pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

NAGRAADSE Studies​​

      NAGRAADSE STUDENTESTEUNDIE​NSTE


​​

​​​​​​​​​​​​​Bystand met Engels​


English for Academic Purposes (EA​P)

Die program English for Academic Purposes (EAP) is beskikbaar vir nagraadse studente wat tans by die Universiteit geregistreer is, waaronder internasionale studente wat graag hulle akademiese Engels wil verbeter.​

​Die EAP-program is ’n semesterkursus wat uit twee modules – Praat & Taal en Lees & Skryf – bestaan. Jy kan hetsy vir albei of vir een module per semester registreer. Die EAP-modules is afgestem op plaaslike en internasionale US-studente wat vir hulle akademiese kursusse ’n aansienlike hoeveelheid skryf-, lees- en praatwerk in Engels moet doen.​

 

Engels-Taalvaardigheidstoetse

US Internasionaal, die Nagraadse Kantoor en/of akademiese departemente behou die reg om studente vir taaltoetse by die Taalsentrum te verwys indien daar twyfel oor hulle vaardigheid in Engels bestaan​.​

Die Engels-taalvaardigheidstoets is beskikbaar vir diegene:

  • met ’n IELTS-punt ONDER 6.5
  • wat nie IELTS- of TOEFL-resultate van jonger as twee jaar kan voorsien nie; en​
  • wat deur US Internasionaal, die Nagraadse Kantoor en/of akademiese departemente verwys is om hulle vaardigheid in Engels te toets.

 

Voorbereidingskursus vir die International English Language Testing System (IELTS)​

Die IELTS-voorbereidingskursus is ’n 60 uur lange, intensiewe kortkursus wat oor agt weke deur middel van gemengde leer aangebied word. Hierdie kursus word aanbeveel vir diegene wat van plan is om die IELTS-toets vir immigrasie, studie of werk af te lê.

​Dit word veral aanbeveel vir plaaslike nagraadse studente wat ’n minimum IELTS-punt nodig het om oorsee te studeer of te emigreer, ​​en vir internasionale studente wat ’n minimum IELTS-punt vereis om nagraads aan ons universiteit te studeer.


Akademiese Ondersteuning

Akademiese skryfvaardigheidsessies is spesifiek afgestem op nagraadse studente wat navorsingsvoorstelle, tesisse en proefskrifte moet skryf. Die meeste van die sessies hou met spesifieke vakrigtings verband en word in noue samewerking met die betrokke departemente ontwikkel. Om voorsiening te maak vir studente wie se departemente nié oor pasgemaakte akademiese skryfsessies beskik nie, word generiese sessies ook gereeld aangebied.

By die Skryf- en Leeslaboratoriums ontvang studente individuele bystand met die ontwikkeling van akademiese skryf- en leesvaardighede. Hierdie dienste is so gestruktureer dat studente self kan bepaal teen watter tempo hulle wil werk.

Die Skryflaboratorium se individuele konsultasies stel studente in staat om hulle eie skryfwerk met opgeleide skryfkonsultante te bespreek sodat hulle kan beplan hoe om hulle idees akkuraat weer te gee. Die konsultasies is gratis en onbeperk.

Die Leeslaboratorium bied verskeie dienste – werksessies oor leesvaardigheidsontwikkeling, individuele konsultasies, lees- en leersteungroepe, en selfs ’n gerekenariseerde spoedleesontwikkelingsprogram.

Vir vollediger besonderhede oor ál hierdie dienste, raadpleeg die webstuiste van die Taalsentrum​. ​

KONTAKBESONDER-​HEDE​​

  •  Banghoekweg 44
  • ​+27 21 808 4707
  • Web​werf