pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

NAGRAADSE Stu​dies​​

      NAGRAADSE STUDENTESTEUNDIE​NSTE



​​​​​​​​​​​Navorsingsentrum

Die Universiteit Stellenbosch Biblioteek op Stellenboschkampus het sy ultramoderne Navorsingsentrum in 2011 geopen. Hierdie hoëvlaknavorsingsomgewing is vir die uitsluitlike gebruik van magister- en doktorale studente, sowel as navorsers. Die doel is om ’n omgewing vir navorsingsuitruiling en -produksie en vakkundige gesprek te skep.


​Die fasiliteit, wat op die onderste verdieping van die Biblioteek geleë is, bied navorsers die buigsaamheid om in die seminaarkamers gesprek te voer, in die sitarea te ontspan, of op hulle eie in die aangewese rekenaarwerkareas te studeer. Fasiliteite en dienste sluit in:

  • 32 rekenaarwerkstasies
  • Plasmaskerms
  • Draadlose internetverbinding
  • Hoëspoedinternettoegang
  • Sluitkaste
  • ’n Koffiekroeg
  • Twee seminaarkamers met konferensiegeriewe
  • Groepgesprekskamers
  • ’n Linux-miniklusterkamer
  • ’n Sitarea
  • Druk-, kopieer- en skandeergeriewe
  • Persoonlike bystand deur hoogs vaardige biblioteekpersoneel
  • Werksessies en aanbiedings om navorsingsvaardighede te verbeter
  • ​Geleenthede om navorsingsgesprek en -uitruiling aan te moedig

KONTAKBESONDER-​HEDE​

  •  Laer Vlak,
         Universiteit Stellenbosch
         Bioblioteek​​
  • ​+27 21 808 2623
  •  Webwerf