Review of SU Vision and Strategy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kode 2040


Die Universiteit Stellenbosch (US) se Kode 2040 is in 2022 opgestel en verteenwoordig die gekombineerde insette van personeel en studente. Die doel van die kode is om as meganisme te dien om organisatoriese integriteit en etiese kultuur by die US te rig en te bestuur, en om etiese gedrag in die uitvoering van die US se handelinge met sy belanghebbendes te bevorder en te handhaaf. Klik hier om die volledige Kode 2040-dokument te besigtig.

Ons verbintenis


Ter ondersteuning van die beginsels wat in Kode 2040 uiteengesit is, verbind die Universiteit Stellenbosch hom om te alle tye tot etiese gedrag, in die besonder uitnemendheid in ons werk, respek en deernis in ons interaksie met ander, en verantwoordbaarheid vir ons optrede. Ons verbintenis word hieronder uiteengesit.

Code 2040 Pledge v3.png

Om die kode in aksie "oor te sit", het ons personeel en studente gevra vir voorbeelde van aksies wat hulle met die drie komponente in die verbintenis sou assosieer. Ons het hulle insigte en terugvoer tematies gestruktureer, met die linkerkantse kolom wat personeel se terugvoer aandui en die regterkantse kolom wat studente se terugvoer aandui. Klik op die komponente hieronder om toegang tot dié aksies te kry: