Centre for Statistical Consultation​​​​​
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Geskiedenis

​​ 

Die Sentrum vir Statistiese Konsultasie (SSK) is geskep in sy huidige formaat in 2002 na aanleiding van 'n studie wat gedoen is rakende die behoefte na 'n statistiese konsultasiediens op kampus.  Die doel was om 'n sentrum te skep, toegewyd om te verseker dat resultate van statistiese analises akkuraat en aanvaarbaar is vir publikasie in geakkrediteerde joernale, asook om die deurvloei van nagraadse studente te bespoedig.

Daarom was die sentrum in sy huidige formaat gestig in 2002 deur Prof Daan Nel en Prof Martin Kidd.  Prof Daan Nel (voorheen professor aan die Vrystaat Universiteit vir meer as 20 jaar asook statistikus by Clover SA) was die eerste direkteur van die sentrum.  Prof Martin Kidd, voorheen van die Instituut vir Maritieme Tegnologie, was in 2002 aangestel as hoof statistikus, en daarna as direkteur in 2009.

Sedertdien het die SSK meer as 6000 studente en navorsers bygestaan binne die universiteit van Stellenbosch, asook vir studente van ander instansies en privaat maatskappye.​

​​​​