XD²S: "Accelerator"-program in Data- en Besluitnemingswetenskap
HIERDIE GELEENTHEID IS UITGESTEL TOT VERDERE KENNISGEWING
Blue Label Telecoms, die Universiteit Stellenbosch en Business Finland sal van 20 Januarie tot 7 Februarie 2020 'n “Accelerator"-program vir Data- en Besluitnemingswetenskap aanbied.
Deelnemers sal hul konsepsionele begrip van en tegniese vaardighede in sagteware-ingenieurswese, masjienleer en netwerkontleding verbeter en stoei met belangrike etiese en beheeraspekte van datawetenskap. Hulle sal ook die geleentheid hê om in klein, dinamiese spanne aan gevallestudies te werk.
As jy 'n agtergrond in wiskunde, statistiek, rekenaarwetenskap of ander kwantitatiewe dissiplines het en nuuskierig is oor die moontlikheid om 'n loopbaan in “big data" en masjienleer te volg, moet jy dit nie misloop nie.
Waar? Wilcocks-gebou, Universiteit Stellenbosch
Koste? Gratis – sluit middagetes en koffie/tee in
HOE? Lesings verweef met praktiese oefeninge
WAT? Kortkursusse in twee strome (2 weke) gevolg deur 'n gevallestudie (1 week)
STROOM 1:
“Software Engineering for Applied Mathematical Sciences"
“Ethics and Governance of Data Science"
STROOM 2:
“Introduction to Machine Learning with Python"
“Social Network Analysis with R"
“Ethics and Governance of Data Science"
AANSOEKE OPEN BINNEKORT
Vir meer inligting, kontak prof. Wim Delva by delvaw@sun.ac.za