Archives
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Edrich

Edrich, een van die bekendste besighede op Stellenbosch tot en met sy sluiting in 2000, is in 1946 deur Mnr. Hennie Lubbe begin in sy ouers se agterplaas.  Die fotografiese studio is later van tyd, met die hulp van sy vennoot, Mnr. Eddie Swart, ontwikkel en uitgebrei sodat dit ook ‘n kunsgalery bevat het.  Met die afsterwe van Mnr. Swart in 1986 is die besigheid verkoop aan die Volschenks wat dit uiteindelik tot en met 2000 bedryf het.  Met die sluiting van die fotografiese afdeling het die Volschenks die negatiewe aan die Universiteits Argief geskenk.  Hierdie versameling negatiewe strek vanaf 1946 tot 2000 en verskaf ‘n visuele oorsig van die akademiese en sosiale fasette van die Universiteitslewe op Stellenbosch.  Foto’s van onder meer die volgende onderwerpe kan in hierdie versameling gevind word:

edrichwordle4.jpg


​Ou Opvoedkunde-gebou, ongedateerd
Lückhoff Hoërskool Personeel, 1973


Interieur van Carnegie Bibliotee, c.1968Ou Bedryfsielkunde-gebou, c.1966

Hierdie versameling van nagenoeg 40 000 negatiewe is gedigitaliseer en kan by die US Argief besigtig word.