Geestesgesondheidsdag: Ons moet adolessente se geestelike welstand prioritiseer
US-navorsers skitter by L’Oréal-UNESCO Women in Science-toekennings
MIV-studiedeelnemers skitter by VIGS 2024-konferensie
Kaalvoet loop goed vir ons voete – Prof Ranel Venter
Projek bring lig en glimlagte na die Sentraal-Karoo
Die FGGW Beurs- en Leningsfonds (FGGW Fonds) dien as 'n bron van noodleniging vir studente wat die risiko loop om van verdere studies uitgesluit te word weens hulle onvermoë om hul skuld te vereffen.
As deel van die herdenking van ons fakulteit se 60ste bestaansjaar vanjaar, bevorder ons spesifiek die kultuur van gee en deel wat reeds op ons kampus bestaan en waarvoor Tygermaties welbekend is.
Ondersteun asseblief ons studente in nood en skenk aan ons fonds.
Lees meer ›
Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bied vanjaar die 60ste Akademiese Jaardag aan op Donderdag 11 Augustus 2016. Dit beloof om 'n stimulerende program te wees en sal dien as toonvenster vir die nuutste navorsing deur studente en navorsers van die Tygerberg-kampus.
Ons nooi u hartlik uit om nog 'n besondere geleentheid op die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se jaarprogram by te woon. Lees meer ›
Ons fakulteit streef daarna om 'n verwelkomende omgewing te wees waar almal ten alle tye met respek en waardigheid behandel word.
Met hierdie doel voor oë het ons 'n paar individue gekies om as Gelykheidskampioene (GKs) te dien. Die rol van hierdie GKs is om te help om 'veilige ruimtes' op kampus te skep waar studente en personeel kan praat oor hulle kwellings, en hul ervarings van onregverdige of onbillike behandeling, hetsy werklik of so beleef.
Die FGGW Ithemba-beursfonds gee kritiese finansiële ondersteuning aan studente wat nie befondsing van die US, staat- en / of privaatstrukture ontvang of voor kwalifiseer nie.
Die Fakulteit bevorder deurlopend die kultuur van gee en deel wat reeds op ons kampus bestaan en waarvoor Tygermaties welbekend is.
Ons Fakulteit se 2017 jaarlikse publikasie is aanlyn beskikbaar.