Centre for Statistical Consultation​​​​​
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fooie struktuur vir SU Studente/navorsers

​​​​​​​

Die konsultasiefooi vir studente en navorsers binne die universiteit is R380 per uur vir 2023. Hierdie fooi is betaalbaar dmv interne rekwisisie oorplasing.

Let op dat ons nie studente persoonlik faktureer nie.

Sommige fakulteite maak 'n "dekaansfonds" beskikbaar wat die koste vir studente en jong navorsers (wat nie toegang tot eie navorsingsfondse het nie) dek.  Dus is die diens vir studente binne hierdie fakulteite gratis.  Die fakulteite wat fondse beskikbaar stel, is die volgende​:

  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Opvoedkunde​


Vir ander fakulteite​, moet befondsing beskikbaar gemaak word deur dept/navorsingsfondse. Vra jou studieleier of dept voorsitter in die verband.