Visie 2040
Visie
Die Universiteit Stellenbosch sal Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit wees wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder
Waardes
Ons waardes hou verband met die oortuigings en houdings wat ons gedrag rig (‘ons handelingsriglyne’). Die waardes is almal ewe belangrik, is onderling verbind, en dien as grondslag vir die US se etiekkode.
Missie
Die Universiteit Stellenbosch is ’n navorsingsintensiewe universiteit wat uitmuntende studente lok, talentvolle personeel aanstel en ’n wêreldklasomgewing bied; ’n plek wat met die wêreld verbind is en gemeenskappe plaaslik, op die vasteland en in die res van die wêreld verryk en transformeer.
Kenmerke
Ons kenmerke definieer die eienskappe en karaktertrekke van die Universiteit. Die volgende agt kenmerke vergestalt waarvoor ons staan:
Instaatstellers
Instaatstellers is die elemente wat alles moontlik maak. Dit beskryf die vermoëns, kragte en hulpbronne wat tot die US se sukses bydra. Die verwesenliking van ons visie en missie en die implementering van Strategiese Raamwerk 2019–2024 sal onmoontlik wees sonder die instaatstellers van:
- mense (personeel en studente);
- doel;
- tegnologie;
- infrastruktuur;
- gesonde finansies;
- goeie oorsigbestuur; en
- goeie kommunikasie.
Strategiese Raamwerk 2019–2024
Kern Strategiese Temas