Physiological Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​Facilities_03_AFR_New logo copy.jpg

​Fisiologiese wetenskappe word in die Mike de Vries gebou (eerste vloer) gehuisves. Ons beskik oor 'n verskeidenheid voorgraadse en nagraadse laboratoria.

Molekulêre Fisiologie Laboratorium: Hierdie laboratorium is een van die department se sleutel laboratoriums. Beide voorgraads en nagraadse opleiding word hier gedoen. Ons beskik oor die nuutste aparaat waar student blootgestel word aan nuwe tegnieke en ook tegniekontwikkeling. 

Histologie Laboratorium: Hierdie laboratorium word hoofsaaklik vir die nagraadse opleiding aangewend. Hierdie afdeling spesialiseer in selkultuur en weefsels voorbereiding en kleuring vir vir mikroskopiese analises. 

Mikroskopie Laboratorium: Hierdie laboratorium word gebruik vir nagraadse navorsing en opleiding. Dit bevat ons Zeiss Axio Observer 7 fluoresserende mikroskoop. 

Menslike Oefeningslaboratium: Die laboratium word veral gebruik in voorgraadse sowel as nagraadse opleiding. Ondermeer word atlete van alles sportsoorte ook hier getoets vir spesifieke doeleindes. 

Sellulêre Fisiologie Laboratorium: Ons departmente se navorsing sentreer meesal rondom hierdie laboratorium. Die laboratium besit vier laminêre vloeikaste en verskeie incubators vir die kweek, analisering van selkultuurmonsters. 

Hematologie Laboratorium: Hierdie laboratorium word hoofsaaklik aangewend vir nagraadse ondersoeke na verskillende bloedfraksies en hoe dit deur verskillende siektes beïnvloed word. 

Fluoressensies mikroskopie-eenheid (Sentrale Analitiese Fasiliteite): Verskeie tegnologies gevroderde aparaat word hier gehuisves vir gebruik vir analises vir navorsings projekte. Die laboratrium word deur verskeie departemente gebruik en ook deur omliggende tersiêre instellings. 

Biopac Voorgraadse Laboratoria: Hierdie laboratoria word meesal gebruik vir voorgraadse opleiding in voorgraadse fisiologie praktikum. Ons department is een van die eerste Fisiologie departemente landwyd wat oorgeskakel het na hierdie meer moderne gerekenariseerde fisiologie praktikum. Studente word blootgestel aan nuwe tegnologie met interaktiewe programme wat hulle leer om 'n meer kritiese benadering tot die fisiologie te kyk.​​ 

Diere Fisiologie Laboratorium: Hierdie laboratorium word gebruik vir nagraadse navorsing wat die gebruik van diere insluit om sekere siektes te ondersoek.