Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​

Sodra jy jou graad gekry het, is jy deel van die alumnigemeenskap van die Universiteit Stellenbosch, sowel as van die Fakulteit Natuurwetenskappe. Ons wil graag, in samewerking met die kantoor vir Alumnibetrekkinge, met jou as alumnus kontak behou, weet waar jy werk, wat jy bereik. Ons wil jou op hoogte hou van wat in die Fakulteit gebeur deur middel van ons nuusbriewe en jou nooi na geleenthede. Ten einde ons in staat te stel om j​ou op hoogte te hou, moet jy asseblief gereeld jou persoonlike data aanlyn opdateer.

Ons is ook steeds jou intellektuele tuiste. Kom woon gerus die Fakulteit Natuurwetenskappe se gereelde Science Café by waar gesprekke oor hedendaagse wetenskaplike kwessies gevoer word in 'n nie-akademiese omgewing.

Jy kan ook die nuwe generasie wetenskaplikes wat 'n aktiewe rol sal speel in Suid-Afrika se groei en ontwikkeling, ondersteun deur 'n bydrae te maak tot die Fakulteit se Catalyst Fonds vir Natuurwetenskappe.

Bly ingelig en betrokke. Die Fakulteit Natuurwetenskappe is met reg trots op elke alumnus wat 'n verskil in sy of haar gemeenskap maak.​

Universiteit Stellenbosch Alumni Webwerf​​​


Nuusbriewe