Archives
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Watson-Lockley

Foto Studio Lockley is een van die oudste besighede in Stellenbosch, asook een van die eerste fotografiese studios in Suid-Afrika.  Die Studio is in 1900 deur Mnr. J.H. Watson in die Sempergebou, Pleinstraat, ge-open.  Sy dogter is later van tyd met Mnr. Colin Lockley, ‘n werknemer, getroud, en hy het uiteindelik die bestuur van die studio oorgeneem by sy skoonpa.  In die 1960’s is die besigheid deur Mnr. Cor Langenberg gekoop.  Tans, 2014, word die Studio deur sy seun, Mnr. Albert Langenberg, behartig.  Studio Lockley het deur die jare bekendheid verwerf vir die hoë kwaliteit foto's van die Stellenbosse gemeenskap asook van Universiteitsverwante geleenthede.  Hierdie versameling foto’s gee ‘n waardevolle visuele blik op Stellenbosch vir die tydperk c.1900 – 1960.  Hierdie versameling bevat onder andere fotos van:



​Victoria Kollege Studente en Personeel, c.1909
​Harmonie, c.1909
​Personeel van Universiteit Stellenbosch, c.1923
​Stellenbosch Poskantoor, c.1938

 

Hierdie versameling van meer as 30 000 negatiewe is gedigitalisser en kan by die US Argief besigtig word.