Physiological Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Community_AFR_Nuwe logo copy.jpg

Strategiese doelwitte vir gemeenskapsinteraksie

Verhoogde betrokkenheid en teenwoordigheid in plaaslike, nasionale en internasionale gemeenskappe met die doel tot groter bewusmaking van die rol van Fisiologiese wetenskappe in die mens en sy omgewing. Die oorhoofse meganisme van gemeenskapinteraksie is gebasseer op die aanwending van wetenskaplike kundigheid (beide akademiese en navorsingskundigheid) as uitreiking na gemeenskappe (die breër publiek en verskeie ander wetenskapsfere).

'n Kern fokus van die departement berus op die ontwikkeling van jong mense (skoolkinders) deur middel van loopbaan bewusmaking tydens skoleskakelings, ope dae, winter week, en ander aanbiedings vir skole. Verder is die disseminasie van inligting aan die breër wetenskapsfeer, die algemene publiek via verskeie forums (uitsaai en geskrewe media, kongres aanbieding, wetenskaplike tydskrifte en boeke ens.) ook 'n kern fokus.

Huidige projekte

Eskom Expo vir jong wetenskaplikes, Stellenbosch Streeks kompetisie

Jong opkomende wetenskaplikes van die Weskaap Provinsie omgewing ding jaarliks mee aan die ESKOM Expo waarin die Departement verskeie personeel afvaardig om insette te lewer en op te tree as beoordeelaars.

US Lewenswetenskaplike uitreik

Hierdie inisiatief behels die aanbieding van praktiese sessies in Lewenswetenskap vir leerders in Graad 10-12 by die Lückhoff Sekondêre Skool in Idasvallei, Stellenbosch. Dit is gekonseptualiseer en ontwikkel deur personeel van die Departement Fisiologiese Wetenskappe, die Fakulteit Natuurwetenskappe, en die Departement Voedselwetenskap, die Fakulteit Landbouwetenskappe. Die primêre doelwitte is om: Hulpbronne en infrastruktuur hulp aan hierdie agtergeblewe en onderbenutte skool; die onderwysers te help met die konseptualisering, ontwikkeling en implementering van praktiese sessies, in ooreenstemming met die voorgeskrewe leerplan en die beskikbaarheid/voorsiening van bronne; en aanbieding en demonstrasie van praktiese werk om wetenskaplike leer en vaardigheidsontwikkeling te verbeter.

Die verwagte uitkomste en impak van die inisiatief is om Lewenswetenskapleerders toe te rus met 'n beter begrip van die onderwerpe, verbeter breër wetenskaplike vaardighede en ontwikkel spesifieke nuwe eksperimentele vaardighede. Verder om 'n passie vir biologie en 'n visie vir 'n toekomstige loopbaan in die veld in te koester, veral binne die sosiale omgewing van leerders uit minderbevoorregte gemeenskappe. Samevattend, leerders uit agtergeblewe agtergronde word blootgestel aan unieke praktiese opleiding en toekomstige geleenthede op die gebied van Lewenswetenskap en biologie, terwyl onderwysers addisionele hulp kry in nuwe en kreatiewe praktiese idees.

Community_02.jpg​​SU_Physiological_Sciences_PSSA_website copy.jpg