Centre for Statistical Consultation​​​​​
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor ons

Die Sentrum vir Statistiese Konsultasie (SSK) is 'n sentrum binne die universiteit wat geskep is met die spesifieke doel om studente en navorsers by te staan met alle statistiese aspekte van hul navorsing. Dit sluit in hulp met beplanning van eksperimente/projekte, statistiese analise van data, en bystand met interpretasies.  Alhoewel die diens gefokus is op nagraadse studente en navorsers van US, bied ons ook op 'n ad hoc basis hulp aan studente wat nie aan US verbonde is nie, asook vir maatskappye of ander instansies wat hulp in die verband nodig het.

Die SSK doen slegs statistiese konsultasie, en hou dus geen statistiese data soos ekonomiese aanwysers, of epidemiologiese data aan nie.

​​​