pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse Studies​​

      Nagraadse Program​​​me


Die Universiteit Stellenbosch (US) se tien fakulteite en interfakulteitskole soos die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke bied ’n wye verskeidenheid programme (diploma, honneurs, magister en PhD) aan. Alle nagraadse programme word in Engels aangebied.

Wanneer jy op ’n meer gevorderde vlak wil studeer, is dit dikwels raadsaam om ’n moontlike akademiese studieleier te identifiseer en te kontak voordat jy aansoek doen. Dít is veral die geval as jy van plan is om vir ’n navorsingsgebaseerde graadprogram (magister of doktoraal) in te skryf. Die meeste nagraadse programme het ’n toegewyde koördineerder wat jou met die mees gepaste persoon op jou vakgebied in verbinding kan stel. Gesels vooraf met dié persoon. Sodoende kan baie van jou vrae oor navorsingsprojekte, finansieringsgeleenthede, ensovoorts beantwoord word. Dít kan heelwat tyd en moeite spaar om jou ’n behoorlik voltooide, relevante aansoek te help indien. Vir die besonderhede van die nagraadse koördineerder vir jou program, besoek gerus die fakulteite en skole se webblaaie hieronder.

As deel van jou amptelike universiteitsaansoek, wat jy deur die elektroniese aansoekstelsel kan indien, kan die Universiteit jou vra om bykomende dokumente te voorsien na gelang van die program waarom jy aansoek doen. Let asseblief daarop dat hierdie bykomende dokumente verpligtend is. Daarsonder sal jy ongelukkig nie jou aansoek kan indien nie.

Klik hier vir die aansoekproses vir huidige ingeskrewe US-studente.

Neem asseblief kennis dat aansoeke om toelating tot nagraadse graadprogramme vir sowel Suid-Afrikaanse as internasionale kandidate onderworpe is aan fakulteitspesifieke sluitingsdatums. Hierdie datums word per program op die fakulteitswebblaaie hieronder aangedui.

Vir algemene inligting: 
​​Kliëntedienste ​​
+27 21 808 9111 
+27 21 887 5209 

​​​​​​​​​​​​​​​​

​​