Ons is tans besig met die ontwikkeling van 'n raamwerk vir veranderingsbemagtiging en veranderingsbestuur vir die Universiteit wat op projekte van verskillende groottes van toepassing sal wees.
 | Die raamwerk vir
veranderingsbemagtiging sal fokus op die
bemagtiging van mense om verandering en die impak daarvan
te bestuur.
|
 | Die raamwerk vir
veranderingsbestuur sal fokus op die
bestuur van die veranderingsproses vir 'n bepaalde situasie of projek. |
Daarbenewens beplan die Afdeling Strategiese Inisiatiewe die daarstelling van 'n institusionele belangegroep gefokus op verandering wat ons in staat sal stel om prosesse en strukture vir verandering regoor die instelling te optimaliseer.