Review of SU Vision and Strategy
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ons verbind ons om ons belanghebbendes altyd billik en met respek en deernis te behandel
SLEUTELTEMAS: PERSONEELSLEUTELTEMAS: STUDENTE

Billikheid en anti-diskriminasie

  • Betoon respek teenoor alle belanghebbendes, ongeag hul posisie of titel.
  • Skep by die Universiteit 'n omgewing wat respekvol, inklusief en professioneel is, en waar alle belanghebbendes met billikheid en respek behandel word.

Respek en niediskriminasie

  • Bemagtig minderbevoorregte studente en behandel alle studente gelyk, ongeag ras, godsdiens, geslag of gender.
  • Verstaan en waardeer verskillende kulture, respekteer ander se ruimtes en besittings, en toon dankbaarheid.
  • Verstaan wat respek vir ander beteken en moenie jou oortuigings op ander afdwing nie.

Voorspraak en ondersteuning

  • Sorg dat mense billik behandel word en dat korrupte leiers wat mag misbruik, verwyder word.
  • Skep 'n positiewe, ondersteunende omgewing wat waarde heg aan diversiteit en wat die holistiese ontwikkeling van studente en welstand van personeel bevorder.
  • Belê tyd in studente se holistiese ontwikkeling en bly gevoelig vir hul behoeftes.
  • Verseker dat navorsingsleiers ondersteuning aan kandidate bied en op die behoeftes van NSFAS-begunstigdes reageer.

Mentors wat luister

  • Bied mentorskap en moedig kritiese denke en oop debatte aan.
  • Luister na mekaar se besorgdhede en menings, selfs al is daar meningsverskil.
  • Bevorder vryheid van spraak en beklemtoon hoe belangrik dit is dat individue hul menings op 'n gepaste wyse kan uitdruk sonder om verstoot te word.

Professionalisme

  • Lewer 'n uitstekende diens aan alle belanghebbendes, binne en buite die Universiteit, en prioritiseer vinniger dienslewering, veral in fasiliteitsbestuur.
  • Handhaaf professionalisme in interaksies, werk saam en help mekaar, beklemtoon kollegas se prestasies.

Professionalisme en objektiwiteit

  • Tree professioneel en objektief op; luister na mekaar se besorgdhede en menings.
  • Bly ontvanklik vir verskillende standpunte en vermy geslagsvooroordeel.

Begrip en deernis

  • Beklemtoon die belangrikheid van deernis, empatie, vriendelikheid en geduld tydens interaksies met ander.
  • Skep 'n omgewing waar individue gemaklik voel om gedagtes en idees te deel, en waar ons na ander luister sonder om onmiddellik te reageer of hul besorgdhede te verontagsaam.
  • Voorsien 'n veilige ruimte waar studente en personeel hul probleme kan deel en hulp soek, wanneer nodig.

Kliëntediens en vriendelikheid

  • Betoon vriendelikheid, empatie en deernis, en behandel mense met respek en waardigheid.
  • Groet, glimlag en gee erkenning aan ander, en sien om na die behoeftes van diegene wat deur jou optrede geraak word.
  • Moedig vriendelikheid onder administratiewe en biblioteekpersoneel aan, en sorg dat daar tydig op kliënte se navrae gereageer word.

Billike salarisse

  • Betaal voldoende salarisse en bied ontwikkelingsgerigte geleenthede vir groei aan.

Kampusfasiliteite en -netheid

  • Verseker dat daar geen drinkery of rook in verbode areas plaasvind nie en dat afval behoorlik mee weggedoen word.
  • Voorsien geslagsneutrale badkamers en rolstoeltoeganklikheid regoor die kampus.
  • Bevorder voorligting en bewusmaking van dosente en ondersteuningspersoneel ten opsigte van gestremdhede, soos braille en gebaretaal.

Oop kommunikasie

  • Bevorder deursigtigheid en etiese gedrag, insluitend duidelike en tydige kommunikasie, om leuens en onbeleefdheid te vermy, en om op te tree wanneer diskriminasie aangemeld word.
  • Moedig oop gesprekke en bemiddeling aan wanneer waardes en kulture met mekaar bots.
  • Wees aktief betrokke by gesprekvoering, let op wat ander sê, en neem versoeke en voorstelle ernstig op.

Kritiese denke en oop debatte

  • Wees ontvanklik vir verskillende standpunte en vermy geslagsvooroordeel en die bevordering van vals en radikale geslagsideologie.
  • Luister na en waardeer verskillende kulture, behandel ander met waardigheid en hanteer gevalle van diskriminasie met sorg.
  • Bevorder kritiese denke en oop debatte, met waardering vir die menings en bydraes van alle lede van die universiteitsgemeenskap.
  • Verseker respekvolle akademiese debatte en die beskikbaarheid van tolke om doeltreffende kommunikasie te verseker.

Persoonlike ontwikkeling

  • Skep 'n nuwe kultuur vir die universiteitsgemeenskap wat samewerking, kollegialiteit en studente se holistiese ontwikkeling beklemtoon.
  • Reël werkswinkels vir bewusmaking oor psigiese gesondheid, behandel eksterne belanghebbendes met billikheid, breek silo's af en bevorder kollegiale gedrag.
  • Bied deurlopende geleenthede vir leer en groei, insluitend om respek vir verskille te toon.

Koester en inspireer jongmense

  • Verbeter personeel- en studente-ondersteuning vir akademiese sukses, voorsien morele leiding en ondersteuning van medestudente.
  • Skep 'n aangename werkomgewing wat span-, liefdadigheids- en vrywilligersgeleenthede aanmoedig, en bevorder korporatiewe sosiale verantwoordelikheid.

Inklusiwiteit en diversiteit

  • Betoon kulturele sensitiwiteit en 'n inklusiewe benadering wat diversiteit erken en vier.
  • Toon 'n begrip en maak voorsiening vir verskille in kultuur, taal en opvoedkundige agtergronde.
  • Bevorder transformasie en billikheid met die implementering van transformasie-gedrewe beleide en zero verdraagsaamheid vir rassisme en seksisme.
  • Verseker dat besluitnemingsprosesse inklusief is, aangesien organisasies by 'n diverse reeks perspektiewe en idees kan baat.

Diversiteit en insluiting

  • Prioritiseer godsdiensvryheid, studenteverteenwoordiging en -deelname, rolstoeltoeganklikheid, en luister na die stemme van minderhede.
  • Skep verwelkomende, inklusiewe universiteitsaktiwiteite, soos om personeel oor gestremdhede in te lig, en die daarstelling van geslagsneutrale badkamers en mentorskapprogramme.
  • Wees ontvanklik vir verskillende standpunte en vermy geslagsvooroordeel.
  • Moedig die gebruik van veelvuldige tale by die Universiteit aan.

Respek

  • Respekteer ander se menings, grense, kulture, godsdienstige agtergronde en reg op privaatheid – respek is aan ander verskuldig en behoort nie verdien te word nie.
  • Respekteer alle personeellede, ongeag hul innemendheid, en behandel almal op 'n gelyke voet.
  • Respekteer die Grondwet van Suid-Afrika, met zero verdraagsaamheid vir onbillike praktyke of diskriminasie.
  • Toon respek in alle kommunikasie, insluitend om e-posse spoedig te beantwoord en behoorlike e‑pos-etiket te handhaaf.

Gelykheid en inklusiwiteit

  • Waardeer almal se menings en bydraes, en behandel almal met waardigheid en gelykheid.
  • Betoon hoflikheid en dankbaarheid in daaglikse interaksies, en zero verdraagsaamheid vir diskriminasie, afknouery en verkleinering van ander.

Positiewe werkomgewing

  • Prioritiseer 'n positiewe werkomgewing wat vertroue en inklusiwiteit bevorder.
  • Skep veilige ruimtes om kommer uit te spreek, uit foute te leer en mekaar se behoeftes te akkommodeer.
  • Implementeer spanbou-aktiwiteite en moedig alle personeel, studente en belanghebbendes aan om deel te neem aan die Universiteit se gesamentlike poging om die samelewing te verbeter.
  • Bevorder 'n kultuur van innovasie en voortdurende verbetering deur die wonderlike idees, insigte en bydraes van alle individue te waardeer en oorweging daaraan te skenk.

Sielkundige veiligheid en welstand

  • Beklemtoon sielkundige veiligheid deur jongmense en die inspirering van toekomstige leiers te koester.
  • Verseker toenemende bewustheid en optrede oor fisiese veiligheid en die beskerming van welstand.
  • Skep meer bewustheid oor vrywilligersprogramme en organisasies soos Rape Crisis.