Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​Die Fakulteit Natuurwetenskappe is ’n gevestigde en leidinggewende instituut met ’n trotse tradisie van onderrig en navorsing wat terugdateer tot 1866. 

Die volgende afdeling verskaf ’n kort oorsig oor sy vroeë geskiedenis, ontwikkelings sedert 1918, en die Fakulteit Natuurwetenskappe van vandag. Dit sluit ook ’n volledige lys in van al die dekane van die fakulteit sedert 1918. 

Die omvattende geskiedenis van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe sedert 1866 is nou gedokumenteer in boekformaat met die titel ’n Besonderse denkraamwerk: Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbosch, 1918-2018. ​


Vroeë geskiedenis

1866 Die oorsprong van die Fakulteit Natuurwetenskappe dateer terug tot 1866, toe kursusse in Wiskunde en Natuurwetenskappe  deel uitgemaak het van die opleiding wat die Stellenbossche Gymnasium (vandag bekend as Paul Roos Gimnasium) aangebied het.
1874 Die tersiêre afdeling van die Gymnasium, die sogenaamde Arts Department, is in 1874 gevestig ná 'n verandering in wetgewing wat die vorige Board of Examiners met die University of the Cape of Good Hope vervang het. 
1881 Die Arts Department “verkry kollege-status" en staan bekend as die Stellenbosch College.


1874
ProfGordon.jpg

Die Skotse Professor George Gordon word as die eerste professor in wiskunde en natuurwetenskappe aangestel.  Op daardie stadium was daar slegs twee professors in die Arts Department.​
1875 Daar was slegs vyf studente geregistreer vir die BA-graad, waarvan slegs een gegradueer het.
1878 HJL du Toit word die eerste student in die Kaap van Goede Hoop wat 'n MA-graad in Wiskunde en Natuurkunde onder Professor Gordon se studieleiding verwerf het.
1886

Polisiekantoor.jpgVictoria College se Department of Language and Science is oorspronklik gehuisves in 'n klein geboutjie wat behoue gebly het op die hoek van Plein- en Ryneveldstraat in Stellenbosch. In 1893 het Prof William Thomson dit beskryf as “a two-roomed thatched cottage that leaked with every shower in winter". Die wetenskaplike toerusting vir sy Laboratory for Experimental Sciences is gestoor in twee muurkaste van 'n paar kubieke meter elk. In 1886 het die kollege verskuif na die Ou Hoofgebou.

1887 Die Kollege se naam verander na die Victoria College om Koningin Victoria se vyftigste jaar op die troon te vier.
1903 Die Ou Hoofgebou het gou te klein geword en in 1903, op inisiatief van Professor John Todd Morrison, is die Jan Marais Gebou vir Fisika voltooi.
1918
Die status van Victoria College verander na die Universiteit van Stellenbosch, met die Fakulteit van Wiskunde en Wetenskap as een van die vier fakulteite wat gevestig is in die nuwe instelling. In 1957 is die fakulteit herdoop na die Fakulteit Natuurwetenskappe..

Sedert 1918

192​2​​
Toe die Universiteit van Stellenbosch in 1918 gestig is, was dissiplines soos Wiskunde, Toegepaste Wiskunde, Fisika, Chemie, Geologie, Plant- en Dierkunde reeds goed gevestig. In 1922 is die Departement Fisiologie gestig met Professor PJ Battaerd as hoof.
1925 Die Departement Huishoudkunde kom tot stand, met Me Ivy van der Merwe as dosent In 2001 het die ontbondeling van hierdie departement gelei tot 'n BSc-stroom in Tekstiel- en Polimeerwetenskap binne die Departement Chemie en Polimeerwetenskap.


1963
Printout.jpg

Uitdruk van die eerste rekenaarprogram wat deur die US se eerste elektroniese rekenaar, ’n IBM 1620, uitgevoer is.
1969 In 1969 het die Departement Wiskunde 'n eenjaarkurus in Rekenaarwetenskap ingestel en in 1970 is die Departement Rekenaarwetenskap gestig met Professor George Murray as die eerste departementshoof.
1974 Die Departement  Biochemie het in 1974 tot stand gekom na die samesmelting van die afdeling biochemie in die Departement Chemie met die Departement Landbouchemie. Professor JH Barnardt was die eerste hoof en Professor JL de Wit die eerste professor in hierdie nuwe Biochemie Departement.
1995 Die Sentrale Analitiese Fasiliteite (SAF) kom tot stand met sewe groot analitiese instrumente. Vandag het navorsers en nagraadse studente toegang tot voorpunttegnologie wat analitiese apparaat aanbetref wat gesteun word deur hoogs opgeleide tegnici. Dit sluit in 'n CT skandeerder, DNS-opeenvolging, Elektronmikroskopie, Fluoresserende mikroskopie, Induktiefgekoppelde plasma-massaspektrometrie, en X-straal Fotoëlektron-spektroskopie, Massaspektrometrie, Neuromeganika en Kernmagnetiese resonansie.
1997 Die oorsprong van die Departement  Mikrobiologie soos wat ons dit vandag ken, dateer van 1918 met navorsingaktiwiteite in die Departement Plantpatologie in die Fakulteit Agriwetenskappe.  Die grootste gedeelte van die navorsing was gefokus om fungi van belang vir die landbousektor te isoleer en te bestudeer. In 1958 het Professor Hennie Louw die eerste Suid-Afrikaanse wetenskaplike geword om 'n PhD in Mikrobiologie te verwerf. In 1961 het die Departement van Plantsiektestudies (tans Plantpatologie) en Mikrobiologie twee afsonderlike akademiese departemente geword met Professor Louw as die eerste hoof van die nuwe Departement Mikrobiologie. In 1997 is die Departement Mikrobiologie by die Fakulteit Natuurwetenskappe ingelyf.
2000 Oor die afgelope twee dekades het die departementele struktuur van die Fakulteit Natuurwetenskappe aansienlik verander ten einde by te hou met groeiende studentegetalle, veranderende akademiese behoeftes en internasionale tendense.
In die vroeë 2000s het die afsondelike Departement Botanie en Department Soölogie hulle navorsingfokusareas versterk deur saam te smelt en die veel groter Departement Plant- en Dierkunde te vorm. Binne die Wiskundige Wetenskappe is groter sinergie tussen verskillende navorsingsareas in 2006 geskep deur die samesmelting van die individuele Departmente van Wiskunde, Toegepaste Wiskunde en Rekenaarwetenskap om die Departement Wiskundige Wetenskappe (Afdelings Wiskunde, Toegepaste Wiskunde, Rekenaarwetenskap) te vorm. Vóór 2006 het Toegepaste Wiskunde en Rekenaarwetenskap onder die Fakulteit Ingenieurswese geressorteer.
2004 Die DWT/NNS Sentrum van Uitnemendheid in Indringerbiologie het in 2004 in die Fakulteit Natuurwetenskappe tot stand gekom met Prof Steven Chown as die eerste direkteur.
2006 In 2006 het die Fakulteit nog twee Sentrums van Uitnemendheid ryker geword: die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Analise (SACEMA) en die Nasionale Instituut vir Teoretiese Fisika (NITHeP).
2010 In 2010 is die Universiteit Stellenbosch se Waterinstituut (SUWI) gevestig ‒ 'n inisiatief van die toe dienende dekaan, Professor Eugene Cloete, ten einde die onderskeie waternavorsingsgroepe binne die groter universiteitsomgewing se werk te sinchroniseer. Onder die leierskap van Prof Gideon Wolfaardt, het SUWI dit ten doel om die dryfkrag te wees agter die ontwikkeling van tegnologie en innovasie, en navorsing te bevorder om die uitdagings wat 'n waterskaars land in die gesig staar, die hoof te bied.


2014
L Warnich.jpg

Prof Louise Warnich word aangestel as dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, die eerste vroue dekaan in die fakulteit se geskiedenis.​
2016 Prof Hugh Patterton, 'n kenner op die gebied van bioinformatika, word aangestel om 'n Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie op die been te bring wat oor fakulteitsgrense heen sal funksioneer. Die aanstelling van Professor Bubacarr Bah in die Humboldt Navorsingsleerstoel in Groot Data Analise by die Afrika Instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIMS) in 2017 sal hierdie inisiatief verder versterk.
2018 Die Fakulteit Natuurwetenskappe publiseer ’n gedenkboek om honderd jaar van wetenskape by die US te vier. Die boek se titel is ’n Besonderse Denkraamwerk: Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbosch, 1918-2018.
Faculty of Science group.jpg 

Ons geboue


1916​​
Natuurwet_Gebou_small.jpg
Die Natuurwetenskappe Gebou was naas Opvoedkunde die tweede gebou om in 1916 gebou te word oorkant die ou rugbyveld. Dit was die tuiste van die Departemente Soölogie, Botanie, Geologie en Toegepaste Wiskunde.
​1923
​Die tweede gebou, die De Beers Gebou vir Chemie is in 1923 voltooi. Met verloop van tyd is ses geboue vir die Fakulteit Natuurwetenskappe opgerig langs Merrimanlaan. Hierdie geboue is steeds die tuiste van die oorspronklike akademiese departmente waarvoor hulle oorspronklik gebou is:
  • Merensky Gebou vir Fisika (1940)
  • Eerstejaarschemie Gebou (1957)
  • Kamer van Mynwese Gebou vir Geologie (1963)
  • Anatomie en Fisiologie Gebou (1957)
  • ​JC Smuts Gebou vir Mikrobiologie, Biochemie en Genetika (2000).​
Merensky.jpg DeBeersGebou.jpg


Victoria College Senate 1904 

Senate.jpg ​​​​​​​​​​​

​​​​

​Dekane van die Fakulteit Natuurwetenskappe: 1918 tot nou

Prof L Warnich
2014 - 

Prof TE Cloete
2009 - 2012

Prof DE Rawlings (waarnemend)
2008, 2012 - 2013

 

​Prof A van Jaarsveld
2002 - 2007

Prof FJW Hahne
1991 - 2001

Prof C Engelbrecht

1988 - 1991

Prof JA de Bruyn
1977 - 1991

Prof MJ de Vries
1974 - 1976

Prof WL Mouton
1970 - 1973

Prof SRF Göldner
1969

Prof EFCH Rohwer
1967 - 1968

Prof CA du Toit
1957 - 1959; 1966

Prof GG Cillié
1963 - 1965

Prof AC Cilliers
1960 - 1962

Prof HE Brink
1954 - 1956

Prof JM Joubert
1947 - 1953

Prof CGS de Villiers
1931 - 1935; 1945 - 1946

Prof GC Nel

1929 - 1930

 

 

 

 

Prof ET Stegmann
1925 - 1927

Prof DF du Toit
1920 - 1924; 1936 - 1944

Prof JT Morrison
1918 - 1919


Prof G Gordon

Eerste professor in wiskunde, Victoria Kollege, 1874​

​​​​​​​​
 

​​​​​​​​