Review of SU Vision and Strategy
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ons verbind ons om verantwoordbaar te wees vir die uitvoering en gevolge van al ons handelinge
SLEUTELTEMAS: PERSONEELSLEUTELTEMAS: STUDENTE

Integriteit en etiese gedrag

  • Verseker billike en konsekwente gedrag, bestuur verhoudinge met integriteit, streef die belange van die akademiese omgewing na.
  • Voldoen aan etiese navorsingspraktyke, gee deur navorsing terug aan die publiek, wees vriendelik en nederig.

Akademiese integriteit en verantwoordelikheid

  • Pas integriteit en eerlikheid toe met betrekking tot akademiese verantwoordelikheid en opdragte.
  • Tree eties in akademiese omgewings op.

Kommunikeer en luister

  • Kommunikeer duidelik en met respek, verwoord prosesse, verskaf alternatiewe kontakpersone en gee tydige terugvoer.
  • Kommunikeer redes vir besluite, skakel openlik met lynbestuurders oor prestasieareas.
  • Wees bereid om na kritiek te luister, en bestuur verhoudings met integriteit.

Deursigtigheid en kommunikasie in besluitneming

  • Verseker dat daar deursigtigheid en eerlikheid in besluitnemingsprosesse is.
  • Verskaf konteks en duidelikheid oor waarom besluite geneem is, insluitend deursigtigheid in dissiplinêre optrede en die gevolge daarvan.
  • Verstaan 'n situasie voordat jy oorhaastige gevolgtrekkings maak, en gee gereeld terugvoering oor besluite wat geneem is.

Verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid

  • Skep 'n kultuur van verantwoordbaarheid, wees eerlik die gevolge, voorsien duidelike werkvereistes en beleide.
  • Hou mekaar verantwoordbaar, vermy skinderpraatjies, ondersteun personeel in hul persoonlike groei.
  • Wees betroubaar – veral wanneer daar van die huis af gewerk word, met verstandige besteding van institusionele geld deur na maksimum opbrengs te mik.

Neem verantwoordelikheid vir optrede en gevolge

  • Wees verantwoordbaar – dis uiters noodsaaklik om byvoorbeeld die gevolge van swak gedrag te aanvaar en foute te erken, en verantwoordelikheid te aanvaar en aktief aan oplossings te werk.
  • Maak klaar wat jy begin het, en kom beloftes na.

Spanwerk en ondersteuning

  • Sorg dat nuwe personeellede voldoende aan boord is en toegang tot tersaaklike inligting het.
  • Wees gewillig om te leer, lei bestuurders op oor hoe om lae personeelmoraal te hanteer, en raak betrokke by MH-welstandpraktyke.
  • Help diegene wat foute gemaak het, ondersteun minderheidsgroepe en personeel wat onder druk is.
  • Betrek alle personeel by die opstel van riglyne vir alledaagse werkverrigting en bied vryheid van keuse.

Behandel diskriminasie en ongerymdhede

  • Neem verantwoordelikheid vir optrede, skenk aandag aan foute en streef na positiewe verandering.
  • Prioritiseer die behoefte om gesindhede te verander en integreer Visie 2040 en Kode 2040 by die Universiteit se kultuur.
  • Vestig onafhanklike liggame om die werk van bestuur en leiers op kampus te hersien.

Diversiteit en insluiting

  • Kom op teen diskriminasie en behandel onaanvaarbare gedrag.
  • Neem verantwoordelikheid vir transformasie en herstel – koppel gevolge aan werklike uitkomste op hierdie gebiede.

Gemeenskapsbetrokkenheid en -skakeling

  • Prioritiseer gemeenskapsbetrokkenheid en skakeling met voorheen benadeelde gemeenskappe – betrek studente om hierdie gemeenskappe te help.
  • Kontekstualiseer gebouname en -geskiedenis.
  • Veranker die visie en kode van die Universiteit in die institusionele kultuur, veral met betrekking tot gemeenskapsbetrokkenheid en ondersteuning aan voorheen benadeelde gemeenskappe.

Leierskap en voorbeeldstelling

  • Mik na konsekwente besluitneming en erken beperkings, neem deel aan prestasiemetings en verskaf eerlike terugvoer.
  • Lei deur 'n voorbeeld te stel en tree eties op, wees kreatief en toekomsgerig.
  • Stel 'n voorbeeld, toon bereidwilligheid en skenk aandag aan die fyner besonderhede.

Proaktiewe en oplettende leierskap

  • Verseker proaktiewe leierskap op verskeie gebiede, veral ten opsigte van transformerende beleide en die evaluering van die uitwerking van beleide oor alkohol op vroulike studente se veiligheid, en luister aktief na opbouende kritiek.
  • Bly toekomsgerig, dink globaal en tree plaaslik op; erken en beloon positiewe gedrag.
  • Bied afrigting in leierskap aan senior bestuur, middelbestuur en dosente.

Prestasie en produktiwiteit

  • Verbeter lesings en praktiese lesse op grond van studente se resensies en bly responsief op terugvoer.
  • Voltooi assesserings regverdig en stiptelik, woon vergaderings by, en lewer dienste volgens bedryfsplanne.
  • Volg op met mense en kom vasgestelde spertye na.

Handhawing van netheid, en respek vir eiendom van die Universiteit

  • Openbaar respek vir jouself, en vir die Universiteit se eiendom en wette; ruim op voor jy 'n plek verlaat.
  • Hou laboratoriumtoerusting in stand en handhaaf netheid.

Beleide en prosesse

  • Luister na kritiek en volg dissiplinêre prosesse, kom die Universiteit se beleide na – vereenvoudig en reguleer dit.
  • Skep duidelike strukture vir verslagdoening in alle eenhede van die Universiteit, en neem 'n ferm standpunt oor sekere gedrag in.
  • Stel duidelike reëls en riglyne, grond besluite op feite, vra om hulp wanneer daar onsekerheid is.

Verbetering van dissiplinêre prosesse en verantwoordbaarheid

  • Verbeter dissiplinêre prosesse en kry 'n beter begrip van situasies voordat dissiplinêre besluite geneem word.
  • Sluit Kode 2040 by die Dissiplinêre Kode in.
  • Wees verantwoordbaar – dis uiters noodsaaklik om byvoorbeeld die gevolge van swak gedrag te aanvaar en foute te erken, en verantwoordelikheid te aanvaar en aktief aan oplossings te werk.

Leer en groei

  • Versoek die terugvoering van belanghebbendes, lynbestuurders en eweknieë om werkprestasie te verbeter.
  • Maak seker dat nuutaangestelde personeellede voldoende aan boord is en toegang tot tersaaklike inligting het.
  • Wees responsief, aanvaar verskonings, doen wat reg is, groei as persoon en lewer werk van hoë gehalte.
  • Stel duidelike reëls en riglyne, grond besluite op feite, vra om hulp wanneer daar onsekerheid is.

Die verskaffing van betroubare inligting en konteks

  • Sorg dat kommunikasielyne duidelik is en gee konteks aan studente wanneer besluite geneem word wat hulle raak.
  • Skep 'n platform waar klagtes oor universiteitsprosedures ingedien kan word, verskaf betroubare inligting, verseker akademiese verantwoordelikheid en integriteit, en bly oorspronklik.

Billikheid en gelykheid

  • Pas billikheid en konsekwentheid toe, verbeter reaksietye en sorg dat kritieke aangeleenthede behoorlik gedokumenteer word.
  • Verstaan en gee gehoor aan kliënte se behoeftes, neem 'n kliëntgesentreerde houding aan, en hanteer klagtes regverdig.
  • Kom op teen diskriminasie en behandel onaanvaarbare gedrag.

Gelykheid en billikheid vir alle belanghebbendes

  • Verseker billike en gelyke gevolge vir alle individue, ongeag status, ouderdom, geslag, ras of vlak van opvoeding.
  • Verseker deursigtigheid, eerlikheid en verantwoordbaarheid in besluitnemingsprosesse, asook gelyke behandeling en gevolge vir almal.