pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Die Ou Hoofgebou op die hoek van Victoria- en Ryneveldstraat is die tuiste van die Fakulteit Regsgeleerdheid. Die Fakulteit het ’n lang en trotse tradisie van uitnemende onderrig en rus studente as regspraktisyns sowel as regsgeleerdes toe.

Sedert sy stigting in 1921 het die Fakulteit diep wortelgeskiet in die Suid-Afrikaanse samelewing en tot die ontwikkeling van die land se regstelsel bygedra.

Nagraadse programme​

Die Fakulteit het aanvanklik op LLB-grade gekonsentreer, maar het in 1976 ook die navorsingsgebaseerde LLM-graad vir die eerste keer aan twee studente verleen. Die klasgebaseerde LLM-program is die eerste keer in 1994 aangebied. Die Fakulteit het in 1999 ’n Nagraadse Diploma in Belastingreg en in 2013 ’n Nagraadse Diploma in Intellektuele Goederereg bekend gestel. Vanaf 2020 word die Nagraadse Diploma in Staatsverkrygingsbeleid en -regulering ook aangebied. 

Nagraadse Navorsing

Soos uit die Fakulteit se positiewe navorsingsuitset blyk, het navorsing nog altyd ’n uiters belangrike rol in Regsgeleerdheid vervul.

Die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel in Sakereg, die HF Oppenheimer Leerstoel in Menseregtereg sowel as die Anton Mostert Leerstoel in Intellektuele Goederereg is ál drie in die Fakulteit geleë.

Vir ons spesialiseringsgebiede en navorsing, sien die onderskeie departemente hieronder.

Bewys van Engels-taalvaardigheid (TOEFL, IELTS of ’n ander erkende taaltoetsresultaat) word vereis van kandidate wat hulle kwalifikasies by instellings met ’n ander onderrigtaal as Engels verwerf het. Hierdie bewys moet jou aansoek vergesel en maak deel uit van die vereiste stawende dokumente om jou aansoek te evalueer.​

​ ​Programaanbod & gepaardgaande sluitingsdatums


Aansoekproses