiteitsrekords wat van historiese en argivale belang is bv. notules, foto's en elektroniese rekords

  • Dokumente en rekords van departemente wat gesluit het

  • Geskenke en donasies van dokumente en foto's van alumni, lektore en ander individue wat oor jare heen noue bande met die Universiteit gehad het

  • Notules en dokumente van bv. die Studenteraad en BTK

  • Eenmalige en nuwe publikasies wat deur die Universiteit se administratiewe eenhede gepubliseer word







Kontak ons, indien u belangstel om materiaal aan die US Argief te skenk.