​US Visie en Strategie Proses: Algemene Vrae


1.  Wat behels strategiese beplanning?

Dit is 'n manier waarop die US sy kort- en langtermyndoelstellings op 'n gestruktureerde wyse defineer en dan 'n strategie bepaal om dit te bereik.

2.  Hoekom word die visie en strategie juis nou hersien?

Die US se bestaande strategiese dokument, die Institusionele Voorneme en Strategie, 20132018, loop ten einde in 2018. Dit is dus nodig om dit te hersien. En aangesien die visie en strategie so nou verbind is, word die visie terselfdertyd hersien.

3.  Wat is die verwagte eindresultaat?

'n Nuwe visie, Visie 2040, en 'n nuwe strategiese dokument, die US Strategiese Raamwerk 2019–2024.

4.  Waar kan ek meer inligting kry?

Sien die inligting verskaf by “Kontakinligting​".​