Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Statutêre Liggame

Kragtens die Statuut is daar 5 statutêre liggame: die Universiteitsraad; die Senaat; die Institusionele Forum (IF); die Studenteraad en die Konvokasie.

Die Raad het kragtens die Wet op Hoër Onderwys, die US se Statuut en enige ander toepaslike wetgewing   'n oorsig-verantwoordelikheid oor akademiese en bedryfsake, asook institusionele beleid en strategie. Die Raad beheer onder meer ook die bates van die Universiteit, bepaal die diensvoorwaardes van personeel en stel die top-bestuur aan, en bepaal die US se toelatingsbeleid en taalbeleid.

Die Senaat is verantwoordelik vir die US se akademiese programme, die verwerwing van kwalifikasies en akademiese personeel. Die tien fakulteitsrade, elkeen onder voorsitterskap van die dekaan, is komitees van die Senaat. Die Institusionele Forum (IF) is geskep om die Raad op versoek te adviseer. Beide die Senaat en die IF maak aanbevelings aan die Raad wat die besluitnemingsbevoegdheid het.

Die Konvokasie bestaan uit alle gegradueerdes (dus alumni van die US), alle akademiese personeel van die US en ook akademiese personeel wat tot en met hul aftrede in diens van die US was.

Die Studenteraad word jaarliks deur die studente vir 'n ampstydperk van 12 maande verkies wat van September tot Augustus the volgende jaar strek. Die Studenteraad is onderworpe aan die gesag van die Raad.

Die Senaat, IF, Studenteraad en die Konvokasie wys almal verteenwoordigers in die Universiteitsraad aan. Raadslede word ook genomineer om in die Senaat en Institusionele Forum te dien.