Research & Innovation
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

Navorsing, Innovasie & Nagraadse Studies 

As 'n goed gevestigde navorsings-intensiewe universiteit op die Afrika-kontinent, lewer die Universiteit Stellenbosch 'n beduidende bydrae tot die verbreding van die globale kennisbasis. Ons visie is om wêreldwyd erken te word as uitstekend, inklusief en innoverend, waar ons kennis in diens van die samelewing bevorder. Ons streef daarna om 'n globale impak te maak op gebiede van plaaslike relevansie deur ons navorsingsprestasies. 

Deur middel van konsekwente transformasie wil ons toegang tot ons Universiteit verbreed, ons uitnemendheid handhaaf en ons sosiale impak verhoog om by te dra tot 'n samelewing van sosiale geregtigheid en gelyke geleenthede. Navorsing is 'n transformerende aktiwiteit met die krag om die wêreld te verander. Die Universiteit Stellenbosch se akademici, nagraadse navorsingsgenote en nagraadse studente is baanbrekers wat deur hul toekomsgerigte en innoverende idees en werk, gesonde, sterk en volhoubare gemeenskappe bou.

In 2018 het die US sy Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019 – 2024 aangeneem. Dit gee die toon aan vir die institusionele visie en strategie teen 2040 en bevestig ons doelwit om Afrika se leidende navorsingsintensiewe universiteit te wees, globaal erken as uitnemend, inklusief en innoverend, waar ons kennis verbreed in diens van die samelewing.​​​​

navorsing vir impak.png


​​
​​
​​