Data Science and Computational Thinking
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

​ Universiteit Stellenbosch is gereed​ ​



​​Data veroorsaak tans 'n omwenteling in die wêreld – en die Universiteit Stellenbosch is gereed om Suid-Afrika se mededingendheid in die Vierde Industriële Revolusie te versterk.

Kunsmatige intelligensie, robotika, die Internet van Dinge, outonome voertuie, 3D-drukwerk, presisiegeneeskunde en kwantumberekeninge het die potensiaal om alle aspekte van die samelewing radikaal te verander. Sentraal tot hierdie vooruitgang is die snel on​twikkelende velde van datawetenskap en rekenaardenke. 

Die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke aan die Universiteit Stellenbosch se doelwit is om 'n wêreldgehalte-instelling vir datawetenskap en rekenaardenke in en vir Afrika te wees. Dit fasiliteer niekonvensionele, transfakulteit-benaderings tot onderrig en navorsing in datawetenskap en rekenaardenke by die Universiteit Stellenbosch op 'n interdissiplinêre wyse. Dit oorspan di​e hele akademiese spektrum, van voor- en nagraadse opleiding tot navorsing en spesialiskonsultasie. 

Die Skool verskaf nie net 'n platform vir samewerkende onderrig en navorsing nie, maar ook vir die ontwikkeling van kennis, idees, toepassings en produkte.​


​ ​
​ Huidige werkswinkels​ ​

Sluit aan by die African Data Science Academ​y​​ van 20 tot 24 Julie 2020 vir aanlyn werks-winkels: 'Introduction to Data Science' en 'Introduction to Statistics with R'.​



​ Skool bekendstelling ​


 

​​​ ​