Universiteit Stellenbosch-handelsmerk
Streef. Ontdek. Saam.
Hierdie blad bied jou die riglyne en gereedskap om in jou daaglikse kommunikasie ons
visuele identiteit te implementeer en ons handelsmerkposisionering oor te dra.
Gebruik die blad só
Wanneer jy inhoud en boodskappe vir die Universiteit skep, raadpleeg die afdelings onder
Handelsmerkposisionering om ons kommunikasiestyl akkuraat vas te vang.
Wanneer jy ons logo, leuse en handelsmerkgrafika gebruik, raadpleeg die afdelings onder
Visuele kommunikasie om ’n konsekwente beeld uit te dra.
Let asseblief daarop dat slegs gebruikers met Universiteit Stellenbosch-aanmeldbesonderhede die
dokumente sal kan aflaai.
-
Handelsmerkhandleiding
Riglyne vir korporatiewe identiteit
-
Digitale template
Canva-template,plakkate, banier vir uitnodigings, sosiale media, baniere vir webwerf en agtergronde vir video-oproepe
-
Identiteitsgereedskapskis
Kleure, patroon vir Saam Vorentoe, ikonografie, S-grafika en unieke vorm
-
Latex template
Tesisse, proefskrifte en verslagstemplate
- Logo’s en lettertipes
Korporatiewe logo’s en die US Raleway-lettertipe
-
Template vir drukwerk
Advertensies, brosjures
-
Promosiemateriaal
Vlae, gazebo’s, geskenkkaartjies, naamkaartjies, optrekbaniere, teleskopiese baniere en muurbaniere
-
Skryfbehoeftes
Akademiese plakkate, visitekaartjies, sertifikate, dekblaaie, e-pos-handtekeninge, koeverte, lêers en notaboeke, briefhoofde, memo’s en verslae
-
Gereelde vrae
Handelsmerkvernuwing
Ons volg ’n gefasseerde benadering tot die handelsmerkhernuwing. Daarom is sommige bates nog in wording. Ons werk egter tans hard daaraan om dit so gou moontlik beskikbaar te stel. Ons sal deurlopend ontbrekende aflaaibare template byvoeg. Hou dus hierdie ruimte dop en bly op hoogte van die jongste verwikkelinge deur die Universiteit se nuuskanale te volg.
Kontak
branding@sun.ac.za