DataScience
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Aard van die graad: BDatSci

Dis 'n goedgekeurde en geakkrediteerde vierjarige program deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, die Raad op Hoër Onderwys asook die Suid Afrikaanse Kwalifikasie Liggaam (SAQA). Die program word sedert 2021 aangebied.  Die program is voltyds en residensieel op kampus met geen moontlikheid om aanlyn of weg van kampus te registreer nie.

Interdepartementele en interfakulteitsamewerking

Hierdie program word in vier fakulteite aangebied, naamlik Ekonomiese en Bestuurswetenskappe,  Natuurwetenskappe,  AgriWetenskappe en Lettere en Sosiale Wetenskappe. Die fakulteit waar jy geregistreer is ken die graad toe.

Aansoekprosedure en -sluitingsdatum

Doen elektronies aansoek by www.maties.com teen 31 Julie van die jaar voor jou voorgenome studie. Vir meer oor die aansoek- en toelatingsproses, sien afdeling 1 van hierdie hoofstuk.

Programstruktuur

Die BDatSci-program bestaan uit 'n aantal kern- verpligte modules in al vier die studiejare. Hierdie modules lê die grondslag vir datawetenskap as studierigting. Verder bied dit jou 'n redelike vrye keuse van aanvullende modules sodat jy kan fokus op spesifieke rigtings in die datawetenskap-omgewing. 

Dit is verder moontlik om binne hierdie program op 'n spesifieke area van studie, genaamd 'n fokusarea, te konsentreer. Jy registreer vir BDatSci in die fakulteit wat die fokusarea aanbied injou vierde jaar.

Fokusareas

Die doel van die fokusareas is om jou te help om 'n loopbaan-fokus binne die BDatSci-program te ontwikkel. Die fokusarea is nie 'n program nie, en die modulekombinasie is sodanig saamgestel om dit loopbaangerig te maak. Nietemin is daar dus 'n keuse tussen die fokusareas, maar binne 'n fokusarea is die modules verpligtend.

Daar is agt fokusareas in die BDatSci-program en jy sal 'n beskrywing van elke fokusarea in die betrokke fakulteit se Jaarboekdeel kry:

  • Analitika en Optimering (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe),
  • Gedragsekonomie (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe),
  • Statistiese Leer (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe),
  • Rekenaarwetenskap (Natuurwetenskappe),
  • Statistiese Fisika (Natuurwetenskappe),
  • Toegepaste Wiskunde (Natuurwetenskappe),
  • Statistiese Genetika (AgriWetenskappe), en
  • Geoinformatika (Lettere en Sosiale Wetenskappe).

​Met 'n graad in Datawetenskap, kan gradueerdes hulle vaardighede aanwend om regte wereld-spesifieke probleme te kan oplos in diverse velde soos genetika, gesondheidsorg, e-besigheid, finansies, bestuur en kleinhandel, om maar paar te noem.

Die program bied aan 'n diverse studente-kohort die geleentheid om kennis te win omtrent fondasie-modules in die dissiplines soos Statistiek, Rekenaarswetenskap en Wiskunde, en studente word blootgestel aan nuwe tegnologie en konsepte in die velde van Datawetenskap. Saam met hierdie soliede fondasie, sal studente 'n fokusarea kan kies binne data-ryke omgewings, wat beteken dat hulle die nodige omgewings spesifieke kennis opdoen binne hierdie gekose velde.

Hierdie vier-jarige graad is die enigste van sy soort in Suid Afrika en na voltooiing, sal gegradueerdes kan voortgaan met 'n Magister studie in Datawetenskap en spesialiseer in die gekose fokusarea.

   pexels-photo-373543.jpeg