CERI en GIZ loods volgende fase van genomiese waarnemings-vennootskap | https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11330 | | CERI en GIZ loods volgende fase van genomiese waarnemings-vennootskap | Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking |
Die vestiging van robuuste stelsels om genetiese inligting van patogene te monitor en te ontleed help Suid-Afrika om vinnig en proaktief veranderinge in virusse te vind en na te spoor. Dit maak vinniger reaksies op uitbrekings moontlik en verbeter pandemie-paraatheid in die land en die hele streek.

Op 24 Junie is die nuwe fase van die Genomiese Waarnemingsprojek – 'n belangrike openbaregesondheid-samewerkingsooreenkoms om die monitering en analise van genetiese inligting van patogene op te skaal – amptelik in Kaapstad bekend gestel. Dit is 'n samewerking tussen die Sentrum vir Epidemiese Reaksie en Innovasie (SERI) aan die Universiteit Stellenbosch en die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) as deel van die GIZ SAVax-program. SAVax word medegefinansier deur die Duitse regering, die Federale Ministerie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (BMZ), en die Europese Unie (EU) en word geïmplementeer in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid en die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie. Die finansiering is deel van die Team Europe-inisiatief oor die vervaardiging van en toegang tot entstowwe, medisyne en gesondheidstegnologieë in Afrika (MAV+), wat daarop gemik is om plaaslike entstof- en farmaseutiese vervaardigingskapasiteit en toegang tot gesondheidstegnologieë op die vasteland te versterk.

Die nuwe fase van die Genomiese Waarnemingsprojek sal voortbou op bestaande vordering met bykomende befondsing van R9 miljoen, wat die totale belegging in die vennootskap op R12 miljoen te staan bring. Hierdie finansiering is belangrik om genomiese waarneming vir die belangrikste patogene voort te sit, insluitend respiratoriese patogene met pandemiese potensiaal soos die voëlgriepvirus (H5N1) en potensiële nuwe koronavirusse.

Hierdie medewerking toon die sterk vennootskap tussen Suid-Afrika, Duitsland en die Europese Unie in samewerking op die gebied van wetenskap vir wêreldwye gesondheidsekerheid en gereedheid vir pandemies. Deur kapasiteitsboumaatreëls en verhoogde datadeling kan nasionale en streeksdatabewaarplekke en -netwerke gebou en versterk word. Die vennootskap versterk dus 'n gedeelde verbintenis tot wetenskaplike uitnemendheid, billikheid en proaktiewe epidemiese reaksie oor Afrika heen.

Die bekendstellingsgeleentheid by die SERI-hoofkwartier op die Universiteit Stellenbosch se Tygerbergkampus het 'n toer van laboratoriums, 'n paneelbespreking en 'n toekenningseremonie ingesluit wat deur senior amptenare en hoogwaardigheidsbekleërs bygewoon is.

Fulgencio Garrido Ruiz, EU-adjunk-ambassadeur in Suid-Afrika, het die belangrikheid van Suid-Afrika as 'n strategiese vennoot beklemtoon: “Ons is verheug om die samewerking met Suid-Afrika uit te brei." Om pandemie-gereedheid en billikheid oor die Afrika-vasteland te ondersteun, mobiliseer die Team Europe-inisiatief MAV+ hulpbronne onder EU-lidstate. In Suid-Afrika het die Europese Unie deur MAV+ reeds meer as 700 miljoen euro beskikbaar gestel, waarvan 10 miljoen euro tot dusver navorsingsinfrastruktuur ondersteun.

Garrido het gesê: “Daar is een aspek aan die kern van die benadering, naamlik navorsing en ontwikkeling. 'n Robuuste plaaslike navorsingsraamwerk wat selfonderhoudendheid verbeter en nasies bemagtig om onafhanklik op gesondheidskrisisse te reageer."

Met die klem op die belangrikheid van die Team Europe-inisiatief MAV+ het Sven Hartwig, Adjunk-konsul-generaal tot die Duitse Konsul-generaal in Kaapstad, gesê: “Dit is 'n eer vir die Duitse samewerkingspan om by te dra tot die Team Europe-inisiatief MAV+ en om saam met toegewyde vennote soos SERI te werk."

Hy het ook die belangrikheid van samewerking vir wêreldwye gesondheid beklemtoon: “Hierdie bekendstelling beklemtoon dat waarneming vir pandemie-gereedheid staatmaak op vennootskap en medewerking tussen die openbare en private sektore, die akademiese wêreld en burgerlike samelewing. Duitsland is daarom besonder trots daarop om steeds genomiese waarneming te ondersteun en bly standvastig in sy verbintenis om wêreldwye gesondheidsdoelwitte te deel."

Dr Anban Pillay, Adjunk-direkteur-generaal van die Nasionale Departement van Gesondheid, het die belangrikheid van hierdie vennootskap en die nuwe program onderstreep deur te sê: “Die werk van SERI en die Universiteit Stellenbosch bevorder 'n kultuur van samewerking."

Claudia Aguirre, hoof van die GIZ SAVax-program, het die sterk vennootskap met SERI, wat in 2023 begin het, onderstreep. Met die oog op die toekoms het sy gesê: “In hierdie nuwe samewerking sal hierdie kapasiteitsbou-pogings uitgebrei word. Ons sien daarna uit om SERI te ondersteun in sy reis om wetenskap op die Afrika-kontinent te ontwikkel en by te dra tot die ontwikkeling van oplossings deur Afrika-wetenskaplikes vir Afrika."

“Hierdie vennootskap is 'n voorbeeld van hoe die wetenskap, regerings en internasionale samewerking bymekaar kan kom om openbare gesondheidstelsels te versterk en meer effektief op epidemiese bedreigings te reageer," het prof Tulio de Oliveira, Direkteur van SERI, gesê. “Dit is veral belangrik vir respiratoriese patogene en nuwe patogene soos A-pokke (Mpox), wat pandemiese potensiaal het. Die ekonomiese koste van 'n pandemie is so groot dat die voorkoming daarvan 'n baie wyse en koste-effektiewe belegging is."

Gedurende die eerste fase van die SERI-projek (2023–2024) het die inisiatief meer as 1 000 patogeen-genome gesekwenseer, meer as 50 Afrika-wetenskaplikes opgelei, en data-delingsprotokolle verbeter om uitbrekings-reaksievermoëns te verbeter.

In die tweede SERI-projekfase (2025-2026) word daaraan gewerk om genomiese waarneming vir respiratoriese patogene soos griep, RSV, H5N1-voëlgriep en opkomende COVID-19-stamme uit te brei, terwyl die integrasie van genomiese data in openbare gesondheidsbeleid bevorder word. Suid-Afrika is 'n sleutelspeler in wêreldwye biosekerheid deur die tweede land in die Suidelike Halfrond ná Australië te word wat intydse genomiese opsporing van wintersiekte-patogene verskaf. Verder word daar gefokus op die versterking van laboratoriuminfrastruktuur en toetsing in hulpbron-arm provinsies, terwyl die opleiding en loopbaanontwikkeling van wetenskaplikes aan histories benadeelde universiteite in Suid-Afrika ondersteun word.

Meer oor SERI
Die Sentrum vir Epidemiese Reaksie en Innovasie is 'n wêreldleidende navorsingsentrum aan die Universiteit Stellenbosch wat fokus op die gebruik van genomika en datawetenskap om uitbrekings van aansteeklike siektes oor Afrika heen op te spoor en daarop te reageer.

Mediakontakpersoon by SERI: Maambele Khosa maambele@sun.ac.za

Mediakontakpersoon by GIZ SAVax-program: Katja Fuehrer katja.fuehrer@giz.de

Mediakontakpersoon by EU-afvaardiging: Frank Oberholzer Frank.OBERHOLZER@eeas.europa.eu

US kry hiperspektrale kernskandeerder present vir navorsing en opleiding | https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11265 | | US kry hiperspektrale kernskandeerder present vir navorsing en opleiding | Wiida Fourie-Basson (Media: Faculty of Science) |
Die Universiteit Stellenbosch (US) sal binnekort die eerste universiteit in Suid-Afrika wees wat kan spog met 'n operasionale hiperspektrale kernskandeerstelsel danksy 'n ruim skenking van Anglo Gold Ashanti.

Die hiperspektrale kernskandeerder is opgestel, en sal in werking gestel word onder beskerming van die African Rainbow Minerals (ARM) Geometallurgie-navorsingsleerstoel, wat gesamentlik beklee word deur Prof. Bjorn von der Heyden in die US se Departement Aardwetenskappe, en dr. Margreth Tadie van die Departement Chemiese Ingenieurswese, ook aan die US.

Prof. Von der Heyden sê hul het die geleentheid aangegryp aangesien sulke stelsels gewoonlik by mynmaatskappye en raadgewende firmas gehuisves word, gegewe die astronomiese koste van die tegnologie: “Anglo Gold Ashanti was gretig om hulle kernskandeerder aan 'n universiteit soos die US te skenk waar dit vir navorsing en studente-opleiding benut sal word, “ verduidelik hy.

Vanuit 'n navorsingsperspektief is hulle opgewonde oor die voortgesette aard van mineralogiese data wat die kernskandeerder verskaf: “Die masjien kan tot 200 meter rotskern op 'n daaglikse basis skandeer, en verskaf kortgolf infrarooi hiperspektrale data (1000 – 2500 nm spektrale omvang) en RGB kleurdata teen 'n pixelresolusie van 0.1 – 2 mm, na gelang van die gekose gesigsveld," verduidelik hy.

Die spektrale bande bied insig in die relatiewe oorvloed van minerale soos amfibool, toermalyn, muskowiet, gibbsiet ens. te identifiseer. Verskeie van bogenoemde minerale word as veranderingsminerale beskou, wat geologiespanne op die spoor van die mineralisasie van die ertsminerale kan sit.

Von der Heyden sê dit sal gebruik word in eksplorasiegeologie en grondwetenskap, asook vir die ontwikkeling van werksvloeiprosesse wat in geometallurgie gebruik kan word. Aangesien die groot datastelle toeganklik is vir die toepassing van majienleeralgoritmes, wil die ARM-navorsingsleerstoelhouers in Geometallurgie ook hul verhouding met die Skool vir Datawetenskap aan die US uitbou.

Dr. Tadie voeg by: “Gegewe die skaal waarop die hiperspektrale kernskandeerder werk, vul dit ons bestaande geometallurgiese gereedskapskis uitstekend aan, wat reeds bestaan uit mikro-analitiese karakterisering, empiriese toetswerk op grootmaatmonsters, en ruimtelike en prosesmodellering.

“Dit is 'n ongelooflike robuuste masjien wat aan studente die geleentheid sal bied om by afgeleë veldterreine te werk. Hierdie studente sal opgelei word in multidimensionele stelseltipe denke, en sal aan die mineralogie, chemie en veredelingsreaksies van die gesteentes moet dink in terme van hul diagnostiese spektrale handtekeninge wat verander oor die ruimtelike skale wat geëvalueer word," sluit sy af.

Op die foto bo: Die span van die US en die raadgewende maatskappy TerraCore, wat hierdie stelsel aanmekaar gesit het, is van links na regs: Prof. Bjorn von der Heyden, dr. Margreth Tadie, dr. Bambesiwe May, Phd-student Mawande Ntantiso, mnr. Thandikhaya Mxinwa (TerraCore), en dr. Boikanyo Motloba. Foto: Wiida Fourie-Basson

Wêreldomgewingsdag: Kollektiewe aksie nodig om belangrike omgewingskwessies aan te spreek | https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11263 | | Wêreldomgewingsdag: Kollektiewe aksie nodig om belangrike omgewingskwessies aan te spreek | Corporate Communication and Marketing |
Plastiekbesoedeling, die heroorweging van bioplastiekafval, omgewingsregeerkunde, en etiese raamwerke om waterbronne te bestuur. Dít is die belangrike omgewingskwessies waarop kenners aan die Universiteit Stellenbosch gefokus het in meningsartikels vir die media ter viering van Wêreldomgewingsdag op 5 Junie. Klik op die skakels hier onder om die vertaaldes weergawes van die artikels te lees.

Dominique Rocher and Dr Wessel Myburgh (Mail & Guardian)

Prof Martin de Wit (Daily Maverick)

Dr Lize Barclay (Cape Argus)

Dr Leanne Seeliger (Cape Times)

“Future Professors Programme”: Méér as slegs ’n kapasiteitsbou-inisiatief | https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11258 | | “Future Professors Programme”: Méér as slegs ’n kapasiteitsbou-inisiatief | Faculty of Science (media & communication) |
Dr. Sanjeev Rambharose is 'n senior lektor in die Departement Fisiologiese Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) en een van die gekose deelnemers aan die Future Professors Programme (FPP) van 2024 tot 2025. Die FPP is 'n vlagskipprogram van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO). Hierdie twee jaar lange gestruktureerde en verrykende ontwikkelingsprogam berei jong, belowende akademici – wat aan die begin of in die middel van hul akademiese loopbaan staan – voor vir 'n professoraat.

Ons het Dr. Rambharose uitgevra oor sy ervaring van die program tot dusver:

Dit is 'n intensiewe program met opleiding in leierskap, individuele mentorskap, professionele afrigting, skryfwegbreke, en 'n internasionale reis van twee tot vier weke. Aan watter van hierdie aktiwiteite het jy reeds deelgeneem?

Die program is omvattend, en sorgvuldig ontwerp en bied 'n verskeidenheid raakpunte om akademiese uitnemendheid en leierskap te ondersteun. Tot op hede het ek aan verskeie van die kernkomponente deelgeneem.

Leierskapsopleiding en -seminare: Dit het waardevolle perspektiewe gebied op akademiese leierskap in plaaslike, sowel as globale kontekste. Hierdie sessies, gelei deur senior akademici en denkleiers, het deelnemers uitgedaag om buite dissiplinêre silo's te dink en te besin oor wat dit beteken om vandag 'n leier in die akademie te wees.

Individuele akademiese en navorsingsmentorskap: Ek het die voorreg gehad om 'n senior akademiese mentor, sowel as 'n navoringsmentor te hê. Hulle insigte het my benadering tot akademiese produktiwiteit, publikasiestrategieë, en leierskapsontwikkeling, daadwerklik verryk.

Professionele afrigting: Vir my was dít een van die mees transformerende aspekte van die program. Die een-tot-een-afrigting het my sin van akademiese identiteit verskerp, veerkragtigheid in die aangesig van institusionele kompleksiteit ondersteun, en leiding gegee oor hoe om my loopbaan ten beste te bestuur: om doelgerig te werk, met impak.

Skryfwegbreke: As gevolg van werkverwante verpligtinge kon ek nog nie ten volle gebruik maak van die skryfwegbreke nie. Kollegas in my kohort wat dit bygewoon het, praat egter met groot lof van die fokus en produktiwiteit wat hierdie ruimtes moontlik maak. Ek beplan om in die tweede helfte van die jaar aan minstens twee van hierdie wegbreke deel te neem en voordeel te trek uit hierdie noodsaaklike komponent van die program.

Internasionale besoek: Ek het onlangs 'n verrykende akademiese besoek gebring aan die Universiteit van Illinois Urbana-Champaign (UIUC) as deel van die internasionale betrokkenheidskomponent. Hierdie ervaring het diepgaande betrokkendheid by toonaangewende internasionale akademici gefasiliteer, my navorsingsnetwerk is uitgebrei, en deure is oopgemaak vir potensiële samewerkingsprojekte in beide navorsing en nagraadse studieleiding.

Wat beteken dit vir jou, op 'n persoonlike en professionale vlak, om deel te wees van so 'n verrykende program?

Om deel te wees van die FPP is 'n uitsonderlike eer en 'n diepgaande bevestiging van beide my werk, én my potensiaal. Op 'n persoonlik vlak was dit 'n ruimte van aanmoediging, refleksie en bemagtiging. Dit het my akademiese missie herbevestig terwyl dit geleenthede gebied het om my doelwitte te verfyn en na 'n volgende vlak te neem binne 'n gemeenskap van soortgelyk gemotiveerde eweknieë.

Op 'n professionele vlak bied die program toegang tot 'n kruisdissiplinêre netwerk van hoogs presterende akademici, wat intellektuele uitruiling bevorder en groei en uitbreiding tot gevolg het. Dit stel ons in staat om betrokke te raak by die strukturele, pedagogiese, en etiese dimensies van hoër onderwys in Suid-Afrika en omstreke. Die DHOO se belegging deur middel van die Universiteits-kapasiteitsontwikkelingsprogram is 'n kragtige verklaring van nasionale voorneme om 'n kader van akademici te koester wat nie net uitstekende akademici is nie, maar ook transformerende leiers.

Vertel ons asseblief meer oor jou navorsing – dit blyk buitengewoon multidissiplinêr te wees?

Ja, my navorsing is inherent multidissiplinêr en geleë op die kruispunt van menslike fisiologie, farmaseutika, nanotegnologie, geneesmiddelaflewering, en biomediese ingenieurswese. Die hoofdoel is om gevorderde geneesmiddelafleweringsisteme te ontwerp en te optimaliseer wat nie slegs op wetenskaplike vlak robuust is nie, maar ook reageer op werklike gesondheidsuitdagings, veral in omgewings met min hulpbronne en in die globale Suide.

My werk oorspan innovasie, volhoubaarheid, gesondheidsgelykheid, en translasionele wetenskap, en vereis samewerking oor domeine soos materiaalwetenskap, kliniese geneeskunde, en openbare gesondheid. Hierdie integrerende benadering is van kardinale belang om die kompleksiteit van moderne biomediese uitdagings aan te pak – van die verbetering van terapeutiese doeltreffendheid tot beter pasiënt-uitkomste.

My besoek aan die UIUC het verder bygedra tot die verdieping van hierdie multidissiplinêre etos. Ek het die geleentheid gehad om te skakel met navorsers in die Departement Molekulêre en Integrerende Fisiologie, die Holonyak Mikro- & Nanotegnologielaboratorium, navorsers van die Carle Illinois Kollege van Geneeskunde, en die Departement Biomediese en Translasionele Wetenskappe. Hierdie interaksies was intelektueel stimulerend en het opwindende moontlikhede vir samewerkende navorsing en nagraadse opleidingsinisiatiewe oopgemaak.

Is daar enigiets wat jy – as hedendaagse navorser aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit – wil byvoeg?

Ons werk in 'n hoëronderwyslandskap wat tegelykertyd uitdagend is én onmeetbare potensiaal het. As Suid-Afrikaanse akademici word ons geroep om navorsing van wêreldgehalte te lewer, terwyl ons ook seker moet maak dat ons werk inklusief, transformerend, en geanker is in die realiteite van ons konteks.

Die FPP is 'n voorbeeld van hierdie tweeledige opdrag. Dit is méér as net 'n kapasiteitsbou-inisiatief; dit is visie vir 'n toekoms waarin Suid-Afrikaanse akademici op globale vlak lei en op plaaslike vlak dien. Dit bevorder die soort akademiese leierskap wat ons universiteite en ons land benodig om ons pad deur 'n vinnig veranderende wêreld te kan navigeer.

Op 'n tydstip waar globale ongelykhede steeds bepaal wie se kennis saakmaak en wie toegang tot geleenthede kry, is programme soos die FPP noodsaaklik. Dit help akademici van die globale Suide om met selfvertroue op die internasionale verhoog te staan terwyl hul steeds in diepe verbondenheid is met die gemeenskappe en instellings wat hulle dien.

US lewer talle finaliste vir 2025 NWTF/South32-toekennings | https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11252 | | US lewer talle finaliste vir 2025 NWTF/South32-toekennings | Corporate Communication and Marketing |
Die Universiteit Stellenbosch (US) sal weer eens, soos in die vorige jare, goed by die Nasionale
Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF)/South32 se toekennings vir 2024/2025 verteenwoordig wees, met nege finaliste wat om hierdie gesogte pryse meeding. Drie finaliste vanuit ander instellings wat aan die Universiteit* verbonde is, is nog 'n pluimpie vir die US. Die jaarlikse NWTF/South 32-toekenningsgeleentheid vind Donderdag, 31 Julie 2025 plaas.

Hierdie toekennings word as Suid-Afrika se “Wetenskap-Oscars" beskou. Dit gee erkenning aan en vier en beloon die uitmuntende bydraes van individue, spanne en organisasies vanuit die wetenskap-, ingenieurswese- en tegnologiegemeenskap in die land.

Die NWTF-toekenningsgala word gelyktydig in Kaapstad en Johannesburg gehou, terwyl 'n regstreekse stroomuitsending ook vir 'n aanlyn gehoor via die NWTF se YouTube-kanaal beskikbaar sal wees. Dr Blade Nzimande, die Minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie en die beskermheer van die toekennings, sal die voorsitter by die toekenningsgeleentheid wees.

Die mededingers sluit onder meer ervare wetenskaplikes, ingenieurs, innoveerders, wetenskapkommunikeerders, ingenieurskapasiteitsbouers, organisatoriese bestuurders en -leiers, asook data- en navorsingsbestuurders in.

Volgens die organiseerders is dit 'n besondere eer om 'n finalis te wees, gegewe die gehalte van die nominasies wat elke jaar ontvang word, die fel mededinging wat genomineerdes ondervind en die toenemende belangstelling vanuit die wetenskaps-, ingenieurswese- en tegnologiegemeenskap oor die jare.

Die US-finaliste (met hulle departement of omgewing) en die kategorieë waarin hulle sal meeding, is soos volg:

Prof Dave Richardson (Plant- en Dierkunde/Sentrum vir Indringerbiologie) en prof Mark Tomlinson ( Instituut vir Lewensloopgeson dheidsnavorsing, Departement Globale Gesondheid)

Toekenning vir lewenslange prestasie

Dr Yaseera Ismail en prof Yin-Zhe Ma (Departement Fisika)

TW Kambule-NWTF-toekenning vir navorsers: Aan 'n persoon wat bygedra het tot navorsing en die uitkomste daarvan – oor 'n tydperk van tot 15 jaar se navorsingswerk vanaf die aanvang van hulle navorsingsloopbaan, hoofsaaklik in Suid-Afrika.

Prof Shahida Moosa (Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika)

TW Kambule-NWTF-toekenning vir ontluikende navorsers: Aan 'n persoon wat bygedra het tot navorsing en die uitkomste daarvan – oor 'n tydperk van tot ses jaar se navorsingswerk vanaf die aanvang van hulle navorsingsloopbaan. Moosa is ook 'n finalis in die NWTF-SAMNR Klinikus-Wetenskaplike-kategorie.

Prof Leigh van den Heuvel (Departement Psigiatrie)

NWTF-SAMNR Klinikus-Wetenskaplike Toekenning

Wiida Fourie-Basson (Fakulteit Natuurwetenskappe)

Kommunikasietoekenning

Innovasie- en Kommersialiseringseenheid – Innovus, LaunchLab en Universiteit Stellenbosch Ondernemings

Innovasietoekenning: Korporatiewe Organisasie

Prof Francesco Petruccione (Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke/Nasionale Instituut vir Teoretiese en Rekenaarwetenskappe – NITheCS)

Spesiale Jaarlikse Tema-Toekenning: Kwantumwetenskap en -tegnologie

Prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie by die US, het die finaliste met hulle merkwaardige bydraes aan die wetenskap en innovasie gelukgewens. “Hulle toewyding en uitnemendheid verhoog voortdurend die Universiteit se reputasie en impak op die samelewing namate ons voortgaan om ons samelewings- en globale uitdagings aan te pak. Dit dien ook as erkenning vir ons belanghebbers, medewerkers, die regering, wetenskapsrade, gemeenskappe en befondsers vir hulle ondersteuning van die US se navorsing- en innovasie-inisiatiewe."

*Die volgende drie finaliste is aan die US verbonde, maar werk by ander instellings:

Prof Olaniyi Amos Fuwole (buitengewone professor in die Departement Voedselwetenskap) – TW Kambule: Navorsingstoekenning

Prof Stephanie Midgley (buitengewone medeprofessor in die Departement Hortologie – NWTF-LNR Toekenning

Marion Delport (navorsingsgenoot in die Departement Landbou-ekonomie) – Data vir Navorsingstoekenning

Prof Florian Luca op ʼn reis deur wiskundige grense | https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11247 | | Prof Florian Luca op ʼn reis deur wiskundige grense | Corporate Communication and Marketing |
Prof Florian Luca van die Departement Wiskunde in die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch het Dinsdag 27 Mei 2025 sy intreerede gelewer. Die titel van sy lesing was 'Die Skolem-landskap'. Klik hier vir die intreerede.

Luca het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gesels oor sy passie vir wiskunde en hoe sy navorsing oor getalleteorie op ons daaglikse lewens van toepassing is.

Vertel ons meer oor jou navorsing en waarom jy in hierdie spesifieke veld begin belangstel het.

Ek was van kleins af in wiskundige raaisels geïnteresseerd. Soos ek ouer geword het, het ek geleer daar is 'n paar tegnieke om sulke probleme aan te pak. As hoërskoolleerder het ek 'n mate van sukses met probleemoplossing behaal en het die Internasionale Wiskundige Olimpiade gehaal. So, ek voel ek doen steeds dieselfde tipe probleemoplossing as in my kinderjare, behalwe dat ek nou baie meer instrumente tot my beskikking het.

Hoe sou jy die relevansie van jou werk beskryf?

Soos enige wetenskaplike is die meeste van wat ek doen, van toepassing op die gemeenskap van geleerdes waarvan ek deel is. Ons doen almal ons bes om ons vakgebied te bevorder en die wiskunde wat ons bestudeer, beter te verstaan. Soms kan 'n klein deel van dít wat ons doen, op ander gebiede soos rekenaarwetenskap, kodering en kriptografie (die beveiliging van inligting deur kodes te gebruik om ongemagtigde toegang te voorkom) toegepas word.

Jou navorsing fokus op getalleteorie. Kan jy 'n paar maniere beskryf waarop dit op ons daaglikse lewens van toepassing is?

Getalleteorie gaan oor die vind van patrone in die see van getalle. Daar is byvoorbeeld baie interessante palindrome (getalle wat dieselfde van links na regs lees). Volgens 'n Tsjeggiese legende het die bou van die beroemde Karelsbrug in Praag op 9 Julie 1357 om 05:31 begin met die eerste baksteen wat deur koning Karel IV self gelê is. Daar is geglo dat die palindroom van die presiese tyd (1357 9/7 5:31) ekstra krag aan die konstruksie sou bring. In moderne tye word ons omring deur getalle van die ryaanwysings in die GPS tot prysverlagings in supermarkte. Om getalle te verstaan maak dus ons daaglikse lewens makliker.

Jy is die hoofondersoeker in die DynAMiCs-projek. Hoe dink jy dra dit by tot vooruitgang in wiskunde en rekenaarwetenskap?

Diskrete dinamiese stelsels deurdring die kwantitatiewe wetenskappe en lê in die kern van sentrale berekeningsuitdagings op 'n wye verskeidenheid gebiede, van programontleding en rekenaargesteunde verifikasie tot neurale netwerke en teoretiese biologie. Sulke stelsels is tipies eenvoudig om te beskryf, maar gee aanleiding tot 'n ryk algoritmiese en wiskundige teorie wat vol maklikgestelde en fassinerende oop probleme is. Een so 'n voorbeeld is die beroemde Skolem-probleem: Tref die wentelbaan van 'n gegewe lineêre dinamiese stelsel ooit 'n gegewe hipervlak? Die beslisbaarheid van hierdie vraag is 'n jare lange oop probleem wat byna 'n eeu terugstrek! Ons projek het ten doel om vordering te maak met sommige van hierdie moeilike probleme. Sommige gedeeltelike vordering word beskryf in my intreerede wat oor die Skolem-landskap handel.

Hoër onderwys kan uitdagend wees. Wat hou jou aan die gang wanneer dinge moeilik raak?

Die universiteitsgemeenskap. Ons is nie alleen nie. Ons het medewerkers, kollegas en studente. Ons doen navorsing, woon konferensies by, doseer, mentor studente en jong kollegas. Wanneer iets in een aspek moeilik raak, kan ons dalk daardie saak vir 'n rukkie op die agtergrond skuif en vir 'n tyd lank op 'n ander aspek konsentreer. Sodra ons daar vordering maak, kan ons met hernieude energie terugkom na die vorige uitdaging.

Watter aspekte van jou werk is vir jou die lekkerste?

Samewerking. Ek geniet dit om wiskundekonferensies by te woon en dan te luister na waarmee kollegas besig is, en meer oor hulle instrumente en prestasies te leer en te probeer om vordering op sekere gebiede te maak.

As iemand wat passievol is oor wiskunde, wat is jou boodskap aan jongmense wat dit dalk uitdagend of intimiderend vind?

Vind jou passie. Moenie die massa volg nie. Doen waarvan jy hou, selfs al lyk dit asof dit dalk nie die hoofstroom is nie. Wees goed voorbereid, maar wees oorspronklik.

Vertel ons iets opwindends oor jouself wat mense nie sou verwag nie.

Ek hou daarvan om na kaarte te kyk en fantastiese reise in my kop te beplan.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Ek geniet dit om tyd in die natuur deur te bring, te stap en minder bekende plekke te besoek.

Foto deur Ignus Dreyer.

Nuwe fluweelwurmspesie ’n eerste vir die Klein-Karoo | https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11231 | | Nuwe fluweelwurmspesie ’n eerste vir die Klein-Karoo | Wiida Fourie-Basson (Media: Faculty of Science) |
In Maart 2022 was Rohan Barnard, student aan die Universiteit Stellenbosch (US), op 'n plaas in die Swartberge tussen Calitzdorp en Oudtshoorn, besig om klippe om te dop op soek na miere, reptiele en ander gediertes, toe hy op die vonds van 'n leeftyd afkom!

Diep in die klam sand ingegrawe, onder 'n hoop ontbindende blare op die wal van 'n klein riviertjie, kry hy toe 'n pikswart fluweelwurm. Wetende hoe skaars fluweelwurms is, het hy een van hulle geneem en ook 'n foto daarvan op iNaturalist, die biodiversiteitswaarneming-app, geplaas.

“Ek het 'n basiese kennis van die Kaapse fluweelwurms gehad nadat ek in 2019 vir die eerste keer een op Tafelberg gekry het. My ouer broer was op daardie stadium besig om fluweelwurms te versamel vir 'n projek onder sy dierkundedosent, prof Savel Daniels. As mier-entoesias het ek hom met graagte hiermee gehelp," verduidelik Rohan, tans 'n derdejaar-BSc-student in Bewaringsekologie en Entomologie.

Fluweelwurms se herkoms dateer meer as 500 miljoen jaar terug, wat dit 'n lewende oorblyfsel van die Kambriese tydperk maak. Met hul sagte lyfies en gelede pote, het hierdie gediertetjies oor miljoene jare heen baie min verandering ondergaan en daarom staan hul as “lewende fossiele" bekend.

Min het Rohan toe geweet dat hy sopas 'n nuwe fluweelwurmspesie ontdek het, wat nou gepas bekend staan as: Rohan se fluweelwurm, of in wetenskapsterminologie, Peripatopsis barnardi.

Selfs nóg meer merkwaardig is die feit dat dit die eerste spesie verteenwoordig wat nog ooit in die Klein-Karoo gevind is. Dit dui daarop dat die gebied histories meer woudagtig was as wat tans die geval is. Met ander woorde, met prehistoriese klimaatsveranderinge en verdorring, het die spesie geïsoleer geraak en spesiasie ondergaan.

Volgens prof. Daniels, 'n evolusionêre bioloog van die US se Departement Plant- en Dierkunde en een van Suid-Afrika se voorste spesialiskenners van fluweelwurms, is dit uiters merkwaardig dat so 'n prehistoriese stamlyn vandag steeds bestaan. Nadat hy hierdie seldsame vonds op iNaturalist gesien het, het hy in Julie 2022 dieselfde gebied besoek en 'n paratipe en nog nege voorbeelde vir ontleding versamel.

Die resultate van sy ontleding, en die aankondiging van sewe nuwe fluweelwurmspesies, is onlangs in die vaktydskrif Ecology and Evolution gepubliseer. Daniels, die hoofouteur van die navorsingsartikel, sê Suid-Afrika se fluweelwurms word hoofsaaklik in prehistoriese Afrogematigde woudkolle gevind wat steeds in diep klowe van die Kaapse Plooiberge voorkom.

“Die oorsprong van hierdie woudkolle kan teruggevoer word na die vroeë Mioseen, byna 23 tot 15 miljoen jaar gelede toe die streek nog gematig en subtropies was. Gedurende die laat Mioseen het die streek egter beduidende klimaatsveranderinge ondergaan met 'n afname in reënval – 'n gevolg van die koms van die proto-Benguelastroom langs die Weskus, en twee geotektoniese verskuiwingsgebeurtenisse. Hierdie gebeurtenisse het veroorsaak dat 'n komplekse mosaïek van habitatverbindings en -isolasie gevorm het wat ons vandag ken as die Kaapse Plooiberge, en wat die spesiasie van habitatspesialiste soos fluweelwurms dryf," verduidelik hy.

Daniels het nuwe mitokondriale en kern-DNS volgordebepalingstegnieke, in kombinasie met morfologiese analise en skandeer- elektronmikroskopie (SEM), gebruik om te bepaal dat P. barnardi ongeveer 15,2 miljoen jaar gelede van sy mees onlangse gemeenskaplike voorouer weggebreek het. Nog 'n nuwe vonds in die Sederberge, P. cederbergiensis, se herkoms kon nagespeur word na 12,47 miljoen jaar gelede.

Daniels verwelkom die pogings van burgerlike wetenskaplikes om hul waarnemings op biodiversiteits-apps te deel: “Dis te dankte aan burgerlike wetenskaplikes se data dat ons die nuwe spesies kon identifiseer. Ons weet nou dat elke bergpiek van die Kaapse Plooiberge die tuiste van 'n endemiese spesie is. Dit dui daarop dat daar waarskynlik nog baie gebiede met nuwe diversiteit is wat net wag om ontdek te word."

Die belangrikste is egter dat dit beteken dat ons hierdie prehistoriese woudfragmente moet bewaar om uitsterwing te beperk.

Vir Rohan voel dit steeds onwerklik dat so 'n fossielagtige skepsel na hom vernoem is: “Dit is ongelooflik om te dink dat ek 'n lewende fossiel ontdek het. Dit is asof ek 'n vermiste skakel gevind het waarvan ons nie eers geweet het nie. Dit gee my hoop dat daar stééds soveel is om te ontdek. Maar dit maak my ook bekommerd oor die toekoms, dat ons plante en diere – waarvan ons nie eers weet nie – sal verloor as gevolg van uitsterwing," waarsku hy.

Die sewe nuwe spesies is: P. fernkloofi, P. jonkershoeki, P. kogelbergi, P. landroskoppie, P. limietbergi and P. palmeri. Benewens P. barnardi, is al die nuwe spesies na hul onderskeie plek van oorsprong vernoem.

Die resultate is gepubliseer in die artikel getiteld: “Perched on the plateau: speciation in a Cape Fold Mountain velvet worm clade" in Ecology and Evolution.

Hoekom is fluweelwurms so uniek?

Soos die onvernietigbare waterbere (Tardigrades), word moderne fluweelwurms beskou as 'n aparte lyn van evolusie (en in 'n afsonderlike filum geplaas) wat onafhanklik stam uit een of ander langvergete voorouer – waarskynlik die Hallicogenia. Fossiele toon dat fluweelwurms nie veel verander het sedert hulle ongeveer 540 miljoen jaar gelede van hul oerfamilielid af weggebreek het nie. Dit beteken dat Onycophorians (hul voorsate) op aarde geleef het sedert wat bekend staan as die Kambriese tydperk. Vandag leef moderne fluweelwurms op land en word slegs gevind in klam habitatte in gebiede wat oorspronklik deel van die antieke superkontinent Gondwana was.

Prof Karl Storbeck belig rol van steroïedhormone in menslike gesondheid en siekte | https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11219 | | Prof Karl Storbeck belig rol van steroïedhormone in menslike gesondheid en siekte | Corporate Communication and Marketing |
Prof Karl Storbeck van die Departement Biochemie in die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) het Dinsdag 20 Mei 2025 sy intreerede gelewer. Die titel van sy lesing was 'Benewens testosteroon: herbesinning oor androgeenbiologie in menslike gesondheid en siekte'.

Storbeck het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gesels oor hoe sy navorsing oor steroïedhormone ons begrip van hulle rol in gesondheid en siektes kan verbeter en help om beter diagnostiek en behandelingstrategieë te ontwikkel.

Vertel ons meer oor jou navorsing en waarom jy in hierdie spesifieke vakgebied begin belangstel het.

Ek was van kleins af aangetrokke tot wetenskap en het altyd geweet ek wil 'n loopbaan in navorsing volg. Ek het egter gedurende my laaste jare op hoërskool dit moeilik gevind om tussen my twee gunstelingvakke — biologie en chemie — te kies. My besluit het duidelik geword toe ek as 'n finalis in die Wetenskapolimpiade vir hoërskole 'n toekenningseremonie by die Universiteit van Pretoria bygewoon het, waar ek vir die eerste keer aan die vak Biochemie bekendgestel is. Dit was vir my duidelik dat hierdie vak 'n perfekte kombinasie van my belangstellings is en ek onthou duidelik ek het daar en dan besluit ek wou 'n PhD in Biochemie doen. Ek het gedurende my honneursjaar aan die Universiteit Stellenbosch met steroïedhormoonnavorsing kennis gemaak het, en dit het gou my groot liefde en die fokus van my wetenskaplike loopbaan geword.

Hoe sou jy die relevansie van jou werk beskryf?

My navorsing fokus op die biosintese en metabolisme van steroïedhormone, wat belangrike fisiologiese prosesse reguleer, insluitende metabolisme, immuunfunksie, die stresrespons en voortplantingsgesondheid. Steroïedhormone is dus nie net noodsaaklik in die regulering van fisiologiese funksie by gesonde individue nie, maar speel ook 'n rol in siektetoestande (spesifieke toestande waar die liggaam weens siekte of besering nie normaal funksioneer nie). My groep het 'n belangrike rol gespeel in die toeligting van die biosintese van 'n voorheen miskende klas adrenaal-afgeleide steroïedhormone, bekend as die 11-oksiegeneerde androgene, by mense. Deur 11-ketotestosteroon en 11-ketodihidrotestosteroon as kragtige androgene te identifiseer (hormone wat 'n sleutelrol in die ontwikkeling en instandhouding van manlike eienskappe en reproduktiewe gesondheid speel – ook gevind in vroue), het ons werk die lang gevestigde paradigma uitgedaag dat testosteroon en dihidrotestosteroon die enigste toepaslike androgene by mense is.

Ons bevindinge is wyd in die endokriene gemeenskap aanvaar en navorsing oor 11-oksiegeneerde androgene het aansienlik gegroei. Ons en ander het 11-oksiegeneerde androgene as rolspelers in verskeie siektetoestande, insluitende polisistiese ovariumsindroom ('n afwyking wat die werking van vroue se eierstokke beïnvloed), aangebore adrenale hiperplasie ('n groep genetiese afwykings wat die byniere — wat belangrike hormone produseer — beïnvloed), voortydige adrenarg (wanneer kinders vroeër as gewoonlik tekens van puberteit begin toon), en kastrasieweerstandige prostaatkanker ('n tipe prostaatkanker wat aanhou groei, selfs wanneer testosteroonvlakke baie laag of byna nul is) geïmpliseer. Deur die biosintese van hierdie steroïede en hulle rol in gesondheid en siektes te bestudeer, kan ons hierdie kennis gebruik om verbeterde diagnostiek en behandelingstrategieë te ontwikkel.

Hoe lig jou navorsing kastrasieweerstandige prostaatkanker en polisistiese ovariumsindroom toe?

Ons navorsing het aangedui dat die 11-oksiegeneerde androgene, wat voorheen oor die hoof gesien is, 'n beduidende rol in albei siektetoestande speel. Prostaatkanker is 'n androgeenafhanklike siekte en as sodanig is die primêre behandeling vir die siekte in 'n gevorderde stadium androgeenontnemingsterapie deur middel van fisiese of chemiese kastrasie. Terwyl die kanker goed op hierdie verlaging van sirkulerende testosteroon reageer, keer die siekte altyd in die vorm van kastrasieweerstandige prostaatkanker terug. Hier pas die gewasselle by die laer sirkulerende testosteroon aan deur ensimatiese masjinerie vry te stel (groep ensieme en verwante proteïene in die sel wat saamwerk om spesifieke biologiese prosesse uit te voer) wat hulle in staat stel om sirkulerende adrenaal-afgeleide androgeenvoorlopers na aktiewe androgene om te skakel wat die kanker se vordering dryf. Ons navorsing het getoon dat 11-oksiegeneerde androgene 'n groot bydra tot hierdie adrenaal-afgeleide androgeenpoel lewer en dat dit in ag geneem moet word wanneer toekomstige behandelingstrategieë oorweeg word.

Polisistiese ovariumsindroom (PCOS) is die algemeenste endokriene toestand wat vroue affekteer, met 'n voorkoms van 10%. Hoewel PCOS tradisioneel as 'n voortplantingsversteuring beskou word, is dit nou duidelik dat PCOS deur lewenslange metaboliese wanfunksie (probleme met hoe die liggaam energie verwerk en gebruik) gekenmerk word, insluitende verhoogde risiko van insulienweerstandigheid, tipe 2-diabetes, kardiovaskulêre siektes, dislipidemie (abnormale vlakke van lipiede of vette in die bloed) en metaboliese wanfunksie-geassosieerde steatolitiese ('n abnormale vetdeponering) lewersiekte. Hierdie verhoogde metaboliese risiko word deur die oortollige androgeenproduksie gedryf wat algemeen by vroue met PCOS voorkom. Die werk wat ons saam onder leiding van prof Wiebke Arlt by die MRC Laboratorium vir Geneeskundige Wetenskappe in die Verenigde Koninkryk gedoen het, het aangedui dat 11-oksiegeneerde androgene aansienlik tot die hiperandrogenisme (hoë vlakke van manlike hormone in die liggaam) bydra wat in PCOS waargeneem word en dat hierdie androgene waarskynlik tot die metaboliese wanfunksie bydra.

As jy 'n voorspelling moet waag, watter ontwikkelings sien jy op die gebied van steroïedhormoonnavorsing?

Vooruitgang in massaspektrometrie (wetenskaplike metode wat gebruik word om chemikalieë te identifiseer en te meet deur na hulle molekulêre gewig te kyk) het ons vermoë om steroïedhormone te kwantifiseer en te profileer heeltemal verander om die voorheen ongewaardeerde kompleksiteit van menslike steroïedbiosintese en metabolisme te onthul. Ons is besig om in samewerking met prof Jacky Snoep, ook van die US, berekeningsmodelle van menslike steroïedbiosintese te ontwikkel wat, wanneer dit met omvattende steroïedprofilering gekombineer word, reeds belowende voorspellende vermoëns toon. Ek verwag hierdie modelle sal as waardevolle hulpmiddels in navorsings- én kliniese omgewings dien. Prof Arlt het 'n sleutelrol gespeel om te toon hoe steroïedprofileringsdata doeltreffend met masjienleeralgoritmes vir diagnostiese toepassings gekoppel kan word. Namate hierdie tegnologieë aanhou ontwikkel, verwag ek dit sal 'n al hoe groter uitwerking op kliniese diagnostiek en die bevordering van verpersoonlikte geneeskunde hê.

Jy is al baie jare in die uitdagende omgewing van hoër onderwys. Wat hou jou gemotiveerd wanneer dinge moeilik raak?

Hoewel ek van nature 'n introvert is, het ek 'n groot waardering vir samewerking en spanwetenskap ontwikkel. Om deel te wees van 'n ondersteunende en intellektueel stimulerende span het gehelp om my in moeilike tye geanker en gemotiveerd te hou. Ek is ook ongelooflik gelukkig om die onwrikbare ondersteuning van kollegas, vriende en veral my vrou te hê — wat ek vermoed geen idee gehad het waarvoor sy haarself inlaat toe sy met 'n aspirant-akademikus getrou het nie. Om 'n stokperdjie soos landskapfotografie buite die akademie te hê, is ook van onskatbare waarde om my perspektief te behou en vir my geestesgesondheid.

Watter aspekte van jou werk geniet jy as leier van 'n navorsingsgroep die meeste?

My dryfveer is nuuskierigheid en 'n begeerte om te verstaan hoe dinge werk, so niks maak my meer opgewonde as wanneer my span of dié van my medewerkers nuwe data skep wat bespreking en ontdekking aanspoor nie — veral as dit iets is wat 'n bestaande paradigma uitdaag, aangesien ek iemand is wat daarvan hou om buite die boks te dink en gevestigde idees te bevraagteken. Om studente te kan mentor en hulle groei eerstehands as wetenskaplikes en mense te ervaar, is ook 'n uiters lonende deel van wat ek doen. Ten slotte, as iemand wat vas glo in spanwetenskap, was ek gelukkig om sinergistiese samewerking met kliniese endokrinoloë te bewerkstellig — en sodoende my fundamentele biochemiese insigte met hulle kliniese kundigheid te kombineer, wat navorsingsuitsette met nog 'n groter impak opgelewer het. Om by te dra tot navorsing wat ons help om die menslike liggaam te verstaan en insigte te verskaf wat pasiëntuitkomste in die toekoms sal verbeter, is 'n voorreg en die mees vervullende deel van wat ek doen.

Vertel ons iets opwindends oor jouself wat mense nie sou verwag nie.

Afgesien van die wetenskap is landskapfotografie my ander groot liefde. Ek is daarvoor bekend dat ek 03:00 in die môre voor werk Leeukop uitklim om die mis wat die stad binnerol, op kamera vas te lê of om tot in die vroeë oggendure wakker te bly om die Melkweg af te neem. Wanneer ander slegte weer vermy, sal ek en my fotografievriende dit juis aandurf. Ek is gelukkig dat een van my beste vriende 'n professionele landskapfotograaf is en ek maak dit 'n prioriteit om aan avonture deel te neem wanneer my skedule dit toelaat. Ek geniet dit veral om spesifieke skote te beplan wat ons op kamera wil vaslê wanneer toestande dit toelaat, aangesien dit — net soos 'n goeie uitslag in die laboratorium — uiters lonend is wanneer dit 'n werklikheid word.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

As 'n introvert hou ek daarvan om my batterye te herlaai deur tyd by die huis saam met my vrou en ons katkind deur te bring of in die natuur te wees, gewoonlik met my kamera in die hand. Ek is 'n toegewyde Formule 1-aanhanger, en wedrennaweke is vir my heilige uitspantyd. Fotografie bly 'n topprioriteit. Ek het ook al geleer dat selfs wanneer ek nie lus is om uit te gaan nie, dit altyd die moeite werd is om die proses te omarm, aangesien die verstandelike fokus wat nodig is, altyd help om my kop skoon te maak.

Foto deur Ignus Dreyer.

Strategiese aanstelling sal mikrobioomnavorsing by varswater monitering integreer | https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11216 | | Strategiese aanstelling sal mikrobioomnavorsing by varswater monitering integreer | Faculty of Science (media & communication) |
Die Universiteit Stellenbosch (US) se Prof. Thulani Makhalanyane is as ere-navorsingsgenoot aangestel by die Suid-Afrikaanse Insitituut vir Akwatiese Biodiversiteit van die Nasionale Navorsingstigting (SAIAB), 'n instituut wat internasionaal erkenning geniet vir hul werk op die selakant en ander skaars waterdiere.

Prof. Makhalanyane is aan die stuur van die US se Afrika-mikrobioomprojek wat wortels in die Departement Mikrobiologie en die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke het.

Hy sal veral kragte saamsnoer met die SAIAB se hoofwetenskaplike, Prof Albert Chakona, in 'n strategiese poging om mikrobioomnavorsing by akwatiese navorsing te ingegreer. Die aanstelling sal ook voorsiening maak vir 'n reeks gesamentlike navorsinginisiatiewe soos onder meer student-uitruilprogramme en raamwerke vir die deel van data.

Makhalanyane sê daar is reeds verskeie potensiële projekte op die tafel wat daarop fokus om die uitwerking van besoedeling op varswaterstelsels in die area te verstaan: “Ons is opgewonde oor die moontlikheid van 'n reeks samewerkingsprojekte. Ons span is byvoorbeeld nuuskierig oor die uitwerking wat afvalwatersuiweringsaanlegte op die ekologie van varswater het, en sal mikrobiome inspan om oor veranderings wag te hou. Hierdie tipe projekte is belangrik en sal help om gemeenskapsontwikkeling aan te dryf."

Volgens prof. Makhalanyane onderlê die Afrika-mikrobioom-groep se navorsing die “One Health" konsep wat erkenning gee aan die onderlinge verbondenheid tussen mense, diere, plante en hul omgewing. “Mikrobiale gemeenskappe speel lewensbelangrike rolle in beide ekosisteme, sowel as menslike gesondheid. Alhoewel die onderlinge verbondenheid tussen die omgewing en gesondheid toenemend erken word, het betreklik min studies tot nog toe op die sentrale rol van mikrobiome gefokus. Gevolglik skiet ons meganistiese insigte tekort oor hóé mikrobiese gemeenskappe oor ekosisteme heen funksioneer.

“Onlangse bewyse toon dat mikrobiome al die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte van die Verenigde Nasies onderlê. Dit is dus noodsaaklik om ons begrip van mikrobiese prosesse in beide natuurlike ekosisteme, asook gasheer-geassosieerde omgewings uit te brei," sluit hy af.

Nuwe dataset sal klimaatsneigings van riviervloei op globale skaal analiseer | https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11203 | | Nuwe dataset sal klimaatsneigings van riviervloei op globale skaal analiseer | School for Climate Studies (media) |
Met een van die grootste stroomvloei netwerke in die wêreld, is Suid-Afrika een van 30 lande wêreldwyd wat tot 'n globale datastel bygedra het om klimaatsgedrewe hidrologiese neigings op te spoor. Dié netwerke word deur Suid-Afrika se Departement Waterwese en die Suid-Afrikaanse Omgewingswaarnemingsnetwerk (SAEON) geadministreer.

Die datastel, wat onlangs bekend gestel is, word die “Reference Observatory of Basins for International hydrological climate change detection" of ROBIN genoem. Dit bevat riviervloeidata vir 2,386 meetstasies oor die wêreld heen binne natuurlike opvangsgebiede. Data van opvanggebiede wat relatief min deur menslike impakte versteur is, is belangrik vir pogings om klimaatgedrewe hidrologiese neigings op te spoor en ingeligte besluite te neem oor aanpassingstrategieë.

Die ROBIN datastel is nou vrylik beskikbaar hier. Bowendien is daar 'n nuwe toeganklike artikel wat die data beskryf en verduidelik hoe die netwerk en datastel ontwikkel is.

Dr Andrew Watson, 'n senior navorser in die Universiteit Stellenbosch se Skool vir Klimaatstudies, sê hulle het saam met SAEON gewerk om stroomvloeidata tot ROBIN by te dra: “SAEON het verskeie krities-belangrike waarnemingspunte wat weg is van mensgemaakte verspreidingsinfrastruktuur soos reservoirs, waterwerke, en besproeiing. Hierdie data sal gebruik kan word om die impakte en neigings van klimaatsverandering te analiseer," verduidelik hy.

'n Goeie voorbeeld van so 'n waarnemingspunt is by Jonkershoek net buite Stellenbosch – die Jonkershoekopvangebiede-eksperiment the Jonkershoek multiple catchment experiment is al sedert die 1930s aan die gang en is die oudste in Afrika en die langslopende eksperiment ter wêreld. 'n Mens kan selfs hier gaan kyk na die intydse data van SAEON se weerstasie op Dwarsberg. Die stroomvloeidata, wat met ROBIN gedeel is, word geargiveer en gestoor op die SAEON Data Portaal.

Die ROBIN inisiatief het in Maart 2022 afgeskop en word gelei deur die Verenigde Koninkryk se Sentrum vir Ekologie en Hidrologie (UKCEH). Dit bestaan vandag uit 'n span van internasionale spesialiste, insluitend meer as 60 organisasies vanaf 30 lande en oor vyf kontinente heen.

In 'n mediaverklaring wat deur die UKCEH uitgereik is, sê Prof. Peter Thorne van Maynooth Universiteit in Ierland dat die mees onlangste Assesseringsverslag van die Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering (IPCC) 'n lae vlak van vertroue gestel het in die patrone van waargenome veranderings in globale stroomvloeineigings: “Die gebrek aan vertroue hou verband met die relatiewe afwesigheid van riviere wat nie deur menslike faktore versteur is nie. ROBIN bied 'n datastel van lang-termyn, volhoubare metings van riviere wat grootliks onversteur is. Ons kan dus met heelwat meer vertroue enige seine optel wat verband hou met klimaatsverandering."

ROBIN verteenwoordig dus 'n aansienlike stap vorentoe in die beskikbaarbestelling van stroomvloeidata op 'n globale skaal. Die ROBIN datastel beskik ook oor die metadata van 3,060 meetstasies, insluitend diegene wat daaglikse vloeidata verskaf. Die meeste opmetings strek oor ten minste 40 jaar, en 'n paar dateer selfs vanaf die laat 19de eeu.

Volgens die mediaverklaring is die analise van neigings in riviervloei op globale vlak belangrik vir verskeie redes. Toekomstige IPCC assesserings en ander beleidsdokumente benodig hierdie data om beter te kan verstaan hoe klimaatsverandering riviervloei beïnvloed. Hidroloë en waterbestuurders moet weet wat die natuurlike fluktuasies in riviervloei is ten einde die impak van mensgemaakte versteurings, soos damme en onttrekkings, op te spoor.

Meer oor die datastel

ROBIN is 'n “oop wetenskap" inisiatief waar al die data en kodes gedeel word ten einde vennote en die wyer wetenskaplike gemeenskap toe te laat om analises te dupliseer. Die kodebiblioteek is hier beskikbaar.

Die ROBIN span het kwaliteitsbeheer oor die data data uitgeoefen voordat dit tot die datastel gevoeg is, en twee vlakke van datakwaliteit word toegepas om gebruikers te lei tot die toepaslike gebruik van die data.