Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​​​​​​​​Prof Sibusiso Moyo
Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies
Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies is een van ons kernfunksies, ondersteun drie strategiese prioriteite: om toegang tot die US te verbreed; om die momentum van uitnemendheid te behou; en om ons impak op die samelewing te bevorder. By die US streef ons nie net na uitnemendheid in navorsing nie, maar ook na sosiale relevansie in voortdurend veranderende kontekste.

Die Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies se onderskeie afdelings (Navorsingsontwikkeling, Biblioteek en Inligtingsdiens), plaas veral klem op die bevordering van navorsingsuitsette en innovasie aan die US om te verseker die instelling bou oor die langtermyn voort op sy voorloper-status. Verder word nuwe produkte en dienste ontwikkel wat ekonomiese en/of sosiale verbetering in die land teweegbring kan bring. Die US se kundigheidsbasis word verstewig deur die uitbou van bestaande en die skep van nuwe multidissiplinêre navorsingsentiteite, terwyl die vestiging van strategiese navorsingsvennootskappe help om die Universiteit finansieël meer volhoubaar te maak. `n Belangrike bydrae word ook gemaak tot die verwesenliking van die US se transformasie- en diversiteitsdoelwitte deur die ontwikkeling van 'n nuwe generasie akademici, die verhoging van die aantal nagraadse studente uit alle Suid-Afrikaanse rasgroepe en 'n toename in internasionale studente wat hier kom studeer. ​

US Navorsing en Innovasie

​​

Kontak:

Colette Knoetze
Persoonlike Assistent


​​

​​​​​​Prof Sibusiso Moyo_resized.jpg