Die
Fisika Departement aan die Universiteit Stellenbosch is navorsings
georiënteerd, met voorgraadse en honneurs kursusse so gestruktureer om hoë gehalte nagraadse studente te lewer. ‘n Aktiewe
en dinamiese navorsingsgroep verseker dat die US Fisika department as een van
die beste van sy soort in Suid-Afrika gevestig is. Navorsing by die department
kan in drie groepe verdeel word naamlik: Kernfisika, Teoretiese fisika
(Instituut vir Teoretiese Fisika) en Laserfisika (Laser Navorsings Instituut).
Die groot aantal publikasies van hoë
gehalte wat die department lewer, is getuienis van die hoë gehalte navorsing wat by die departement
plaasvind.