Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Senaat

​Die senaat van 'n openbare inrigting vir hoër onderwys is verantwoordbaar teenoor die raad vir akademiese en navorsingswerksaamhede van die openbare inrigting vir hoër onderwys en verrig die ander werksaamhede wat die raad aan hom delegeer of toewys. Die volledige funksies van die Senaat word vervat in die Statuut van die Un​iversiteit van Stellenbosch .


Samestelling van die Senaat:

Die Rektor en Vise-kanselier

Die Rektor se Bestuurspan

Die Registrateur

Twee lede van die Raad 
(behalwe die lede van die rektor en vise-kanselier en die vise-rektore) wat deur die raad op die wyse en vir 'n termyn deur die statuut voorgekryf, verkies

Die professore van die universiteit

Vyf medeprofessore 
verkies deur die medeprofessore

Vier lede van die Studenteraad
drie lede van die Studenteraad en een lid van die Akademiese Belangeraad

Twee persone uit eie geledere verkies deur die akademiese personeel van die Universiteit
wat nie professore of mede-professore is nie

Twee persone uit eie geledere verkies deur die administratiewe personeel van die Universiteit

Twee persone uit eie geledere verkies deur die tegniese personeel van die Universiteit

Departementele voorsitters wat nie vol professore is nie

Die bykomende persone wat by besluit van die senaat, deur die raad goedgekeur, tot lede van die senaat verklaar word.