Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Die Fakulteit Natuurwetenskappe lok voltydse en deeltydse nagraadse studente van Suid-Afrika, Afrika en oorsee, deur middel van formele internasionale skakeling en uitruilprogramme.

Meer as 95% van ons akademiese personeel het 'n PhD- of gelykwaardige graad en nagenoeg 70% van ons wetenskaplikes word deur die Nasionale Navorsingstigting as navorsers van internasionale statuur erken. Dit verseker dat ons nagraadse studente deel is van navorsingspanne wat kan meeding met die bestes ter wêreld en dit is een van die redes waarom die Fakulteit onder die top 300 in die kategorie Natuurwetenskappe van die QS Wêreld Universiteite Ranglys verskyn. ​


Navorsingsondersteuning en befondsing

Die Fakulteit het verskeie metodes van intervensie ingestel ter ondersteuning van nagraadse studente. Dit sluit onder andere 'n jaarlikse navorsingsoriënteringswerkswinkel in, asook 'n diensooreenkoms tussen studieleiers en nagraadse studente wat riglyne gee oor gedeelde verantwoordelikhede met betrekking tot die voltooiing van 'n MSc- of PhD-graad.

Die Fakulteit bied ook 'n aansporingsprogram aan PhD-studente wat in een van die ag  Departemente van die Fakulteit  Natuurwetenskappe studeer, en wat hulle studies binne drie jaar voltooi (dus die Departemente Aardwetenskappe, Biochemie, Chemie en Polimeerwetenskap, Fisika, Fisiologiese Wetenskappe, Mikrobiologie, Plant- en Dierkunde, Wiskundige Wetenskappe). 'n Beperkte aantal beurse vir nuwe meestersgraad- en doktorale studente is ook beskikbaar.

Vir meer inligting oor befondsing en steundienste beskikbaar vir nagraadse studente, klik hier.


Nagraadse navorsing en studie aan die Fakulteit Natuurwetenskappe word ondersteun deur moderne toerusting wat onder meer deel van die​ Sentrale Analitiese Fasiliteit (CAFis. Steun word ook gebied deur hoogs opgeleide en ervare personeel.

Ons navorsingswerk word versterk deur uitgebreide finansiële steun vanuit die industrie en ander organisasies. Dit bemagtig ons navorsingsinstansies en -afdelings om 'n toonaangewende rol ten opsigte van basiese en toegepaste wetenskappe op internasionale gebied te kan speel. Dit bied die Fakulteit ook die geleentheid om Suid-Afrikaanse en internasionale nagraadse studente te ondersteun.​