Veranderingsbemagtiging vir Universiteit Stellenbosch-personeel


Welkom by die Veranderingsbemagtiging-webwerf vir personeel van die Universiteit Stellenbosch. Verandering is nie net onvermydelik nie, maar dis ook nodig. Sonder verandering is daar nie ruimte vir innovasie of vordering nie.

Die doel van hierdie webwerf is om bewustheid oor en die sigbaarheid van veranderingsbemagtiging by die Universiteit Stellenbosch te bewerkstellig en om personeel te bemagtig en toe te rus om ambassadeurs vir voordelige verandering te word.