Mathematics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse Studies

​​​​Hoekom moet ek nagraadse studies in Wiskunde oorweeg?

Navorsing in wiskunde word gekenmerk deur:
  • ​oorspronklikheid
  • verbeelding
  • skoonheid
  • redenasie
  • die onverwagte...
Dit behels ruimte en getalle en die manier waarop hierdie verstaan word, tyd word spandeer op die konstruksie en studie van sekere patrone en strukture en probleme oplos wat die hart van die onderwerp is. Hierdie word gebou vir 'n spesifieke doeleinde, naamlik om 'n komplekse wiskundige probleem op te los en verstaan, werklike wêreld probleme, of net vir hulle ellegansie.

Na duisende jare van wiskunde navorsing mag mens vra:

Is daar nog oop probleme en uitdagings in wiskunde:

JA!

​Wiskunde narvorsing word gedryf deur die formulering van intri​ge probleme en die ontdekking van kreatiewe oplossings. ​Dikwels deur oplossings te vind, of nie 'n sekere probleem op te kan los nie, ontdek mens nuwe interessante vrae wat dikwels dan insig gee in probleme in areas van toepassing. Dikwels lei wiskunde nie ook wetenskaplike navorsing en tegnologiese vooruitgang nie, maar volg dit dit ook.

Hoekom moet ek nagraadse studies by Stellenbosch oorweeg?

Stellenbosch Universiteit is ​in 'n skilderagtige wyn streek geleë in die berge, 50 km vanaf Kaapstad, Suid-Afrika. Die klein dorpie bied 'n vriendelike , informele atmosfeer vir studie en navorsing.

Wiskunde is een afdeling van die Departement van Wiskundige Wetenskappe. Dit is die oudste departement by die Universiteit en het 35 voltydse akademiese personeel met aktiewe navorsingsbelange en verskeie wiskundige dissipline.

Nagraadse studente word kantooruimte en die gebruik van rekenaar fasiliteite en sagteware voorsien. Student assistentskappe is beskikbaar vir gegradueerdes wat belangstel in voorgraadse onderrig.

Daar is ook 'n sterk interaksie met die African Institute for Mathematical Sciences​ in Muizenberg wat voorste internasionale wetenskaplikes lok en die geleentheid skep vir gesamentlike aktiwiteite, sowel as om die studente liggaam in 'n interessante en opwindede manier uit te brei.​

Waar kry gegradueerdes werk?

Opvoedkundige sektors, sodoende word ander bemagting deur hulle wiskunde te leer; finansië​le instellings; ander wetenskaplike gebiede, aktiwiteite waar skerp analitiese vaardighede vereis word.