 | Bestuur van die US Strategiese Fonds |
|
Die US Strategiese Fonds fokus op inisiatiewe wat direk belyn is met die
visie, missie en kern strategiese temas van die Universiteit, soos vervat in
Visie 2040 en die Strategiese Raamwerk 2019–2024. Die toekenning van fondse geskied ten opsigte van die ses kern strategiese temas van die Universiteit en die gepaardgaande institusionele doelwitte.
Beide die Strategiese Fonds se sekretariaat en prosesbestuurder is in die Afdeling vir Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika gesetel. Sodoende neem die afdeling verantwoordelikheid vir die bestuur, administrasie en voorsiening van ondersteuning aan belanghebbendes en aansoekers van die Fonds en ondersteun die Universiteit se bestuur in die belyning van strategiese befondsing met die Universiteit se strategiese doelwitte. |
2025-geleentheid
Let asseblief daarop dat 2025 se datums later beskikbaar gestel sal word. Ignoreer dus asseblief die datums in die Universiteitsalmanak vir 2025.
Om ’n aansoek in te dien, volg asseblief die stappe hieronder:
| Aksies (Aansoeker)
| Relevante dokumentasie | Indieningsdatum
|
1.
| Bestudeer
die Strategiese Fonds-regulasie om u te vergewis van die kriteria vir die kategorie waarin u wil aansoek doen.
| Strategiese Fondsregulasie
| |
2.
| Laai
die templaat vir die betrokke kategorie af (Word-formaat) en voltooi dit.
| Kategorie
C.1.1-templaat
| |
Administratiewe stappe (Strategiese
Fondskantoor, graderingspaneel en Strategiese Fondskomitee)
| Aksie
| Tydlyn
|
1.
| Die
graderingspaneel evalueer die aansoeke
| Sal bevestig word.
|
2.
| Die
Strategiese Fondskomitee vergader en besluit watter aansoeke
word goedgekeur | Sal bevestig word.
|
3.
| Die
Strategiese Fondskantoor lig elke aansoeker in i.v.m. die uitslag van hul
aansoek | Sal bevestig word.
|
Kontakpersoon: Mnr Martin de Abreu
Bestuur van die US Strategiese Fonds