Operations and Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​Verantwoordelikheidsentrum van Bedryf en Finansies​​​

 

​Bedryfsuitnemendheid in alles wat ons ​​doen

Die verantwoordelikheidsentrum van Bedryf en Finansies ondersteun die Universiteit se Visie 2040 en strategiese raamwerk 2019-2024 wat die posisisionering van die US as Afrika se voorste navorsingsintensiewe Universiteit met 'n wêreldwye impak artikuleer.  Uit die aard van die VS se aktwiteite, is ons spesifieke fokus daarop om by te dra tot en die skep van 'n florerende Universiteit en bedryfsuitnemendheid in alles wat ons doen, na te streef. 

Bedryf en Finansies is 'n multidimensionele verantwoordelikheidsentrum waar die volgende professionele en administratiewe ondersteuningsdienste sinvol tot voordeel van die Universiteit saamgevoeg word:

  • finansiële beplanning en bestuur;
  • die uitbreiding en instandhouding van fisiese infrastruktuur (werk-, leer- en leefruimtes) en kampussekuriteitsdienste ;
  • die bestuur van die US se kommersiële dienste asook die kommersialisering van intellektuele eiendom;
  • die bevordering van entrepreneurskap onder studente en personeel;
  • die bestuur van informasietegnologie;
  • die bestuur van sport as strategiese bate van die universiteit en ontspanning as deel van ʼn gesonde leefwyse van personeel en studente;
  • die instandhouding en bestuur van die Universiteit se kampusmeesterplan, mobiliteitsplan (parkering, pendeldiens en toegangsbeheer), kampussekuriteit en 'n risiko-bestuurstelsel.

​​
Ontmoet die span​

​​

​Fasiliteitsbestuur

Facilities.png

Fasiliteitsbestuur se spanlede is van links na regs: Madeleine Malan (Direkteur: Besigheidsbestuur), Japie Engelbrecht (Direkteur: Projekontwikkeling), Viljoen van der Walt (Direkteur: Risikobestuur en Kampussekuriteit), Nicolette van den Eijkel (Hoofdirekeur: Fasiliteitsbestuur), Nadeem Gafieldien (Direkteur: Eiendomsdienste), Francois Swart (Direkteur: Ontwikkelingsbeplanning en Ontwerp) and Dan Prata (Direkteur: Fasiliteitsdienste).

 

Finansies​​

Finance.jpg

Finansies se bestuurspan is van links na regs: Caro Olivier (Adjunkdirekteur: Fondse en Batebestuur), Pieter Wever (Direkteur: Vervoerdienste), Werner Abrahams (Adjunkdirekteur: Studentefooie en Debiteure), Annemi Murray (Direkteur: Finansiële Beplanning en Begroting), Manie Lombard (Hoofdirekteur: Finansies), Brendon Gindlay-Whieldon (Finansiële Kontroleerder), Reinet Uys (Direkteur: Finansiële Dienste), Elizabeth de Beer (Adjunkdirekteur: Finansiële en Bestuurstelsels) en Riaan Basson (Direkteur: Aankope en Voorsieningsdienste). 

 

Innovus en SU​NCOM

Innovus.jpg

Innovus en SUNCOM, sittende van links is: Daniell Jacobs (PA & Finansië Administratiewe beampte), Colette Noble (Kantoor-skakeling), Monique van Aswegen (Sekretaresse van die Senior Direkteur: SUNCOM), Hein Swanepoel (Senior Direkteur: SUNCOM), Anita Nel (Hoofdirekteur: Innovasie en Besigheidsontwikkeling), Carol Kat (Hoof: Kopiereg en Kort Kursusse), Sandra February (Administratiewe bemapte: Kopiereg en Kort kursusse), Nolene Singh (Bestuurder: Tegnologie-oordrag) and Christi Wiechers (Senior Kommersiële Projekbestuurder). Agter staan van links: Doris Peters (Senior Administratiewe en Finansiële Intellektuele Eiendomsbeampte ), Joubert de Wet (Bestuurder: Tegnologie-oordrag), Gert le Roux (Aquaculture Kommersiële Bestuurder), Stefan du Toit (Innovase en Kommersiële Strategis), Luan Africa (Tegnologie-oordrag beampte), Lizane Fuzy (Kommersiële Projekbestuurder) en Camille de Villiers (Tegnologie-oordrag beampte).


Informasietegnologie

IT.jpg
 

Informasietegnologie (IT) se bestuurspan is van links:  Johann Kistner (Direkteur: Akademie IT), Zenobia Davidse (Direkteur: IT Algemene Ondersteuningsdienste), Attie Juyn (Senior Direkteur: IT) Joe Smit (Direkteur: IT Infrastruktuur). en Ralph Pina (Direkteur: IT Institusionele Sagtewareoplossings) Institutional Software Solutions).

 

Maties Sport​

Sport.jpg

Maties Sport se senior bestuurspan is van agter: Sean Surmon (Hoof: Hoë Prestasie), Gustav Venter (Hoof: Sentrum vir Sportleierskap), Andy de Bruin (Rekenmeester: Finansiële beplanning en Batebestuur), Jerry Laka 
(Direkteur: Ondersteuningsdienste) en Ilhaam Groenewald (Hoofdirekteur
​).