Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Fakulteit Natuurwetenskappe-nuus

Gevierde bio-inligtingskundige sluit by Universiteit Stellenbosch aan in stryd teen pandemieshttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8337Gevierde bio-inligtingskundige sluit by Universiteit Stellenbosch aan in stryd teen pandemiesCorporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking
Prof Tulio de Oliveira, die hoog wêreldbekende bio-inligtingskundige wat in Desember verlede jaar [2020] 'n nuwe variant van COVID-19 in Suid-Afrika geïdentifiseer het, sal 'n nuwe instituut by die Universiteit Stellenbosch (US) tot stand bring om epidemies en pandemies in Afrika en die globale suide te verstaan en te beheer.

Dít sal hy doen in sy hoedanigheid as professor in Bio-informatika aan die US se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke, ʼn pos wat hy sedert die begin van die maand [1 Julie 2021] beklee. Hy sal ook ten nouste met die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe sowel as Fakulteit Natuurwetenskappe saamwerk.

Prof De Oliveira is die direkteur van die navorsingseenheid KRISP (“KwaZulu-Natal Research Innovation and Sequencing Platform") aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN). Hy sal in sy pos by KRISP aanbly aangesien die US en UKZN samesprekings voer om die nuwe instituut gesamentlik te bedryf. Met die ultramoderne laboratoriumgeriewe en wetenskaplike kundigheid en vermoë van sowel KRISP as die US sal die multidissiplinêre span van die nuwe instituut 'n kernrol kan vervul om die openbare gesondheidsreaksie op die COVID-19-pandemie te ondersteun.

“Een van die Universiteit Stellenbosch se kern strategiese temas is doelgerigte vennootskappe en inklusiewe netwerke. Prof De Oliveira se aanstelling getuig van ons uitdruklike doelwit om op 'n multi-institusionele vlak saam te werk," sê prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die US.

“Deel van ons visie om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees is om kennis tot diens van die samelewing te bevorder. Met prof De Oliveira as deel van ons span is die Universiteit goed geplaas om 'n waardevolle bydrae tot die stryd teen die COVID-19-pandemie en ander epidemies in Afrika en die res van die wêreld te lewer, wat uiteindelik die ganse samelewing sal baat. Dit is 'n voorreg om 'n wetenskaplike van prof De Oliveira se stoffasie by die Universiteit te verwelkom."

Prof De Oliveira bestudeer reeds langer as 20 jaar virusuitbrekings soos MIV, hepatitis B en C, chikungunya, dengue, SARS-CoV-2, Zika en geelkoors. Hy het oor die 200 publikasies agter sy naam, waaronder meer as 30 in topvaktydskrifte soos Nature, Science, NEJM en Lancet. Sy identifisering van 'n nuwe variant van SARS-CoV-2 in Suid-Afrika – 501Y.V2, ook bekend as die Beta-variant – het tot die ontdekking van nuwe variante wêreldwyd gelei en wetenskaplikes se begrip van die doeltreffendheid van entstowwe verbeter.

Volgens prof De Oliveira het die nuwe instituut – wat voorlopig as die Sentrum vir Epidemiese Navorsing, Reaksie en Innovasie (SERI) bekend is – reeds twee aansienlike toekennings bekom om “hoëvlakwetenskap" moontlik te maak. 'n Toekenning van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) sal die Netwerk vir Genomiese Waarneming in die BRICS-lande (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) finansier, wat op COVID-genoomwaarneming in ál vyf nasies sal konsentreer. De Oliveira sal die hoofnavorser van hierdie netwerk wees.

Daarbenewens sal 'n toekenning van die Rockefeller-stigting finansiering voorsien vir genomikalaboratoriums wat meer as 10 000 COVID-genome vir meer as tien Afrikalande sal skep. SERI sal ook gasheer wees vir 100 genote van Afrikalande, wat in die ontwikkeling en ontleding van COVID-genoomdata opgelei sal word.

Samesprekings met 'n filantroop is tans aan die gang om SERI-kampusse by sowel die UKZN as US én moontlik ook by ander universiteite in Afrika tot stand te bring, sê De Oliveira.

Genomika vir Afrika

“Wat ons beoog, is die skepping van 'n multi-institusionele instituut, wat nie net 'n landwye voetspoor sal hê nie, maar ook as 'n gespesialiseerde genomikalaboratorium in Afrika sal funksioneer en die werk van die Afrikasentrum vir Siektebeheer en -voorkoming en die Wêreldgesondheidsorganisasie sal ondersteun om genomiese waarneming te versterk," verduidelik prof De Oliviera.

“Ons sal boonop ons navorsingsprogram uitbrei om baie van die afgeskeepte patogene in te sluit wat die Afrikavasteland raak."

Prof De Oliveira, wat ook bystand gebied het met die vestiging van die US se Sentrum vir Bio-informatika en Berekeningsbiologie, sien daarna uit om weer met die US saam te werk.

“Ek glo werklik die Universiteit Stellenbosch is moontlik die Suid-Afrikaanse universiteit wat die beste presteer. Ek is besonder beïndruk met hul fasiliteite, maar veral ook hul vlak van motivering en kundigheid. Die ontwikkeling van hierdie instituut saam met die US sal ongetwyfeld 'n groot stap in my wetenskaplike loopbaan wees," sê hy.

Hy voeg by dat verskeie nadoktorale en studenteposte reeds geadverteer is om sowel die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke as die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die US uit te brei.

Die US se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke, wat in 2019 bekend gestel is, is 'n wêreldklasinstelling vir datawetenskap en rekenaardenke ín en vír Afrika. Dit is betrokke by navorsingsamewerking tussen en oor dissiplines in ál tien die US se fakulteite. Dit omvat ook die hele akademiese projek, van voor- en nagraadse opleiding tot navorsing en spesialiskonsultasie. Daarbenewens verbind dit rolspelers in die regering, sakewêreld en die sektor sonder winsoogmerk in die soeke na grootdata-oplossings vir die uitdagings waarvoor Suid-Afrika tans staan.

“Ons is opgewonde dat een van ons land se beste wetenskaplikes hom by die Stellenbosch-familie aangesluit het," sê die US se Viserektor: Leer en Onderrig, prof Deresh Ramjugernath.

“Ek het die geleentheid gehad om destyds met prof De Oliveira te kon saamwerk om KRISP tot stand te bring, so ek het persoonlike ervaring van sy passie, energie en dryfkrag om dinge te laat gebeur. As 'n instelling, sien ons daarna uit dat hy as deel van 'n multi-, inter- en transdissiplinêre benadering met ons kollegas saamwerk om ons visie te verwesenlik om 'n wêreldwye impak op huidige en toekomstige epidemies en pandemies te hê."

Prof Kanshu Rajaratnam, direkteur van die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke, voeg by: “Prof De Oliveira se aanstelling wys hoe die US datawetenskap en rekenaardenke ín en vír Afrika uitbou. Sy visie vir SERI, en sy passie vir die ontwikkeling van die wetenskap en Afrikawetenskaplikes, sal die vasteland nog heelwat baat – nie net op die gebied van genomiese waarneming nie, maar ook vermoëbou in bio-informatika en datawetenskap. Dit hou voordele in vir die akademie én die bedryf, selfs op gebiede wat nié met die geneeskunde en gesondheidswetenskappe verband hou nie."

Prof Tulio de Oliveira se akademiese en professionele agtergrond

Prof Tulio de Oliveira het sy BSc aan die Federale Universiteit van Rio Grande do Sul (UFRGS), Brasilië, en sy MSc/PhD aan die Nelson R Mandela Fakulteit Geneeskunde, UKZN, verwerf. Hy was van 2004 tot 2006 'n Marie Curie-navorsingsgenoot aan die Universiteit van Oxford, en van 2015 tot 2019 'n Newton- gevorderde genoot aan die Wellcome Trust Sanger-instituut en die Universiteit van Edinburgh. Hy is in 2015 as professor by die UKZN aangestel, en in 2019 as medeprofessor in Globale Gesondheid aan die Universiteit van Washington, Seattle, Verenigde State.

Internasionale erkenning vir US-fisiolooghttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8306Internasionale erkenning vir US-fisioloogMedia & Communication, Faculty of Science
​Prof Kathy Myburgh, uitgelese professor en bekleër van die Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel in Integrale Skeletspier Fisiologie, Biologie en Biotegnologie by die Universiteit Stellenbosch, is onder 'n uitgesoekte groep fisioloë vanoor die wêreld wat tot Genote van die International Union for Physiological Sciences​​ (IUPS) verkies is.

Met drie voormalige Nobelpryswenners wat as eregenote verkies is, vorm die 30 Genote die intreelede van die nuutgestigte IUPS Akademie van Fisiologie.

Die IUPS, wat in 1889 gestig is, is die enigste organisasie om die fisiologiese wetenskappe op internasionale vlak te verteenwoordig. Tans is die nasionale fisiologiese verenigings van meer as 60 lande lede van dié unie.

Volgens 'n mediaverklaring wat deur die IUPS uitgereik is, is die Akademie van Fisiologie in 2021 gestig om fisioloë se belangrike bydraes tot wetenskap en gesondheid te vier. Hierdie eerste groep Genote is verkies op grond van hul “buitengewone bydraes tot die fisiologiese wetenskappe, in die vorm van oorspronklike navorsing of volgehoue uitstekende bydraes tot die vakgebied."

Prof Myburgh se navorsing in die Departement Fisiologiese Wetenskappe poog om die gaping te oorbrug​ tussen 'n in-diepte begrip van die biologiese effek van trauma, die gevolglike immuunresponse en prosesse wat spier-spesifieke stamselle behels. Hierdie biologie is onderliggend aan die welbekende herstelvermoë van spiere na beserings. In haar navorsingsgroep bestudeer nagraadse studente en nadoktorale genote die skeletspier op drie komplementerede vlakke: die hele liggaamsfisiologie van werklike mense, die sellulêre en molekulêre biologie van weefsel en selle in kulture, en biotegnologie vir manipulasie en herstel. Hierdie multi-gelaagde kombinasie van spesialisvelde is uniek in Suid-Afrika, en buitengewoon wêreldwyd.

Prof Myburgh sê sy voel werklik geëerd om op hierdie manier tot fisiologie as vakgebied by te dra: “Ek sien uit daarna om saam met hoogs gerespekteerde eweknieë te werk, waaronder diegene wat reusebydraes tot die vakgebied gemaak het."

In haar loopbaan het sy reeds verskeie​ wesenlike bydraes tot die vakgebied gemaak: “Die laaste hoofstuk van my doktorale tesis is al 312 keer aangehaal. Dit was die eerste aanduiding dat lae beendigtheid onderliggend is tot stressfrakture in andersins gesonde atlete," onthou sy.

Meer onlangs het haar navorsingsgroep bygedra tot die ontdekking dat sirkulerende selblasies as biologiese kommunikeerders tussen selle, weefsel en organe funksioneer: “Die eerste artikel van my navorsingsgroep oor hierdie onderwerp is sedert 2018 reeds 23 keer aangehaal. Op grond van dié artikel is ek uitgenooi om by te dra tot 'n riglyne-artikel wat die afgelope drie jaar reeds 1 967 keer aangehaal is. Ons is tans besig met nog meer komplekse werk: assessering van spierstamselle se samesmeltingsproses ('n proses wat nodig is vir spierherstel); asook evaluering van die genetiese vrag wat in selblasies en plasma gedra word nadat 'n spier beskadig is," verduidelik sy.

Prof Myburgh is 'n verkose lid van die Wetenskapsakademie van Suid-Afrika (Assaf) en 'n Genoot en Raadslid van die Suid-Afrikaanse Koninklike Vereniging. Sy het 'n lang geskiedenis in die Fisiologievereniging van Suid-Afrika as 'n gereelde deelnemer, twee termyne as president, en wenner van die Senior Navorser Toekenning vir Uitsekende Fisiologienavorsing, en meer onlangs, erelewenslidmaatskap. Oor die verloop van haar loopbaan is haar werk reeds meer as 6 000 keer aangehaal en spog sy met 'n H-indeks van 33.

Nog drie fisioloë vanaf Afrika is as Genote verkies. Hulle is prof Amal Saeed van die Universiteit van Khartoum in Soedan, prof Antony Ebeigbe van Nigirië en prof Gavin Norton van die Universiteit van die Witwatersrand.

Sinchrotron-kundigheid by Universiteit Stellenbosch gevestighttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8305Sinchrotron-kundigheid by Universiteit Stellenbosch gevestigMedia & Communication, Faculty of Science
Twee navorsers van die Universiteit Stellenbosch se Departement Biochemie, dr Anton Hamann en dr Blake Balcomb, is suksesvol as proteïen-kristallograwe opgelei danksy die Synchrotron Techniques for African Research and Technology (START) program.

Hulle was onder die meer as 80 navorsers van regoor Afrika wat voordeel getrek het uit 'n £ 3,7 miljoen toekenning deur die Verenigde Koninkryk se Wetenskaps- en tegnologiefasiliteitsraad se navorsingsfonds geoormerk vir globale uitdagings, ten einde sinchrotronkundigheid in Afrika te ontwikkel.

Benewens Antarktika, is Afrika tans die enigste kontinent ter wêreld wat nie oor sy eie sinchrotron-fasiliteit beskik nie. 'n Sinchrotron, wat 'n area so groot as ses rugbyvelde kan beslaan, gebruik kragtige magnete om elektrone in 'n vaste geslote kringpad  te versnel ten einde ligstrale te genereer wat miljarde keer helderder as die son is. Hierdie strale is gefokus, en word gerig na 'n eksperimentele stasie wat 'n straalpad genoem word en wat wetenskaplikes in staat stel om materiale op atoom- tot partikelvlak te kan bestudeer.

Prof Erick Strauss, 'n professor in die Departement Biochemie en medenavorser van die START-projek, sê dat die toegang tot die Diamond Light Source (DLS) –​ die VK se nasionale sinchrotron – sy groep in staat gestel het om kundigheid te verwerf waartoe hulle voorheen slegs toegang gehad het deur middel van samewerking met medewerkers.

“Deur middel van START kon ons die nodige infrastruktuur en kundigheid bymekaar sit om hierdie tipe navorsing hier in Suid-Afrika te doen. Hierdie belegging deur die VK se Wetenskaps- en tegnologiefasiliteitsraad het regtig vir ons vrugte afgewerp."

Dr Hamann, 'n nadoktorale genoot in prof Strauss se navorsingsgroep, spesialiseer in medisinale chemie, spesifiek op die ontwikkeling van nuwe  antibakteriële verbindings wat gebruik kan word teen die patogeen Staphylococcus aureus.  S. aureus wat berug is vir sy weerstandigheid teen baie van die eerste-linie-antibiotikas, is wêreldwyd verantwoordelik vir die meeste hospitaal- en gemeenskapsverworwe infeksies onder mense. Aan die tuisfront in Suid-Afrika, is veelvuldige-middelweerstandige S. aureus verantwoordelik vir meer as 50% van herhaalde hospitaalverworwe infeksies.

Te danke aan die GCRF START  se toelaag, het dr Hamann die geleentheid gehad om die XChem-fasiliteit by die VK se nasionale sinchrotron, die Diamond Light Source te besoek en te gebruik:  “Ek was in staat om X-straal-kristallografiese fragmentsiftingseksperimente uit te voer en is ook bekendgestel aan 'n nuwe veld van hoë deurvloeisifting waar die werksvloei byna ten volle outomaties is."

“Tot dusver het ek drie verskillende straalpaaie by Diamond gebruik om diffraksiedata te verkry van my S.aureus-proteïen kristalle, wat uiters waardevol vir my navorsing is. Ek het ook 'n CCP4 (Collaborative Computational Project Number 4) werksessie in York bygewoon, waar ek geleer het om die diffraksiedata te prosesseer ten einde die kristalstrukture op te los."

Die ingesamelde data van die opgeloste kristalstrukture sal aan dr Hamann die nodige inligting verskaf om sy soeke na nuwe antistafilokokkale verbindings te rig.

Dr Blake Balcomb, ook 'n nadoktorale genoot in prof Strauss se groep, sê die feit dat hy toegang tot Diamond se voorpunttegnologie gehad het, 'n beduidende impak op sy navorsing gehad het. Hy is ook dankbaar vir die praktiese opleiding wat hy ontvang het en dat hy kon deel word van 'n netwerk van spesialiste in Suid-Afrika, Afrika en die VK.

Dr Balcomb se navorsing fokus op die koppelvlak tussen die immuunrespons en die bakteriële patogene. Hy probeer spesifiek verstaan hoe bakteriële ensieme die aangebore immuunrespons weerstaan, wat dan die bakteriële patogeen in staat stel om te vermeerder en infeksie te veroorsaak. Deur van die Diamond Light Source gebruik te maak, het hy opwindende ontdekkings gemaak oor die wyse waarop hierdie ensieme werk en hoe ons potensieel met hierdie weerstandigheidsmeganisme kan inmeng. So 'n potensiële inmenging sal dan die liggaam se immuunstelsel in staat stel om die infeksies meer effektief te beveg.

Meer as 80 wetenskaplikes van Suid-Afrika, Lesotho, Kenia, Egipte, Zimbabwe, Tanzanië, Swaziland, Namibië, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Soedan het uit hierdie projek voordeel getrek. Altesaam het hulle meer as 50 navorsingsartikels gepubliseer en meer as 230 skofte in die Diamond sinchrotron-fasiliteit gewerk. In hierdie proses is ses operasionele kristallografielaboratoriums in Suid-Afrika gevestig.

Oor die GCRF START toelaag

Die GCRF START toelaag is 'n samewerkingsprojek wat poog om die ontwikkeling van Synchrotron Techniques for African Research and Technology (START) te bevorder. Dit bou vennootskappe tussen toonaangewende wetenskaplikes in Afrika en die VK wat saamwerk op die gebied van navorsing deur die gebruik van sinchrotron-wetenskap. Gefinansier deur die VK se Amptelike Ontwikkelingshulp se Navorsingsfonds vir Globale Uitdagings (GCRF), word die GCRF START toelaag gegee deur die Verenigde Koninkryk Navorsing en Innovasie, deur middel van Diamond-aandeelhouers (die Raad vir Wetenskap- en Tegnologiefasiliteite en die Wellcome Trust). Start se kern is die gemeenskap van mede-ondersoekers wat wêreldwyd toonaangewende werk in hulle onderskeie relevante wetenskapsdissiplines lewer. Hulle ondersteun 'n breër groep studente en nadoktorale navorsers wie se bydraes tot START van kardinale belang is om toekomstige kapasiteit en leierskap in die Afrika-wetenskaplike navorsingsgemeenskap te bevorder. Terwyl hulle eksperimente doen by die VK se sinchrotron, sal Diamond, START- navorsers en studente nuwe lig werp op volhoubare energie en die verbetering van gesondheid wat langdurende nalatenskappe regoor Afrika tot gevolg sal hê.

Meer oor die GCRF START toekenning: https://start-project.org/home/about/

​Op die foto bo, van links na regs, lugfoto van die Diamond Light Source Ltd op die Hartwell-kampus in die Verenigde Koninkryk. Beide dr Anton Hamann en dr Blake Balcomb het daar opleiding ontvang.​

Vergelyk appels met appels - nou selfs aan die binnekant - met X-straal-rekenaartomografie en 3D-beeldanalise https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8299Vergelyk appels met appels - nou selfs aan die binnekant - met X-straal-rekenaartomografie en 3D-beeldanalise E Els
Die 'Fuji' appelkultivar is ekonomies belangrik en is een van Suid-Afrika se mees gekweekte appelkultivars. Interne verbruining van hierdie appels tydens opberging is dus nie gewens nie.

'n Studie deur verskeie navorsers het geaffekteerde en ongeaffekteerde weefsel van 'Fuji'-appels analiseer na blootstelling aan 'n opbergingsatmosfeer met 0,1% O2 en 50% CO2 na 3 dae. X-straal CT-skandering kon mikro-strukturele inligting van porieë en selle gee, soos porositeit, lengte, bolvormigheid, konnektiwiteit, ekwivalente deursnee en anisotropie. 3D-beeldanalise het getoon dat vrugteweefsel wat verbruin het, laer porositeit en laer porieverbindings gehad het as gevolg van die vul van porieë met sellulêre vloeistowwe wat vrygestel is na die selbeskadiging wat veroorsaak word deur die hoë CO2 / lae O2-spanning.

Interne verbruining is in die kern van die vrugte gekonsentreer en het ontwikkel in 31% van die vrugte wat ontleed is - in verskillende grade van erns.

Die studie het indiepte inligting gegee oor die effek van korttermyn hoë CO2 / lae O2-spanningstoestande op die mikrostruktuurele eienskappe van Suid-Afrikaanse gekweekte 'Fuji'-appels. Dit het ook getoon dat die weefselmikrostruktuur die vatbaarheid van verskillende streke binne dieselfde vrug beïnvloed vir stresgeïnduseerde IB-simptome.

• Die artikel ' Use of X-ray computed tomography and 3D image analysis to characterize internal browning in 'Fuji' apples after exposure to CO2 stress' is in Scientia Horticulturae (277: 2021) gepubliseer en is aanlyn beskikbaar by https://www.sciencedirect.com/science/article/pii/S0304423820306683

Mediaversoeke:

Prof Anton du Plessis

E-pos: anton2@sun.ac.za

Waterverlies van granaatvrugte tydens opberging bestudeer met SEM en FMhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8272Waterverlies van granaatvrugte tydens opberging bestudeer met SEM en FME Els

Granaatvrugte verloor maklik vog, alhoewel dit 'n dik skil en 'n taai leeragtige vel het. Dit lei tot 'n verswakte visuele voorkoms en finansiële verlies, en in uiterste gevalle, na-oesverlies van aangetaste vrugte. 'n Studie is deur 'n span van SARChI Postharvest Technology by Universiteit Stellenbosch gedoen om strukturele veranderinge in mikro-krake, waspatrone en skilweefselfraksies te identifiseer en te karakteriseer om die tendense van waterverlies in granaatvrugte tydens opberging te verstaan.

Skandeer-elektronmikroskopie (SEM) by die SAF SEM-eenheid is gebruik vir mikro-ondersoek van oppervlakstrukture. Konfokale laserskandering is by die SAF Fluoressensie Mikroskopie (FM) -eenheid uitgevoer vir mikro-ondersoek van die wasagtige skil.

Verskeie strukturele kenmerke soos oppervlakopeninge en waspatrone is op die granaatskiloppervlak geïdentifiseer. Die skil dikte is dunner aan die kelk-punt van die vrug. Daar is ook groter lensvormige grootte, groter porositeit, sirkelvormigheid en rondheid aan die kelkpunt van die vrug. Dit maak die kelk-punt kwesbaarder vir waterverlies in vergelyking met die ekwatoriale en stam end streke.

Die studie stel 'n beheertegniek vir waterverlies voor wat die variasie in oppervlakopeninge van die verskillende streke in ag neem. Oppervlakwas en -bedekking kan geoptimaliseer word deur die strategies gedifferensieerde behandeling van die vrugoppervlak. Verswakte vrugte kan ook tot die minimum beperk word.

Die artikel ' Functional characterisation of lenticels, micro-cracks, wax patterns, peel tissue fractions and water loss of pomegranate fruit (cv. Wonderful) during storage ' is in Postharvest Biology and Technology (178: 2021) gepubliseer en is aanlyn beskikbaar by https://www.sciencedirect.com/science/article/abs/pii/S0925521421000788

Mediaversoeke:

M Frazenburg (SAF SEM-eenheid)

E-pos: mrfsem@sun.ac.za

UL Opara (outeur)

E-pos: opara@sun.ac.za​

Twee topstudente deel Fakulteit Natuurwetenskappe se dekaansmedalje https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8250Twee topstudente deel Fakulteit Natuurwetenskappe se dekaansmedalje Media & Communication, Faculty of Science
Die Fakulteit Natuurwetenskappe se 2019 dekaansmedalje vir volgehoue uitstekende akademiese prestasie word gedeel deur mnr. Fred de Villiers, 'n nagraadse student in toegepaste wiskunde, en me. Emma King, 'n nagraadse student in kwantumfisika.

Die medalje wat in soliede silwer geset is, word jaarliks toegeken aan 'n honneursstudent wat die hoogste gemiddelde persentasie oor beide die BSc- en die BSc- honneursprogram behaal het. Emma het 'n gemiddelde persentasie van 87,18% behaal met onderskeidings in 36 van haar 40 vakke. Fred het 'n gemiddeld van 87,75% behaal met onderskeidings in 34 van sy totale 37 vakke.

Prof Louise Warnich, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, sê alhoewel die Fakulteit gewoonlik slegs een medalje toeken, moes ons 'n uitsondering maak vir hierdie twee uitsonderlike studente. By die oorhandiging van die medaljes op Woensdag 9 Junie, het sy ook aan elkeen 'n kopie van die Fakulteit Natuurwetenskappe se eeufeesboek, 'n Besonderse denkwyse. Universiteit Stellenbosch, Fakulteit Natuurwetenskappe, 1918-2018, oorhandig.

Fred, wat in Pretoria grootgeword het, sê 'n onkonvensionele beroeps- en studiepad het hom geleer watter tipe probleme hy van hou om op te los. Hy het matriek as 'n deeltydse kandidaat geskryf en wiskunde gedruip met die eerste probeerslag. Voordat hy vir 'n BSc-graad in toegepaste wiskunde ingeskryf het, het hy in 'n hospitaal se ongevalle- en noodeenheid as klerk gewerk: “Die eienaar van die praktyk het my baie geleenthede gebied om nuwe vaardighede aan te leer en nuwe verantwoordelikhede op te neem. 'n Paar jaar later het ons selfs 'n klein maatskappy  saam begin wat praktykbestuursdienste aan ander mediese praktyke gebied het."

“My gunstelingprojekte was dié waar ek eenvoudige wiskundige en statistiese modelle moes ontwikkel ten einde ons besigheidsprosesse te verbeter om ons pasiënte meer effektief te kon help. Gelukkig kon ek my graadstudie betaal deur aan te hou om saans en tussen klasse deeltyds van die huis af te werk."

Hy sê die werkservaring het beteken dat hy die verband kon insien tussen teoretiese konsepte wat hy in die klas geleer het en die konkrete probleme waarmee hy in die praktyk gekonfronteer is: “Deur bewus te wees van die direkte relevansie van my kursusse, was dit makliker  om die inhoud te verwerk en gemotiveerd te bly."

Sy navorsing fokus tans op 'n area van masjienleer wat bekend staan as versterkingsleer: “Dit is 'n rekenaarbenadering waarin 'n outonome agent leer om take uit te voer deur sy interaksie met die omgewing. Anders as by leer onder toesig, leer die agent uit sy eie ervaring sonder die hulp van gemerkte voorbeelde of ekspert domeinkennis. My navorsing verken hoe meer gesofistikeerde interne verteenwoordigings wat prosesse soos nuuskierigheid en geheue naboots, die agent kan help om meer suksesvol in onbekende omgewings te wees (wat nog nie voorheen gesien is nie)," verduidelik hy.

Emma het in Kaapstad grootgeword en in 2015 aan Elkanah House High School gematrikuleer. Alhoewel sy aanvanklik vir 'n BSc-graad in wiskundige wetenskappe ingeskryf het, het fisika haar teen die einde van haar tweede jaar meer begin interesseer: “Op daardie tydstip was daar nie 'n spesifieke aspek van fisika wat my die meeste interesseer het nie. Dit was meer 'n geval van ek wat al hoe meer belang gestel het in die vele onontginde vrae en gefassineer is deur die feit dat eenvoudige en elegante teorieë gebruik kon word om komplekse natuurlike verskynsels te beskryf. En die fisika-dosente het my ook geïnspireer."

Haar navorsing in teoretiese fisika fokus op die effek wat temperatuurvariasies het op die dinamika van oop kwantumstelsels in die nabyheid van kwantumkritieke punte. Hierdie werk kan relevant wees vir toepassings soos adiabatiese kwantumberekening.

Emma is ook betrokke by sendingwerk en hoop om eendag haar vaardighede en kundigheid te gebruik om tersiêre onderwys in Afrika te bevorder.

Wêreldoseanedag: Ons moet ons oseane koester en bewaar https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8233Wêreldoseanedag: Ons moet ons oseane koester en bewaar Sophie von der Heyden

Dinsdag 8 Junie was Wêreldoseanedag. In ʼn meningsartikel vir News24 skryf prof Sophie von der Heyden (Departement Plant- en Dierkunde) dat ons die oseane nou meer as ooit moet koester en bewaar want daarsonder sal daar geen lewe wees nie.

Lees die gedeeltelik vertaalde weergawe van die artikel hier onder.

Wêreldoseanedag: Ons moet ons oseane koester en bewaar

Sophie von der Heyden*

Daar was 'n kollektiewe snak na asem, gevolg deur ongeloof toe president Cyril Ramaphosa in Desember 2020 die sluiting van strande aangekondig het as 'n voorkomende maatreël teen COVID-19. Dit het baie Suid-Afrikaners diep geraak vir wie Kersfees en Nuwejaar ook sinoniem met die strand is – 'n tyd om hul voete in die sand te steek, om die vars lug in te asem en om in die oseaan af te koel. Die oseane verryk baie mense se lewens vir meer as net 'n besoek aan die strand, dog is daar nog soveel wat ons nie van die wêreld se oseane, veral die dieper en meer afgeleë dele, verstaan nie.

Die kusstreke van Suid-Afrika het een van die uiteenlopendste versamelings seestroom- en temperatuurpatrone wat strek van die koue oseaan van die Weskus tot by die warmer waters van die Ooskus bo-oor twee oseaankomme, die Atlantiese en die Indiese oseane. Só 'n samekoms van twee groot oseaanstelsels kom nêrens elders op aarde voor nie en is die teelaarde vir 'n ongelooflike diversiteit van plante en diere, waarvan baie net aan ons kuslyn gevind kan word.

Tot op hede is meer as 12 000 spesies van die streek reeds beskryf, met baie daarvan wat net in Suid-Afrika voorkom. Daar is baie verskillende tipes habitats langs die kuslyn van sowat 2 800 km, insluitende sand- en rotskuslyne, asook onderwater-seebamboeswoude, rotsbanke, seegraslande en wortelboomwoude. Elkeen van hierdie stelsels speel 'n belangrike rol om 'n diens te verskaf – nie net aan biodiversiteit nie, maar ook aan die mens. Dit sluit in klimaatsregulering, die absorbering van oormatige koolsuurgas uit die atmosfeer om dit dan by marineneerslae in te sluit, asook voedselverskaffing aan baie mense in die streek.

Daar is in Suid-Afrika verskeie vlakke van die oes van voedsel uit die oseaan, wat strek van bestaans- en kleinskaalse vissers tot uitgebreide handelsbedrywighede. Daar is na raming tussen 25 000 en 30 000 kleinskaalse vissers alleen en amper 500 000 ontspanningshengelaars. Hoewel dit na 'n klein gedeelte van die algemene bevolking mag lyk, onderhou baie van hierdie vissers uitgebreide families wat dikwels in gemeenskappe woon waar daar min werksgeleenthede of ander lewensonderhoudende bronne van inkomste is.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die tema van vanjaar se Wêreldoseanedag (8 Junie), The Ocean: Life and Livelihoods, so belangrik is. Dit vier die verbintenis tussen mense en die oseane. Volgens die Verenigde Nasies is die doel van Wêreldoseanedag om “die publiek in te lig oor die uitwerking van menslike aksies op die oseaan, om 'n wêreldwye beweging van burgers vir die oseaan aan die gang te sit en om die wêreldbevolking in 'n projek vir die volhoubare bestuur van die wêreld se oseane te mobiliseer en te verenig". Dit is uiters noodsaaklik om bewustheid te skep oor presies hoeveel marinestelsels deel van ons alledaagse lewe is, asook oor die waarde van die oseane om menslike welstand te verryk. Sonder ons oseane sal daar geen lewe wees nie.

As ons na die toekoms kyk en wanneer ons Wêreldoseane dag vier, is dit 'n geleë tyd om onsself van voor af met die wonders wat ons reg hier by ons het, te verbind en om die rykheid, skoonheid en selfs die dienste wat deur die marine-omgewing verskaf word en wat uniek aan Suid-Afrika is, te vier.

Klik hier om die res van die artikel soos geplaas te lees.

*Sophie von der Heyden is medeprofessor in Marinegenomika en -bewaring in die departement Plant- en Dierkunde aan die Universiteit  Stellenbosch.

Grys walvis stel nuwe afstandsrekord ophttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8234Grys walvis stel nuwe afstandsrekord opMedia & Communication, Faculty of Science
In Mei 2013 het mariene bioloë verstom gestaan oor die nuus dat 'n grys walvis vir die eerste keer ooit suid van die ewenaar aan die kus van Walvisbaai in Namibië waargeneem is.

Was hierdie walvis moontlik 'n oorblyfsel van 'n Atlantiese bevolking wat volgens vermoede al lankal tot uitwissing gejag is? Die laaste waarneming van 'n grys walvis was klaarblyklik in die 1740s. Of was dit 'n aanduiding van die begin van 'n nuwe bevolking in dié area?

Nou het navorsers verbonde aan die Durham Universiteit in die Verenigde Koninkryk (VK) en die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika (SA), dié alleenlopende grys walvis se geboorteplek as die Noordelike Stille Oseaan geïdentifiseer. Hul bevindings is vandag (9 Junie 2021) in die vaktydskrif Biology Letters gepubliseer.

Terwyl grys walvisse daarvoor bekend is dat hulle van die wêreld se langste migrasies onderneem, het hierdie Namibiese grys walvis elke rekord in die boek gebreek deur 'n beraamde 27 000 km vanaf sy geboorteplek te reis – bykans halfpad rondom die wêreld.

Prof Rus Hoelzel, 'n evolusionêre bioloog van die Durham Universiteit en hoofouteur van die artikel, het die volgordebepaling van die hele genoom van die walvis gedoen ten einde die uitdaging van sy herkomsbepaling te kon oorkom: “Dit identifiseer sy geboorteplek onomwonde  as die Noordelike Stille Oseaan. Wat ons egter nié weet nie, is of hierdie merkwaardige lang migrasie slegs 'n toevallige rondlopery is, en of sy voorkoms in die Atlantiese Oseaan 'n voedingsuitstappie verteenwoordig, wat moontlik gemaak is deur 'n deurgang deur Arktiese pakys."

Vroeg in die negentiende eeu is grys walvisse rondom Korea en Japan bykans tot uitwissing gejag, maar die bevolking in die oostelike deel van die Noordelike Stille Oseaan was minder erg daardeur geraak. In die Atlantiese Oseaan is die geskiedenis nog onduidelik, maar daar is fossielrekords wat uit die pleistoseen dateer, voeg hy by.

Mede-outeur en bioinformatikus Fatih Sarigol, ook van die VK, sê hulle sou verkies het om met meer as een monster te werk, of om só 'n migrasie met 'n GPS-opsporingstoestel te dokumeteer: “Niemand kon voorsien dat hierdie walvis die Suid-Atlantiese Oseaan sou besoek nie. Vir sulke onverwagse geleenthede in die wetenskap moes ons van buitengewone metodes gebruik maak om sy herkoms te kon vasstel."

Dr Simon Elwen en Dr Tess Gridley, direkteure van die Namibiese Dolfynprojek en navorsingsgenote in die Departement Plant- en Dierkunde by die Universiteit Stellenbosch, sê hulle het dadelik geweet dat hierdie waarneming 'n ongewone gebeurtenis was: “Gedurende die twee maande wat die walvis in Walvisbaai gebly het, het ons so veel as moontlik inligting ingesamel. Dit het die neem van genetiese monsters behels, asook gedetailleerde foto's, aangesien grys walvisse op grond van hulle merke geïdentifiseer kan word."

Hulle het geweet dat die genetiese materiaal hulle sou help om vas te stel van watter bevolking die walvis vandaan kom, en hoe ver dit gekom het. Tot dusver het die foto-identifikasie van die grys walvis nog geen passing opgelewer nie.

Volgens die navorsers het die waarneming in die Suid-Atlantiese Oseaan, in kombinasie met 'n handvol ander waarnemings in die Noord-Atlantiese Oseaan oor die afgelope dekade, aangedui dat die spesie aan die beweeg is.

Migrasie van grys walvisse van die Stille Oseaan-bevolking kan ook toegeskryf word aan menslike bedrywighede: “Ons glo dat die mees waarskynlike reisroete van die Namibiese walvis, via die Arktiese Oseaan was, 'n deurgang wat slegs moontlik gemaak is as gevolg van die afname in ysvloei wat toegeskryf kan word aan klimaatsverandering in onlangse jare."

Die artikel, “Natal origin of Namibian grey whale implies new distance record for in-water migration", is op 9 Junie 2021 in Biology Letters gepubliseer.

Dit is aanlyn beskikbaar by https://royalsocietypublishing.org/journal/rsbl

Perslêer hier beskikbaar:

https://drive.google.com/drive/folders/1RRBJPNvXFayRSxbWzxyGRO_hrOpujNGH?usp=sharing

Meer oor die Namibiese Dolfynprojek

Die Namibiese Dolfynprojek is 'n navorsings- en bewaringsprojek wat in Walvisbaai en Lüderitz in Namibië werksaam is. Dit word bestuur as deel van die Sea Search niewinsgewende navorsings- en bewaringsgroep en betrek wetenskaplikes en spesialiste van verskeie Suid-Afrikaanse en insternasionale universiteite en institute. Belangstellende studente kan 'n internskap by die Namibiese Dolfynprojek en Sea Search doen ten einde belangrike veldwerkvaardighede aan te leer.

Meer oor die Universiteit Stellenbosch

Die Universiteit Stellenbosch is een van Suid-Afrika se toonaangewende tersiêre instellings wat gegrond is op navorinsingsuitsette, studentesukseskoers en geëvalueerde wetenskaplikes. Dit word internasionaal erken as 'n akademiese instelling van uitnemendheid. As navorsingsvennoot van keuse, is die Universiteit Stellenbosch deel van verskeie internasionale akademiese netwerke.

http://www.sun.ac.za/english

Meer oor Durham Universiteit

Durham Universiteit is een van die wêreld se toonaangewende universiteite wat 86ste op die QS Ranglys van Universiteite lê. In die Verenigde Koningkryk is Durham vierde geplaas op die Guardian University Guide. Dit is 'n universiteitskollege wat bestaan uit vier fakulteite, 26 departemente of skole en 17 kolleges. Daar is meer as 4 300 personeellede en 20 000 studente. Dit is die derde oudste universiteit in Engeland en is in die historiese dorp, Durham geleë.

​​Media-onderhoude

Dr Simon Elwen

Mededirekteur van die Namibia Dolphin Project/Sea Search en navorsingsgenoot, Departement Plant- en Dierkunde, Universiteit Stellenbosch

E-pos: nam.dolphin.project@gmail.com

Sel: +27(0)71 1395 951

Landlyn: +27 (0) 21 788 1206

Dr Tess Gridley

Mededirekteur van die Namibia Dolphin Project/Sea Search

E-pos: nam.dolphin.project@gmail.com

Sel: +27(0)79 429 2702

Landlyn : +27 (0) 21 788 1206

Prof Rus Hoelzel

Departement van Biowetenskappe, Durham Universiteit

E-pos: a.r.hoelzel@durham.ac.uk

Foto: S. Golaski

Navorsing oor indringerbiologie is grondslag vir SA se stryd teen indringers https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8230Navorsing oor indringerbiologie is grondslag vir SA se stryd teen indringers Media & Communication, Faculty of Science
Die navorsing wat deur instellings soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Biodiversiteit (SANBI) en die DWI/NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie (SIB) by die Universiteit Stellenbosch Universiteit gedoen word, vorm die grondslag vir Suid-Afrika se stryd teen biologiese indringers.

By die onlangse bekendstelling van die tweede amptelike verslag oor biologiese indringers het die minister van bosbou, visserye en die omgewing, me Barbara Creecy, gesê die stand-van-sake-verslag  “het 'n uitstekende  grondslag gelê waarop 'n omvattende moniterings- en verslaggewingsprogram gebou kan word, wat navorsing en implementeringsaksies kan rig".

Die verslag, getiteld: “Status of Biological Invasions and their Management in South Africa", is op 28 Mei 2021 tydens 'n mediakonferensie by die Kirstenbosch Botaniese Tuine in Kaapstad bekend gestel.

SANBI se waarnemende hoof- uitvoerende beampte, me Carmel Mbizvo, het in haar verwelkomingstoespraak beklemtoon dat daar wêreldwyd baie min verslae is wat so 'n omvattende dekking van die veld van biologiese indringers op 'n nasionale vlak gee.

Die hoofouteurs van die verslag, dr Tsungai Zengeya en prof John Wilson, beide verbonde aan SANBI en die SIB, het die 36 kundiges van 16 organisasies bedank vir hulle bydraes ten opsigte van tyd en hulpbronne ten einde die verslag te kon saamstel en finaliseer. Klik hier om na hulle voorlegging van die hoofbevindings van die verslag te luister.

Prof Dave Richardson, direkteur van die Sentrum vir Indringerbiologie, sê hulle werk ten nouste saam met SANBI en verskeie ander vennote om die kernuitdagings wat met biologiese indringings in Suid-Afrika gepaard gaan, te oorkom: “Die SIB se bydraes tot die stand-van-sake-verslag vorm 'n belangrike deel van ons bydrae tot nasionale beleid. Dit sluit byvoorbeeld verslaggewing oor die status van indringers, sowel as die moontlike intervensies om hierdie indringings die hoof te bied, in."

Die verslag verskaf inligting oor 1 880 spesies wat uitheems tot Suid-Afrika is (15% meer spesies as in die vorige verslag wat elke drie jaar saamgestel word), waarvan ongeveer 'n derde as indringers beskou word. Biologiese indringing word tans as die derde grootste bedreiging vir Suid-Afrika se biodiversiteit beskou - naas landboupraktyke en grondagteruitgang - en is vir 25% van alle biodiversiteitsverlies verantwoordelik.

Ander betekenisvolle bevindings is:

Huidige skattings raam die ekologiese koste verbonde aan indringer- uitheemse plante en diere, op meer as R6,5 miljard per jaar. Dit sluit byvoorbeeld 'n afname in ekosisteemdienste soos water en weiding in, en in terme van die landbou - indringerpeste en -plae.

Indringerbome gebruik jaarliks 3-5% van Suid-Afrika se afloop-oppervlakwater, 'n ernstige probleem in 'n land wat alreeds waterskaars is en wat toenemend geneig is tot droogte. Daar is bereken dat Dag Zero in Kaapstad met 60 dae vervroeg is, te wyte aan indringerbome wat water opslurp. 'n Soortelyke impak word ook in ander droogtegeteisterde gebiede soos in die Oos-Kaap waargeneem.

Indringerbome verhoog die risiko, asook die intensiteit van veldbrande, aangesien sodanige indringerplante 15% meer brandstof bied vir die aanvuur van brande. Gevolglik brand sulke vure by 'n hoër temperatuur en is dit moeiliker om te beheer.

Nuwe uitheemse spesies word steeds jaarliks in Suid-Afrika ingebring. 'n Opmerklike voorbeeld hiervan is die stompkopkewer wat alreeds duisende bome in Suid-Afrika laat vrek het. Hierdie kewer en sy gepaardgaande fungus blyk een van die mees skadelike en duurste biologiese indringers te wees waarmee ons land tans gekonfronteer word.

Klik hier om Minister Barbara Creecy se toespraak te lees.

Klik hier  om die verslag te bekom: The Status of Biological Invasions and Their Management in South Africa

Op die foto bo, hoofskrywers dr Tsungai Zengeya en prof John Wilson deel die verhoog met Minister Barbara Creecy en die waarnemende hoof uitvoerende beampte van SANBI, Carmel Mbvizo, en Prof Dave Richardson, direkteur van die Sentrum vir Indringerbiology by die US. Foto: Wiida Basson

US Mikrobiologie-studente skitter by SAVM-konferensiehttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8200US Mikrobiologie-studente skitter by SAVM-konferensieMedia & Communication, Faculty of Science
Drie nagraadse studente in die Departement Mikrobiologie by die Universiteit Stellenbosch (US) het toekennings ontvang by die aanlynkonferensie  van die Suid-Afikaanse Vereniging vir Mikrobiologie wat van 4 tot 6 Mei 2021 gehou is.

Dominique Rocher het die prys vir die beste mondelinge aanbieding gewen vir haar praatjie oor die genetiese modifikasie van die gis, Saccharomyces cerevisiae, vir die hidrolise van laminarien uit bruin makroalge. Haar navorsing wat sy vir haar HonneursBSc-projek gedoen het, het getoon dat seewier wat met ensieme behandel word, waardevolle komponente soos suikers vrystel, wat weer in die produksie van bio-etanol gebruik kan word. Die werk is vroeër vanjaar in die vaktydskrif Algal Research gepubliseer. Dominique, wat onder die studieleiding van Prof Marinda Viljoen-Bloom werk, neem tans aan the JICA-program in Omgewingswetenskappe by die Tsukuba Universiteit in Japan deel en sal haar navorsing oor die hidrolise van makroalge voortsit wanneer sy na die US terugkeer.

Caylin Bosch, 'n PhD-student in Prof Alf Botha se laboratorium, was een van die naaswenners in die mondelinge voordrag-kategorie. Haar praatjie het gehandel oor haar navorsing op die transkriptomiese reaksie van die opportunistiese patogene gis, Cryptococcus neoformans, by lae stikstofvlakke. Sy het bevind dat lae stikstoftoestande (soos dit in die natuur voorkom) die uitdrukking van gene betrokke by die virulensie en antifungusverdraagsaamheid van die gis moduleer. Haar bevindings lewer insig in die oorlewing van C. neoformans in stikstof-arm ekologiese nisse en stel voor dat vooraf-aanpassing by hierdie toestande 'n invloed op die patobiologie van hierdie gis kan hê.  Haar werk is onlangs vir publikasie in FEMS Yeast Research aanvaar.

Kirstie Schwerdtfeger het die prys vir die beste plakkaat-aanbieding gewen vir haar Honneurs BSc-projek oor verskillende promotor-intron-kombinasies vir verbeterde amilase-uitdrukking in Saccharomyces cerevisiae. Sterk promotors kan die transkripsie van 'n rekombinante geen daadwerklik verbeter en hoër proteïenvlakke lewer, wat selfs verder verbeter is met die invoeging van promotor-intronvolgordes. Sy sit tans haar werk vir haar MSc-studies voort onder die studieleiding van Prof Viljoen-Bloom.

Die SAVM se aanlynkonferensie is deur 159 nagraadse studente en navorsers van tersiêre en navorsingsinstellings in Suid-Afrika en Namibië bygewoon. Die Departement Mikrobiologie het 'n sterk teenwoordigheid by die konferensie gehad, met 14 studente en navorsers wat die nege navorsingslaboratoriums in die department verteenwoordig het.

Op die foto bo, van links na regs: Dominique Rocher, Kirstie Schwerdtfeger en Caylin Bosch.