Mathematics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor ons

​​​​Die Wiskunde Afdeling is deel van die Departement van Wiskundige Wetenskappe​, en het 19 akademiese personeellede en verskeie nagraadse studente op honneurs-, magister- en doktorale vlak.

Die navorsingsvelde van die Wiskunde Afdeling sluit ‘n verskeidenheid gebiede in, insluitend Kombinatorika, Tralieteorie, Getalleteorie en Algebra, Topologie en Kategorieteorie, Funksionale Analise, Diskrete Wiskunde, Berekeningswiskunde en Benaderingsteorie, Finansiele Wiskunde, Biowiskunde.

‘n Verskeidenheid seminaargroepe is gevestig met weeklikse ontmoetings, sowel as gereelde colloquium-lesings deur besoekers aan die Departement.