Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​​​​Prof Hester Klopper
Viserektor:​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Strategie, Globale en Korporatiewe Sake

Die doel van die portefeulje Strategie, Globale en Korporatiewe Sake (SGKS) is om die Universiteit Stellenbosch (US) strategies te posisioneer om te floreer as ’n moderne, navorsingsgedrewe universiteit wat toekomsfiks en internasionaal mededingend is en as ’n toonaangewende sentrum vir kennis en onderrig in Afrika dien.

Deur die omgewingsplanne van al die fakulteite, departemente, sentrums en steunafdelings deur die hele US te belyn, hou SGKS​ die aandag gefokus op die Universiteit se missie om die voorste navorsingsintensiewe universiteit o​p die Afrikavasteland te wees met impak op gemeenskappe wêreldwyd. 

Strategie

In die lig van die tallose uitdagings waarvoor die US as ’n voorste instansie in hoëronderwys in Suid-Afrika en op die vasteland te staan kom, is dit noodsaaklik dat die instelling sy toekomspad op grond van ’n duidelike strategie bepaal. Sodoende kan die Universiteit sy belangrike bydrae tot menslikehulpbronontwikkeling in Afrika handhaaf en sorg dat hy sistemies volhoubaar bly te midde van die immer groeiende en veranderende kennisekonomie – ’n ekonomie wat berus op tegnologiese vernuwing, digitalisering en ’n vermenging en samevoeging van dissiplines, wat op sy beurt beïnvloed hoe nuwe kennis geskep, oorgedra en toegepas word.

Internasionalisering

Internasionalisering en globalisering is aktuele gesprekspunte in die internasionale onderwysarena. Namate die hoër onderwys toenemend internasionaliseer, word samewerking oor lands- en institusionele grense heen al hoe belangriker om instellings se kernbedrywighede – leer en onderrig, navorsing en innovasie, en sosiale impak – te ondersteun.

Daarom is internasionalisering ’n belangrike prioriteit in die toegespitste strewe om die US se profiel en reputasie wêreldwyd te versterk. Internasionalisering is ook die kern waarom die instelling se inisiatiewe en programme draai vir die uitbou van navorsingsvermoë. Daardeur wil die US die groot uitdagings van ons tyd die hoof bied en op alle vlakke tot graduandi se vaardighede bydra om hulle aanstelbaarheid en mededingendheid in die internasionale mark te verbeter.

Die S&I-portefeulje bestaan uit vier afdelings, elk met sy eie onderafdelings: Inligtingsoorsigbestuur, Universiteit Stellenbosch Internasionaal, Strategiese Inisiatiewe, en Korporatiewe Kommunikasie.

 

information-governance.png  

Inligtingsoorsigbestuur (IOB)

IOB ondersteun die ontwikkeling van institusionele strategie en beleid. Deur uitgebreide dataontleding, toegespitste bedryfsintelligensie en innoverende wetenskaplike modellering ondersteun die sentrums van IOB strategiese besluitneming deur scenariobeplanning en vooruitskattings in verband met kernaspekte van die instelling se sistemiese volhoubaarheid in die strewe om sy visie te realiseer.


information-governance.png  

Universiteit Stellenbosch Internasionaal (SUI)

SUI ondersteun die instelling se internasionaliseringsbedrywighede in die res van Afrika en oorsee. Die klem val veral op die skep en versterking van bilaterale en multilaterale vennootskappe en samewerkingsnetwerke ter ondersteuning van die US se verbintenis tot Afrika en die ontwikkeling van akademieskap met ’n wêreldwye impak.


information-governance.png  

Strategiese Inisiatiewe

Strategiese Inisiatiewe gee uitvoering aan die Universiteit se strategiese doelwitte op kort, medium- en lang termyn deur die ontwikkeling, implementering en monitering van spesifieke programme en projekte.​


information-governance.png  

Korporatiewe Kommunikasie en die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies

Korporatiewe Kommunikasie en die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies ondersteun die Universiteit as ’n waardevolle strategiese vennoot deur die US-handelsmerk gunstig te posisioneer, geïntegreerde kommunikasieprosesse en -programme te voorsien, en digitale kommunikasieplatforms optimaal te benut om die verwesenliking van die instelling se visie te fasiliteer en te bespoedig.

 

​​Kontak

Hazel Alexander
Persoonlike Assistent





Prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake​​, staan aan die stuur van hierdie portefeulje.


Verwante Skakels