pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

NAGRAADSE Stu​dies​​

      NAGRAADSE STUDENTESTEUNDIE​NSTE
​​

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​SENTRUM VIR STATISTIESE KONSULTASIE

Die doel van die Sentrum vir Statistiese Konsultasie is om navorsers en nagraadse studente van die Universiteit met statistiese aspekte van hulle navorsing by te staan. Waar dit nodig is, word hulp met die ontleding en vertolking van resultate ook verleen​. ​


Die diens is boonop beskikbaar vir persone en instellings buite die Universiteit.

Die Sentrum bied die volgende deskundige dienste:

  • Advies en leiding ten opsigte van die beplanning en strukturering van navorsingsprojekte en eksperimente.
  • Hulp met elektroniese datavaslegging om te sorg dat data in die regte vorm vir statistiese ontleding is.
  • Die onttrekking van nuttige inligting uit groot databasisse (dataontginning).
  • Die ontleding van statistiese data.
  • Die vertolking van resultate.
  • Die aanbieding van kortkursusse om navorsers met statistiese konsepte vertroud te maak.


Die Sentrum word bedryf deur twee senior statistici met jare se kliëntegedrewe praktiese ervaring, en wat op hoogte bly van die jongste statistiese ontwikkelings sowel as dataontginning- en ander statistiese sagteware om navorsers van ’n doeltreffende konsultasiediens te voorsien. Danksy noue bande met die Departement Statistiek, kan die Sentrum ook uit die uitgebreide kennis en kundigheid van kollegas dáár put.​

KONTAKBESONDER-​HEDE

  •   Eerste Vloer,
          Van der Sterr-gebou
  • ​ +27 21 808 2561
  •  Webwerf