​​​​​​​​Wat is die SR?​

Die Studenteraad is die ​​hoogste verteenwoordigende liggaam vir studente aan die Universiteit van Stellenbosch (US) soos erken deur die US Statuut en reguleer deur die Studente Grondwet. Die SR voldoen aan haar verteenwoordigende en organisatoriese mandaat deur verskeie portefeuljes te allokeer aan 'n span van verkose SR-lede [15 met stemreg] en aangestelde bestuurders.​​​



Hoe verteenwoordig die SR jou?


Die strukturele samestelling van die SR fasiliteer die verteenwoordiging van alle studente. Met die Tygerberg SR Voorsitter en Militêre Akademie Studenteka​ptein wat as ex-officio SR-lede dien word studente van Tygerberg- en Saldanha kampus ook verteenwoordig  by die hoogste vlak van US bestuur. Daar is verder ook drie statutêre liggame (Akademiese Belangeraad, Primkomitee, en Verenigingsraad​) wat verseker dat belangrike strukture en belange ook verteenwoordig word by die SR. Hierdie drie liggame is weer op hul beurt saamgestel deur verteenwoordigers van alle fakulteite, huise (koshuise en Privaat Studente Organisasies) en verenigings.


Samestelling van die SR:

​9​1​2​1​​​1​1​1​2-10
​Verkose lede​Akademiese Belangeraad​Primkomitee (koshuise | PSO)​Verenigingsraad​Tygerberg (TSR)​Militêre Akademie (MASK)
​MAD2
*geen stemreg
​Bestuurders
*geen stemreg

Volgens die Studente Grondwet mag die SR tussen 2 en 10 bestuurders aanstel om administratiewe portefeuljes te bestuur. Die bestuurders word beskou as volle SR-lede sonder stemreg in SR veragderings (aangesien bestuurders aangestel word deur die SR en nie verkies is deur kampus nie).

In 2013 is bestuurders vir die volgende portefeuljes aangestel:

  • ​Gemeenskapsinteraksie
  • Kultuur
  • Sport
  • Volhoubaarheid​