Archives
Welkom by Universiteit Stellenbosch

e-Bronne

Digitalisering is een van die beste maniere om argivale bronne terselfdertyd te preserveer en ook wyer toeganklik te maak.  Die US Argief het reeds onderstaande bronne gedigitaliseer

Matieland

Die staking van Die Stellenbosse Oudstudent, voorganger van Matieland, in 1947 het 'n leemte gelaat as wyse van kommunikiase tussen die Universiteit en sy Alumni.  Matieland het toe uiteindelik in 1957 sy buiging gemaak en hiermee daardie gaping gevul.  Matieland het talle veranderinge deur die jare ondergaan, en tog steeds 'n belangrike bron van inligting rakende die Universiteit gebly. Matieland kan nou vanaf sy eerste uitgawe aanlyn besigtig word.  Kliek hier om toegang te verkry.


Watson-Lockley-fotoversameling

Die Watson-Lockley-fotoversameling bestaan uit meer as 30 000 negatiewe wat 'n waardevolle beeld van Stellenbosch en die Universiteit skep vir die tydperk 1900 - 1960.  Kliek hier vir toegang tot hierdie versameling.


Edrich-fotoversameling

 

Die Edrich-fotoversameling, wat dateer van 1946 - 2000, bevat meer as 40 000 negatiewe wat 'n uitbeelding gee van alle fasette van die akademiese en sosiale lewe van die Universiteit van Stellenbosch.  Kliek hier om toegang tot hierdie versameling te kry.


 

VC-Council-1917.jpgRaad-1975.jpg1997_US_Raad.jpg
​Victora Kollege Raad, 1917Universiteit Stellenbosch Raad, 1975Universiteit Stellenbosch Raad, 1997

 


 

​​