pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​NAGRAADSE STUDIES

      STUDENTEGELD


​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

Die doel van hierdie afdeling is om jou 'n aanduiding te bied van fooie vir die Universiteit se voltydse nagraadse studieprogramme. Suid-Afrikaanse studente hoef slegs die inligting oor klasgled in ag te neem. Internasionale studente moet klasgeld, die internasionale registrasiefooi, die interna​sionale onderrigfooi en diensgeld in aanmerking neem om hulle totale fooie te bereken. Let wel: Die bedrae vir lewenskoste is slegs 'n riglyn en word ne as 'n presiese begroting bedoel nie.​

 aansoekfooi

'n Nieterugbetaalbare aansoekfooi van R100 word by aansoek vereis.

​Hierdie bedrag is nie van toepassing op internasionale studente óf op studente wat by die Stellenbosch Bestuurskool aansoek doen nie.​​

​​
klasgeld

Klasgeld word bereken per graad/module waarvoor ’n student ingeskryf is, en volgens die bepalings van die betrokke fakulteit.

Klik hier vir ’n lys van die Universiteit se vernaamste studieprogramme saam met die geskatte studiefooie per jaar soos in 2024​.


INTERNAsionale studentegeld

​Let asseblief op die fooistruktuur van toepassing op internasionale studente vir die akademiese jaar 2024.

Akademiese fooie vir internasionale studente bestaan uit vier komponente​:

  • Dieselfde klasgeld as vir Suid-Afrikaanse studente (sien hierbo)
  • 'n Jaarlikse internasionale registrasiefooi vir alle nie-Suid-Afrikaanse studente
  • Die internasionale onderrigfooi, 'n bykomende vaste bedrag wat jaarliks by registrasie gehef word vir die duur van 'n akademiese program
  • Diensgeld vir akademies verwante dienste en verbruiksitems (betaalbaar deur alle studente, hoewel internasionale studente vooraf daarvoor moet betaal)​.
​ ​
INTERNAsionale registrasiefooi
  • Die internasionale registrasiefooi is jaarliks betaalbaar deur alle nie-Suid-Afrikaanse studente, wat asielsoekers insluit.
  • Diegene met permanente verblyfreg en vlugtelingstatus hoef nie die internasionale registrasiefooi te betaal nie.
  • Indien 'n aansoek om permanente verblyfreg teen die sluitingsdatum vir registrasie in die huidige akademiese jaar (in Maart en ooreenkomstig die Universiteit se Jaarboek, Deel 1) toegestaan word, sal die persoon toegelaat word om op grond van dié status te registreer. Indien die permanente verblyfreg egter ná hierdie datum in werking tree, sal dit eers in die registrasietydperk van die volgende akademiese jaar in ag geneem word.
  • Indien 'n aansoek om vlugtelingstatus teen die sluitingsdatum vir registrasie in die huidige akademiese jaar (in Maart en ooreenkomstig die Universiteit se Jaarboek, Deel 1) toegestaan word, sal die persoon toegelaat word om op grond van dié status te registreer. Indien die vlugtelingstatus egter ná hierdie datum in werking tree, sal dit eers in die registrasietydperk van die volgende akademiese jaar in ag geneem word.​


diensgeld
RESIDENSIËLE INTERNASIONALE GRAADSTUDENTE
Internasionale graadstudente, buiten diegene met permanente verblyfreg en vlugtelingstatus, moet hierdie jaarlikse heffing vir akademies verwante dienste en verbruiksitems betaal (bv. studentekaart, internet, fotokopiëringskwota, drukkrediete, waskwota, materiaalkoste, laboratoriumfooie, gimnasiumlidmaatskap, verenigings, ensovoorts). Enige diensgeldkrediet is terugbetaalbaar aan die einde van die akademiese jaar, of kan na die volgende akademiese jaar oorgedra word.
​NIERESIDENSIËLE INTERNASIONALE GRAADSTUDENTE
Nieresidensiële internasionale graadstudente hoef nie vooraf diensgeld te betaal nie. Indien ’n student egter enige dienste op sy/haar studenterekening bekom, moet die rekening vereffen word teen die datums wat op die studenterekening aangedui word.
 


INTERNAsionale onderrigfooi

Die internasionale onderrigfooi is 'n bykomende vaste bedrag wat jaarliks by registrasie gehef word vir die duur van 'n akademiese program, en moet hetsy voor of by registrasie ten volle betaal word.

Die internasionale onderrigfooi is sedert 2018 van toepassing op alle nuwe internasionale registrasies.

DIE VOLGENDE STUDENTE HOEF NIE DIE INTERNASIONALE ONDERRIGFOOI TE BETAAL NIE:

  • Studente met permanente verblyfreg in Suid-Afrika, wat studente met vlugteling- en diplomatieke status insluit;
  • Studente wat vir doktorale programme ingeskryf is;
  • Studente wat vir nagraadse programme op die telematiese platform [ITE] ingeskryf is;
  • Studente met burgerskap van lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG);
  • Afrikastudente van buite die SAOG wat vir 'n magisterprogram ingeskryf is;
  • Afrikastudente van buite die SAOG wat vir 'n nagraadse diploma van die Stellenbosch Bestuurskool ingeskryf is.

FOOI KITSSKAKELS

Fees-breakdown