change enablement.jpg

Strategiebeplanning en -bestuur

Strategiebeplanning en -bestuur behels die voorsiening van strategie-ontwikkelingsondersteuning aan die Universiteit se uitvoerende bestuur ten opsigte van die institusionele visie en strategie. Dit sluit tans die visuele uitrol van die visie en strategie op kampus in, asook die fasilitering van waardeswerkwinkels.

Ons is ook daarvoor verantwoordelik om die jaarlikse beplanningsprosesse vir die ontwikkeling van die institusionele plan met kollegas op alle vlakke regoor die Universiteit sentraal te koördineer, fasiliteer en bestuur. Dit behels onder meer die ontwikkeling van die raamwerk vir verantwoordelikheidsentrums en fakulteite se omgewingsplanne, die opneem van hierdie planne in 'n institusionele plan en die samestelling van die jaarlikse institusionele verslag vir die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.

Laastens is ons verantwoordelik vir die implementering van 'n raamwerk wat verseker dat die strategie met ander interne prosesse, soos jaarlikse omgewingsplanne, die begrotingsproses en hulpbronplanne, geïntegreer en belyn is.