safety
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​banner.jpg

​Kampusveiligheid

​​​​​​​​​Kampussekuriteit is ʼn diensafdeling wat alle studente, personeel en besoekers bystaan ten einde ʼn veilige omgewing vir die universiteitsgemeenskap te skep. Sekuriteitsbeamptes patrolleer die universiteitsgronde en is opgelei om die veiligheid van die universiteitsgemeenskap te verseker en in noodgevalle te help.

Studente en personeel word aangeraai om voorsorgmaatreëls rakende veiligheid te tref deur die volgende wenke te volg:

  • Moet nooit alleen loop nie, veral nie saans nie. 
  • Maak planne om in groepe te loop, gebruik die pendeldiens of vra dat ​sekuriteit jou vergesel.
  • Hou jou selfoon en waardevolle artikels buite sig van ander mense.
  • Dra te alle tye ’n fluitjie en pepersproei om aandag te trek, indien nodig.
  • Kies die veiligste roete, al is dit nie die kortste een nie.
  • Vermy afgeleë gebiede, veral as jy vroeg in die oggend of laatmiddag oefen.
  • Wees bewus van jou omgewing, want misdadigers hou daarvan om iemand te teiken wat nie bewus van sy/haar onmiddellike omgewing is nie.
  • Bly op ’n veilige afstand as ’n motoris jou vir aanwysings vra.
  • As jy vermoed dat iemand jou volg, verander van rigting.
  • Wees ’n omgee-Matie: vergesel ’n vriend.
  • Eiendom op ’n motorsitplek is aanloklik vir ’n dief. Sluit dit toe in die kattebak.

Saamstapdiens

As jy ná donker (20:00 – 05:00) op die kampus tussen geboue of van ʼn gebou na jou motor moet stap, sal ’n sekuriteitsbeampte jou vergesel. 
  • Skakel 021 808 2333 of alternatiewelik 021 808 4202.
  • Jy kan ook die sekuriteitskantoor by 082 808 2333 WhatsApp, maar ongelukkig is stemoproepe na hierdie nommer nie moontlik nie.

Veiligste roetes

Kies die veiligste roete, al is dit nie die kortste een nie. Victoriastraat en Bosmanstraat behoort die kern van jou roete wees.​

Kampuspendeldiens 

'n Kampuspendeldiens is op die sentrale kampus beskikbaar. Hierdie diens fokus op die volgende behoeftes:​

  • Vervoer tussen die algemene parkeerareas op die rand van kampus en die kampuskern gedurende die dag.
  • Vervoer tussen die langtermynparkeerarea en sentrale punte by die koshuise op vasgestelde tye gedurende die dag en nag.
  • Vervoer vir en na diensafdelings en departemente op die rand van die kampus (bv. Voedselwetenskap en Welgevallen) na en van die kampuskern.​
  • Vervoer tussen kampusse (die interkampuspendeldiens)
  • Vervoer van kongresgangers na en vanaf die algemene parkeerareas op die rand van kampus.

Kliek HIE​R vir die die skedule​.

Laai die kampus veiligheidsgids HIER af.

*Meld klagtes ten opsigte van Kampussekuriteit aan fmhelpdesk@sun.ac.za. 


 

 ​​​NOODNOMMERS

Stellenbosch-kampus
24-uur noodnommer:
​​021 808 2333

​Whatsapp:
082 808 2333

Navrae / aanmelding / versoek vir saamstapdiens:​​
021 808 4666

Tygerberg-kampus
24-uur noodnommer​​​:
021 938 95​07​​